Die eerste boek van Konings 9:1-28

  • Jehovah verskyn weer aan Salomo (1-9)

  • Salomo se geskenk aan koning Hiram (10-14)

  • Salomo se verskillende projekte (15-28)

9  Nadat Salomo die huis van Jehovah gebou het, sowel as die paleis van die koning+ en alles wat Salomo wou bou,+  het Jehovah ’n tweede keer aan Salomo verskyn, net soos hy in Giʹbeon aan hom verskyn het.+  Jehovah het vir hom gesê: “Ek het jou gebed en jou versoek om goedkeuring gehoor wat jy tot my gerig het. Ek het hierdie huis wat jy gebou het, geheilig deur my naam vir altyd daar te vestig,+ en my oë en my hart sal altyd daar wees.+  En as jy my met opregtheid* van hart dien+ en reg lewe,+ net soos jou pa, Dawid,+ deur alles te doen wat ek jou beveel het,+ en as jy my wetsvoorskrifte en my oordele gehoorsaam,+  dan sal ek die troon van jou koninkryk vir ewig oor Israel vestig, net soos ek jou pa, Dawid, belowe het toe ek gesê het: ‘Daar sal altyd ’n man van jou geslagslyn wees wat op die troon van Israel sit.’+  Maar as jy en jou seuns ophou om my te volg en nie my gebooie en my wetsbepalings gehoorsaam wat ek aan julle gegee het nie en as julle ander gode gaan dien en voor hulle neerbuig,+  dan sal ek Israel verdryf uit die land wat ek aan hulle gegee het,+ en ek sal die huis verwerp+ wat ek vir my naam geheilig het, en Israel sal iets word waarop al die volke neersien* en waarmee hulle spot.+  En hierdie huis sal verwoes word.+ Elkeen wat daar verbygaan, sal verbaas wees en sal fluit en vra: ‘Hoekom het Jehovah dit aan hierdie land en hierdie huis gedoen?’+  Dan sal hulle sê: ‘Dit is omdat hulle Jehovah hulle God verlaat het, wat hulle voorvaders uit Egipte uitgelei het, en omdat hulle ander gode gekies en voor hulle neergebuig en hulle gedien het. Dit is hoekom Jehovah al hierdie rampspoed oor hulle gebring het.’”+ 10  Salomo het die twee huise, die huis van Jehovah en die paleis van die koning, binne 20 jaar gebou.+ 11  Hiram,+ die koning van Tirus, het vir Salomo sederhout gegee, sowel as jenewerhout en soveel goud as wat hy wou hê.+ Daarna het koning Salomo vir Hiram 20 stede in die land Galileʹa gegee. 12  Hiram het dus uit Tirus vertrek om te gaan kyk hoe die stede lyk wat Salomo hom gegee het, maar hy was nie tevrede met hulle nie. 13  Hy het gevra: “Watter soort stede is dit wat jy my gegee het, my broer?” En daarom word dit tot vandag toe die land Kabul* genoem. 14  Intussen het Hiram 120 talente* goud aan die koning gestuur.+ 15  Dít is die verslag oor die mense wat koning Salomo opgeroep het om vir hom te werk+ om die huis van Jehovah te bou,+ sowel as sy paleis, die Wal,*+ die muur van Jerusalem, Hasor,+ Megidʹdo+ en Geser.+ 16  (Farao, die koning van Egipte, het Geser ingeneem en dit met vuur verbrand, en hy het ook die Kanaäniete doodgemaak+ wat in die stad gewoon het. Toe het hy dit as ’n afskeidsgeskenk* aan sy dogter,+ die vrou van Salomo, gegee.) 17  Salomo het Geser en Onder-Bet-Horon+ opgebou.* 18  Hy het ook Baʹälat+ opgebou, en Tamar, wat in die wildernis in die land is, 19  sowel as al Salomo se voorraadstede, die stede vir die strydwaens+ en die stede vir die perderuiters. Salomo het al die bouwerk voltooi wat hy in Jerusalem, in die Liʹbanon en in die hele land waaroor hy regeer het, wou doen. 20  Wat al die mense betref wat oorgebly het van die Amoriete, die Hetiete, die Perissiete, die Hewiete en die Jebusiete,+ wat nie deel was van Israel nie+ 21  – dit wil sê die nakomelinge van hierdie volke wat in die land oorgebly het en wat die Israeliete nie kon vernietig nie – hulle is deur Salomo opgeroep om vir hom as slawe te werk, tot vandag toe.+ 22  Maar Salomo het die Israeliete nie slawe gemaak nie,+ want hulle was sy vegters, knegte, hoë amptenare, offisiere en hoofde van sy strydwadrywers en perderuiters. 23  Daar was 550 hoofde oor die beamptes wat toesig gehou het oor die werk van Salomo. Hulle was die voormanne oor die mense wat die werk gedoen het.+ 24  Farao se dogter+ het uit die Stad van Dawid+ gegaan na haar huis wat Salomo vir haar gebou het, en daarna het hy die Wal*+ gebou. 25  Salomo het drie keer per jaar+ brandoffers en vrede-offers* geoffer op die altaar wat hy vir Jehovah gebou het,+ en hy het ook offerrook op die altaar voor Jehovah laat opgaan. En hy het die huis voltooi.+ 26  Koning Salomo het ook ’n vloot skepe gebou in Eʹseon-Geʹber,+ wat by Elot is, aan die kus van die Rooisee in die land Edom.+ 27  Hiram het sy eie knegte, ervare seemanne, op die vloot skepe gestuur+ om saam met die knegte van Salomo te dien. 28  Hulle het na Ofir+ gegaan en 420 talente goud daar gaan haal en dit na koning Salomo toe gebring.

Voetnote

Of “integriteit”. Sien Woordelys.
Lett. “sal ’n spreekwoord onder al die volke word”.
Of moontlik “die nikswerd land”.
’n Talent was gelyk aan 34,2 kg. Sien Aanh. B14.
Of “Millo”. ’n Hebreeuse woord wat “opvulling” beteken.
Of “trougeskenk; bruidskat”.
Of “versterk”.
Of “Millo”. ’n Hebreeuse woord wat “opvulling” beteken.
Of “gemeenskapsoffers”.