Die eerste boek van Kronieke 10:1-14

  • Saul en sy seuns sterf (1-14)

10  Die Filistyne het teen Israel geveg. En die manne van Israel het van die Filistyne af weggevlug, en baie van hulle is op die berg Gilboʹa doodgemaak.+  Die Filistyne was heeltyd kort op die hakke van Saul en sy seuns, en hulle het Saul se seuns Joʹnatan, Abinaʹdab en Malkisua+ doodgemaak.  Die geveg teen Saul het intens geword, en die boogskutters het hom gevind en gewond.+  Saul het vir sy wapendraer gesê: “Neem jou swaard en maak my dood. Dan kan hierdie onbesnede manne my nie wreed behandel nie.”+ Maar sy wapendraer wou nie, want hy was baie bang. Toe het Saul die swaard geneem, dit teen hom gedruk en daarop geval.+  Toe sy wapendraer sien dat Saul dood is, het hy ook op sy eie swaard geval en gesterf.  So het Saul en sy drie seuns en almal van sy huis gesterf.+  Toe al die Israeliete in die vallei sien dat almal gevlug het en dat Saul en sy seuns gesterf het, het hulle hulle stede verlaat en gevlug. Daarna het die Filistyne gekom en in hulle stede gewoon.  Die volgende dag, toe die Filistyne die lyke kom stroop, het hulle Saul en sy seuns dood gevind op die berg Gilboʹa.+  Hulle het Saul se klere en sy wapenrusting uitgetrek en sy kop afgekap, en hulle het ’n boodskap deur die hele land van die Filistyne gestuur om die nuus in die tempels van hulle afgode+ en onder die volk te versprei. 10  Daarna het hulle sy wapenrusting in die tempel van hulle god gesit en sy skedel aan die tempel van Dagon+ vasgemaak. 11  Toe die inwoners van Jabes+ in Giʹlead hoor wat die Filistyne alles aan Saul gedoen het,+ 12  het al die vegters die lyke van Saul en sy seuns weggeneem. Hulle het hulle lyke na Jabes geneem en die beendere onder die groot boom in Jabes begrawe,+ en hulle het sewe dae lank gevas. 13  Saul het dus gesterf omdat hy ontrou was aan Jehovah. Hy was nie gehoorsaam aan die woord van Jehovah nie,+ en hy het selfs iemand wat geeste oproep,* geraadpleeg+ 14  eerder as om Jehovah te raadpleeg. Daarom het Hy hom doodgemaak en die koningskap aan Dawid, die seun van Isai, gegee.+

Voetnote

Of “’n spiritistiese medium”.