Die eerste boek van Konings 6:1-38

  • Salomo bou tempel (1-38)

    • Binneste vertrek (19-22)

    • Gerubs (23-28)

    • Graverings, deure, binneste voorhof (29-36)

    • Tempel in ongeveer sewe jaar voltooi (37, 38)

6  In die 480ste jaar nadat die Israeliete uit Egipte gekom het,+ in die vierde jaar nadat Salomo koning oor Israel geword het, in die maand Sif*+ (dit wil sê die tweede maand), het hy die huis van Jehovah* begin bou.+  Die huis wat koning Salomo vir Jehovah gebou het, was 60 el* lank, 20 el breed en 30 el hoog.+  Die voorportaal+ van die tempel* was 20 el breed (net so breed soos die huis). Dit was tien el lank, en dit was aan die voorkant van die huis.  Hy het vir die huis vensters gemaak met rame wat al hoe smaller word.+  Hy het ook ’n gebou teenaan die muur van die huis opgerig. Dit het om die mure van die huis, die mure van die tempel* en die binneste vertrek+ geloop, en hy het syvertrekke rondom gemaak.+  Die onderste verdieping van die syvertrekke was vyf el breed, die middelste verdieping was ses el breed en die derde verdieping was sewe el breed, want reg rondom die huis het hy die mure van elke opeenvolgende verdieping dunner gemaak, sodat die balke nie aan die mure van die huis vasgeheg is nie, maar op die mure gerus het.+  Die huis is gebou met klip wat reeds afgewerk was,+ sodat geen hamers of byle of enige ystergereedskap in die huis gehoor is terwyl dit gebou is nie.  Die ingang van die onderste syvertrek was aan die suidekant* van die huis,+ en ’n spiraaltrap het opgegaan na die middelste verdieping, en van die middelste verdieping op na die derde verdieping.  Hy het verder aan die huis gebou en dit voltooi+ en ’n dak van sederbalke en rye sederplanke opgesit.+ 10  Hy het die syvertrekke reg rondom die huis gebou,+ wat elk vyf el hoog was en wat met sederbalke aan die huis vasgeheg was. 11  Intussen het Jehovah vir Salomo gesê: 12  “Wat hierdie huis betref wat jy bou, as jy my wetsbepalings volg, al my regterlike bevele nakom en al my gebooie gehoorsaam,+ dan sal ek ook my belofte hou wat ek aan jou pa, Dawid, gemaak het,+ 13  en ek sal by die Israeliete woon,+ en ek sal my volk Israel nie verlaat nie.”+ 14  Salomo het verder aan die huis gebou om dit te voltooi. 15  Hy het die binnemure van die huis met sederplanke gebou. Hy het die binnemure met houtpanele bedek, van die vloer van die huis af tot by die balke van die plafon, en hy het die vloer van die huis met jenewerplanke bedek.+ 16  En hy het met sederplanke ’n vertrek van 20 el agter in die huis gebou, van die vloer af tot by die dakbalke, en hy het die binneste vertrek,+ die Allerheiligste,+ aan die binnekant van die huis gebou. 17  En die tempel*+ – die deel van die huis aan die voorkant daarvan – was 40 el. 18  Op die sederhout aan die binnekant van die huis is kalbasse+ en blomme+ uitgekerf. Alles was van sederhout. Geen klip kon gesien word nie. 19  En hy het die binneste vertrek+ binne-in die huis gereedgemaak om die ark van die verbond van Jehovah daar te sit.+ 20  Die binneste vertrek was 20 el lank, 20 el breed en 20 el hoog,+ en hy het dit met suiwer goud oorgetrek en die altaar+ met sederhout bedek. 21  Salomo het die binnekant van die huis met suiwer goud oorgetrek,+ en hy het goue kettings voor die binneste vertrek gespan,+ wat met goud oorgetrek was. 22  Hy het die hele huis met goud oorgetrek totdat die hele huis voltooi was, en hy het ook die hele altaar wat naby die binneste vertrek was, met goud oorgetrek.+ 23  In die binneste vertrek het hy twee gerubs+ van dennehout* gemaak. Elkeen was tien el hoog.+ 24  Een vlerk van die gerub was vyf el, en die ander vlerk was vyf el. Van die punt van een vlerk tot die punt van die ander vlerk was tien el. 25  Die tweede gerub was ook tien el. Die twee gerubs was ewe groot en het dieselfde vorm gehad. 26  Die een gerub was tien el hoog, en die ander gerub ook. 27  Toe het hy die gerubs+ in die binneste huis* gesit. Die vlerke van die gerubs was uitgesprei sodat die vlerk van die een gerub tot aan die een muur gestrek het en die vlerk van die ander gerub tot aan die ander muur gestrek het. Hulle vlerke was ook uitgesprei na die middel van die huis toe, en die vlerke het aan mekaar geraak. 28  En hy het die gerubs met goud oorgetrek. 29  En op al die mure van die huis reg rondom die binneste en buitenste vertrekke* het hy gerubs,+ palmbome+ en blomme+ uitgekerf. 30  Hy het die vloer van die huis in die binneste en buitenste vertrekke met goud oorgetrek. 31  En vir die ingang van die binneste vertrek het hy deure van dennehout, sypilare en deurposte as ’n vyfde deel gemaak.* 32  Die twee deure was van dennehout, en hy het gerubs, palmbome en blomme daarop uitgekerf en dit met goud oorgetrek. Hy het die gerubs en die palmbome met goud bedek. 33  Hy het die deurposte van dennehout vir die ingang van die tempel* op dieselfde manier gemaak, as ’n vierde deel.* 34  En hy het twee deure van jenewerhout gemaak. Elke deur was ’n dubbeldeur wat op spille gedraai het.+ 35  Hy het gerubs, palmbome en blomme uitgekerf en dit met bladgoud oorgetrek. 36  Hy het die binneste voorhof+ met drie rye gekapte klip en ’n ry sederbalke gebou.+ 37  In die 4de jaar, in die maand Sif,* is die fondament van die huis van Jehovah gelê,+ 38  en in die 11de jaar, in die maand Bul* (dit wil sê die agtste maand), was die huis tot in die fynste besonderhede en volgens die plan voltooi.+ Hy het dus sewe jaar daaraan gebou.

Voetnote

’n El was gelyk aan 44,5 cm. Sien Aanh. B14.
Lett. “tempel van die huis”.
Verwys hier na die Heilige.
Lett. “regterkant”.
D.w.s. die Heilige, wat voor die Allerheiligste was.
Lett. “oliehout”, moontlik hout van die Aleppo-denneboom.
D.w.s. die Allerheiligste.
Lett. “binne en buite”.
Verwys moontlik na die konstruksie van die deurraam of na die grootte van die deure.
Verwys hier na die Heilige.
Verwys moontlik na die konstruksie van die deurraam of na die grootte van die deure.