Die eerste boek van Konings 5:1-18

  • Koning Hiram voorsien boumateriaal (1-12)

  • Werkers deur Salomo opgeroep (13-18)

5  Toe Hiram, die koning van Tirus,+ gehoor het dat Salomo in die plek van sy pa as koning gesalf is, het hy sy knegte na Salomo gestuur, want Hiram was altyd ’n vriend van Dawid.*+  Salomo het toe die volgende boodskap aan Hiram gestuur:+  “U weet goed dat my pa, Dawid, nie ’n huis vir die naam van Jehovah sy God kon bou nie, omdat daar van alle kante teen hom oorlog gevoer is totdat Jehovah hom die oorwinning oor sy vyande gegee het.*+  Maar nou het Jehovah my God my rus van al my vyande gegee.+ Daar is niemand wat my teëstaan nie, en daar is geen gevaar nie.+  Ek is dus van plan om ’n huis vir die naam van Jehovah my God te bou, net soos Jehovah aan my pa, Dawid, belowe het toe hy gesê het: ‘Jou seun wat ek in jou plek op jou troon sal sit, sal die huis vir my naam bou.’+  Beveel dan nou u knegte om vir my sederbome uit die Liʹbanon-berge+ af te kap. My knegte sal saam met u knegte werk, en ek sal u knegte betaal wat u vra, want u weet goed dat nie een van ons weet hoe om bome af te kap soos die Sidoniërs nie.”+  Toe Hiram die woorde van Salomo hoor, het hy baie bly geword en gesê: “Mag Jehovah vandag geloof word, want hy het vir Dawid ’n wyse seun gegee om oor hierdie groot volk te regeer!”+  Hiram het die volgende boodskap aan Salomo gestuur: “Ek het die boodskap ontvang wat u aan my gestuur het. Ek sal die sederhout en jenewerhout+ voorsien, net soos u gevra het.  My knegte sal dit van die Liʹbanon-berge na die see toe bring, en ek sal die hout saambind en dit vir u as vlotte oor die see stuur tot by die plek waar u vir my sê dit moet gaan. Ek sal dit daar uitmekaar laat haal, en u kan dit wegneem. In ruil daarvoor sal u die kos voorsien wat ek vir my huishouding aanvra.”+ 10  So het Hiram al die sederhout en jenewerhout voorsien wat Salomo wou hê. 11  En Salomo het Hiram 20 000 kor* koring as voedselvoorraad vir sy huishouding gegee en 20 kor olyfolie van baie goeie gehalte.* Dit is wat Salomo Hiram jaar ná jaar gegee het.+ 12  En Jehovah het Salomo wysheid gegee, net soos Hy hom belowe het.+ En daar was vrede tussen Hiram en Salomo, en hulle twee het ’n ooreenkoms* gemaak. 13  Koning Salomo het mans uit die hele Israel opgeroep om vir hom te werk, altesaam 30 000.+ 14  Hy het hulle in groepe van 10 000 per maand na die Liʹbanon-berge gestuur. Hulle het ’n maand lank in die Liʹbanon-berge gebly en twee maande by hulle huis. En Adoniʹram+ was oor die mans wat opgeroep is om vir die koning te werk. 15  Salomo het 70 000 arbeiders* en 80 000 klipkappers+ in die berge gehad,+ 16  sowel as Salomo se 3 300 beamptes+ wat as voormanne oor die werkers toesig gehou het. 17  Op die koning se bevel het hulle groot, duur klippe+ uitgekap sodat hulle die fondament+ van die huis met gekapte klippe+ kon lê. 18  Salomo se bouers en Hiram se bouers en die Gebaliete+ het dus die kapwerk gedoen, en hulle het die hout en die klippe voorberei om die huis te bou.

Voetnote

Of “was altyd lief vir Dawid”.
Lett. “totdat Jehovah hulle onder sy voetsole gesit het”.
Lett. “uitgestampte olie”.
’n Kor was gelyk aan 220 l. Sien Aanh. B14.
Of “verbond”.
Of “lasdraers”.