Die eerste boek van Konings 10:1-29

  • Koningin van Skeba besoek Salomo (1-13)

  • Salomo se groot rykdom (14-29)

10  Die koningin van Skeba het gehoor van Salomo se roem, wat die naam van Jehovah verheerlik het,+ en daarom het sy gegaan om hom met moeilike vrae* te toets.+  Sy het in Jerusalem aangekom met ’n groot groep dienaars+ en met kamele wat balsemolie+ en baie goud en edelstene dra. Sy het na Salomo toe gegaan en hom gevra oor alles wat sy wou weet.  Salomo het toe al haar vrae beantwoord. Daar was niks wat vir die koning te moeilik was* en wat hy nie aan haar kon verduidelik nie.  Toe die koningin van Skeba sien hoe wys Salomo is+ en toe sy die huis sien wat hy gebou het,+  sowel as die kos van sy tafel,+ hoe sy knegte aan tafel gesit het, die bediening en kleredrag van sy tafelbediendes, sy skinkers en die brandoffers wat hy gereeld by die huis van Jehovah geoffer het, het dit haar asem weggeslaan.*  Sy het toe vir die koning gesê: “Die berig wat ek in my land oor u prestasies* en oor u wysheid gehoor het, is waar.  Maar ek het nie die berigte geglo totdat ek gekom het en alles met my eie oë gesien het nie. En hulle het my nie eers die helfte vertel nie! U wysheid en voorspoed het die berig wat ek gehoor het, ver oortref.  Gelukkig is u manne en gelukkig is u knegte wat heeltyd voor u staan en na u wysheid luister!+  Mag Jehovah u God geloof word,+ wat lief is vir u en u op die troon van Israel geplaas het. As gevolg van Jehovah se ewige liefde vir Israel het hy u as koning aangestel om met regverdigheid te oordeel.” 10  Toe het sy vir die koning 120 talente* goud en baie balsemolie+ en edelstene+ gegee. Nooit weer is daar soveel balsemolie gebring as wat die koningin van Skeba vir koning Salomo gegee het nie. 11  Hiram se vloot skepe wat goud uit Ofir+ gebring het, het ook baie sandelhout+ sowel as edelstene+ uit Ofir gebring. 12  Van die sandelhout het die koning stutte vir die huis van Jehovah en vir die koning se paleis gemaak, sowel as harpe en ander snaarinstrumente vir die sangers.+ Soveel sandelhout is tot vandag toe nooit weer gebring of gesien nie. 13  En koning Salomo het vir die koningin van Skeba alles gegee wat sy wou hê en waarvoor sy gevra het, buiten wat hy haar uit sy eie vrygewigheid gegee het. Toe het sy saam met haar knegte na haar land teruggegaan.+ 14  Salomo se jaarlikse inkomste was 666 talente goud,+ 15  buiten wat hy van die koopmanne, die handelaars, al die konings van die Arabiere en die goewerneurs van die land ontvang het. 16  Koning Salomo het 200 groot skilde van goud*+ gemaak (elke skild is met 600 sikkels* goud bedek),+ 17  asook 300 klein skilde* van goud* (elke klein skild is met drie minas* goud bedek). Toe het die koning dit in die Huis van die Liʹbanon-woud+ gesit. 18  Die koning het ook ’n groot ivoortroon+ gemaak en dit met suiwer goud oorgetrek.+ 19  Daar was ses trappe na die troon toe, en die troon het ’n ronde dakkie gehad. En daar was armleunings aan albei kante van die sitplek, en twee leeus+ het langs die armleunings gestaan. 20  En 12 leeus het op die ses trappe gestaan, een aan elke kant van die ses trappe. Geen ander koninkryk het so iets gehad nie. 21  Al die drinkhouers van koning Salomo was van goud, en al die voorwerpe van die Huis van die Liʹbanon-woud+ was van suiwer goud. Niks was van silwer gemaak nie. In Salomo se tyd is silwer as niks beskou nie,+ 22  want die koning het ’n vloot Tarsis-skepe+ op die see gehad saam met Hiram se vloot skepe, en die vloot Tarsis-skepe het elke drie jaar teruggekeer, gelaai met goud en silwer, ivoor,+ ape en poue. 23  Koning Salomo was ryker+ en wyser+ as al die ander konings van die aarde. 24  En mense van regoor die aarde wou Salomo besoek om die wysheid te hoor wat God in sy hart geplaas het.+ 25  Hulle het elkeen ’n geskenk gebring – silwervoorwerpe, goue voorwerpe, klere, wapens, balsemolie, perde en muile. Dit het jaar ná jaar gebeur. 26  En Salomo het al hoe meer strydwaens en perde* vir hom gekry. Hy het 1 400 strydwaens en 12 000 perde* gehad,+ en hy het hulle in die strydwastede en naby die koning in Jerusalem gehou.+ 27  Die koning het die silwer in Jerusalem so volop soos die klippe gemaak, en sederhout so volop soos die wildevyebome in die Sjefeʹla.+ 28  Salomo se perde is uit Egipte ingevoer, en die koning se groep koopmanne het troppe perde gekoop* teen ’n vasgestelde prys.+ 29  Elke strydwa wat uit Egipte ingevoer is, het 600 silwerstukke gekos, en ’n perd het 150 gekos. En hulle het die strydwaens en die perde uitgevoer na al die konings van die Hetiete+ en die konings van Sirië.

Voetnote

Of “met raaisels”.
Lett. “verborge was”.
Lett. “was daar nie meer gees in haar nie”.
Of “woorde”.
’n Talent was gelyk aan 34,2 kg. Sien Aanh. B14.
’n Sikkel was gelyk aan 11,4 g. Sien Aanh. B14.
Goud wat met ’n ander metaal gemeng is.
Klein skilde is gewoonlik deur boogskutters gedra.
Goud wat met ’n ander metaal gemeng is.
’n Mina in die Hebreeuse Geskrifte was gelyk aan 570 g. Sien Aanh. B14.
Of “perderuiters”.
Of “perderuiters”.
Of moontlik “uit Egipte en uit Kewé ingevoer; die koning se koopmanne het hulle in Kewé gekoop”, wat moontlik na Silisië verwys.