Die eerste boek van Konings 7:1-51

  • Salomo se paleis (1-12)

  • Vaardige Hiram help Salomo (13-47)

    • Die twee koperpilare (15-22)

    • Die See van gegote metaal (23-26)

    • Tien waentjies en komme van koper (27-39)

  • Voorwerpe van goud voltooi (48-51)

7  Salomo het sy paleis gebou.+ Dit het hom 13 jaar geneem om dit te voltooi.+  En hy het die Huis van die Liʹbanon-woud+ gebou. Dit was 100 el* lank, 50 el breed en 30 el hoog op vier rye sederpilare, en daar was sederbalke+ op die pilare.  Bokant die dwarsbalke wat op die pilare gerus het, was die huis met panele van sederhout bedek. Daar was 45, met 15 in ’n ry.  Daar was drie rye vensters met rame. Elke venster was oorkant ’n ander venster, op drie verdiepings.  Al die ingange en die deurposte het vierkantige* rame gehad, net soos die voorkante van die vensters wat oorkant mekaar op die drie verdiepings was.  En hy het die Pilaarsaal* gebou. Dit was 50 el lank en 30 el breed, en aan die voorkant daarvan was daar ’n portaal met pilare en ’n afdak.  Hy het ook die Troonsaal*+ gebou, die Regsaal,+ waar hy regsake sou verhoor. En hulle het dit van die vloer tot die dakbalke met panele van sederhout bedek.  Die paleis* waarin hy sou woon, in die ander voorhof,+ was ’n entjie agter die Saal* en is op dieselfde manier gebou. Hy het ook vir Farao se dogter, wat Salomo as vrou geneem het, ’n huis gebou+ wat soortgelyk was aan hierdie Saal.  Dit alles, van die fondament af tot by die boonste laag stene, en alles buitekant tot by die groot voorhof,+ was van duur klippe+ gemaak wat volgens die regte grootte gekap en aan alle kante met klipsae gesaag is. 10  En die fondament is met baie groot, duur klippe gelê. Sommige klippe was tien el lank en ander klippe was agt el lank. 11  En bo-op was daar duur klippe wat volgens die regte grootte gekap is, sowel as sederhout. 12  Rondom die groot voorhof was daar drie rye gekapte klip en ’n ry sederbalke soos dié vir die binneste voorhof+ van die huis van Jehovah en die portaal van die huis.+ 13  Koning Salomo het Hiram+ laat roep en hom uit Tirus gebring. 14  Hy was die seun van ’n weduwee uit die stam van Nafʹtali, en sy pa was ’n kopersmid van Tirus.+ En hy het groot vaardigheid, kennis+ en ondervinding gehad om enige soort werk met koper* te doen. Hy het na koning Salomo toe gekom en al sy werk gedoen. 15  Hy het die twee koperpilare gegiet.+ Elke pilaar was 18 el hoog, en elkeen van die twee pilare+ was 12 el in omtrek.* 16  En hy het twee kopstukke van koper gegiet om bo-op die pilare te sit. Die een kopstuk was vyf el hoog, en die ander kopstuk was vyf el hoog. 17  Die kopstuk bo-op elke pilaar het netwerke van gedraaide kettingwerk+ gehad; sewe vir die een kopstuk en sewe vir die ander kopstuk. 18  En hy het twee rye granate om die een netwerk gemaak om die kopstukke te bedek wat bo-op die pilare was. Hy het dieselfde vir albei kopstukke gedoen. 19  En die kopstukke wat bo-op die pilare by die portaal was, het ’n leliepatroon gehad wat vier el hoog was. 20  Hierdie deel van die kopstukke was bo-op die twee pilare net bokant die ronde deel met die netwerke, en daar was 200 granate in rye rondom elke kopstuk.+ 21  Hy het die pilare van die portaal van die tempel*+ opgerig. Hy het die regterpilaar* opgerig en dit Jagin* genoem, en toe het hy die linkerpilaar* opgerig en dit Boas* genoem.+ 22  En die bokant van die pilare het ’n leliepatroon gehad. En die werk aan die pilare is voltooi. 23  Toe het hy die See* van gegote metaal+ gemaak. Dit was rond, 10 el van die een rand tot by die ander rand, 5 el hoog en 30 el in omtrek.*+ 24  En daar was kalbasvormige versierings+ onder die rand, tien per el reg rondom die See. Daar was twee rye kalbasse wat saam met die See as een stuk gegiet is. 25  Dit het op 12 bulle+ gestaan: 3 het noord gekyk, 3 het wes gekyk, 3 het suid gekyk en 3 het oos gekyk. Die See het op hulle gerus, en hulle agterkante was na die middel toe. 26  Die dikte daarvan was ’n handbreedte,* en die rand was soos die rand van ’n beker gemaak en het soos ’n lelie gelyk. Dit het 2 000 bat* gehou. 27  Toe het hy tien koperwaentjies*+ gemaak. Elke waentjie was vier el lank, vier el breed en drie el hoog. 28  Dít is hoe die waentjies gemaak is: Hulle het sypanele gehad, en die sypanele was tussen die dwarsbalke. 29  Op die sypanele tussen die dwarsbalke was daar leeus,+ bulle en gerubs,+ en dieselfde patroon was op die dwarsbalke. Bo en onder die leeus en die bulle was daar kranse uitgebeeld.* 30  Elke waentjie het vier koperwiele met koperasse gehad, en vier hoekstukke het as ondersteuning daarvoor gedien. Onder die kom was die staanders, wat gegiet is met kranse aan elke kant. 31  Die opening van die kom was binne die kroon, en dit was een el hoog. Die opening van die kroon was rond, en saam met die staanders was dit een en ’n half el hoog, en daar was graverings op die kroon. Die sypanele daarvan was vierkantig, nie rond nie. 32  Die vier wiele was onder die sypanele, en die steunpunte van die wiele was aan die waentjie vas, en die hoogte van elke wiel was een en ’n half el. 33  Die wiele is soos wawiele gemaak. Hulle steunpunte, vellings, speke en nawe is alles van gegote metaal gemaak. 34  Daar was vier stutte op die vier hoeke van elke waentjie. Die stutte is as een stuk saam met die waentjie gegiet. 35  Bo-op die waentjie was daar ’n ronde rand van ’n half el hoog, en die rame en die sypanele bo-op die waentjie is as een stuk saam met die waentjie gegiet. 36  Op die rame en die sypanele is daar gerubs, leeus en palmbome gegraveer volgens die hoeveelheid plek daarop, en daar was kranse reg rondom.+ 37  Dit is hoe hy die tien waentjies+ gemaak het. Hulle is almal op dieselfde manier gegiet+ en het dieselfde grootte en vorm gehad. 38  Hy het tien koperkomme+ gemaak. Elkeen kon 40 bat hou. Elke kom was vier el.* Daar was een kom vir elkeen van die tien waentjies. 39  Toe het hy vyf waentjies aan die regterkant van die huis en vyf aan die linkerkant van die huis gesit, en hy het die See aan die regterkant van die huis gesit, aan die suidoostekant.+ 40  Hiram+ het ook die komme, die grawe+ en die bakke+ gemaak. En Hiram het al die werk voltooi wat hy vir koning Salomo aan die huis van Jehovah gedoen het:+ 41  die twee pilare+ en die bakvormige kopstukke wat bo-op die twee pilare was; die twee netwerke+ wat die twee pilare se bakvormige kopstukke bedek het; 42  die 400 granate+ vir die twee netwerke (daar was twee rye granate vir elke netwerk wat die twee pilare se bakvormige kopstukke bedek het); 43  die tien waentjies+ en die tien komme+ op die waentjies; 44  die See+ en die 12 bulle daaronder; 45  die kanne, die grawe, die bakke en al die ander voorwerpe wat Hiram van blink gevryfde koper vir koning Salomo gemaak het vir die huis van Jehovah. 46  Die koning het dit in kleivorms gegiet in die Jordaandistrik, tussen Sukkot en Sartan. 47  Salomo het nie die voorwerpe geweeg nie, want daar was te veel. Die gewig van die koper is nie bepaal nie.+ 48  Salomo het al die voorwerpe vir die huis van Jehovah gemaak: die goue altaar,+ die goue tafel+ waarop die offerbrode gesit sou word, 49  die lampstaanders+ van suiwer goud, vyf regs en vyf links voor die binneste vertrek, die bloeisels,+ die lampe en die snuiters* (van goud),+ 50  die komme, die blussers,+ die bakke, die bekers+ en die vuurbakke+ (van suiwer goud), die spilgate van goud vir die deure van die binneste huis,+ dit wil sê die Allerheiligste, en die deure van die huis van die tempel,+ wat met goud oorgetrek is. 51  Koning Salomo het al die werk voltooi wat hy vir die huis van Jehovah moes doen. Daarna het Salomo die dinge ingebring wat sy pa, Dawid, geheilig het,+ en hy het die silwer, die goud en die voorwerpe in die skatkamers van die huis van Jehovah gesit.+

Voetnote

’n El was gelyk aan 44,5 cm. Sien Aanh. B14.
Of “reghoekige”.
Of “Pilaarportaal”.
Of “Troonportaal”.
Lett. “huis”.
Waarskynlik die Troonsaal.
Of “brons”. (Ook waar die woord verder in hierdie hoofstuk voorkom.)
Of “’n maatlyn van 12 el was nodig om rondom elkeen van die twee pilare te gaan”.
Of “pilaar aan die suidekant”.
Beteken moontlik “in krag”.
Of “pilaar aan die noordekant”.
Beteken “mag hy [d.w.s. Jehovah] stewig vestig”.
Verwys hier na die Heilige.
Of “waterbak”.
Of “’n maatlyn van 30 el was nodig om daarom te gaan”.
Omtrent 7,4 cm. Sien Aanh. B14.
’n Bat was gelyk aan 22 l. Sien Aanh. B14.
Of “waterwaentjies”.
Of “kranse in reliëf”.
Of “vier el in deursnee”.
Of “tange”.