Die eerste boek van Kronieke 14:1-17

  • Dawid as koning gevestig (1, 2)

  • Dawid se familie (3-7)

  • Filistyne verslaan (8-17)

14  Koning Hiram+ van Tirus het boodskappers na Dawid toe gestuur, en ook sederhout, klipmesselaars* en houtwerkers om vir hom ’n paleis te bou.+  Dawid het geweet dat Jehovah hom stewig gevestig het as koning oor Israel,+ want Hy het sy koningskap verheerlik ter wille van Sy volk Israel.+  Dawid het nog vrouens+ in Jerusalem geneem, en hy het nog seuns en dogters gehad.+  Dít is die name van sy kinders wat in Jerusalem gebore is:+ Samʹmua, Sobab, Natan,+ Salomo,+  Jibhar, Elisuʹa, Elpeʹlet,  Noga, Nefeg, Jaʹfia,  Elisaʹma, Beëlʹjada en Elifeʹlet.  Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor die hele Israel gesalf is,+ het al die Filistyne gekom om teen Dawid te veg.+ Toe Dawid daarvan hoor, het hy teen hulle opgetrek.  En die Filistyne het die inwoners van die Refaʹim-vallei+ aangeval. 10  Dawid het God geraadpleeg en gevra: “Moet ek teen die Filistyne gaan veg? Sal u hulle in my hand gee?” Jehovah het vir hom gesê: “Gaan, ek sal hulle beslis in jou hand gee.”+ 11  En Dawid het na Baäl-Peʹrasim+ gegaan, en hy het hulle daar verslaan. Dawid het toe gesê: “Die ware God het my gebruik om deur my vyande se leërmag te breek, net soos waters deur ’n muur breek.” Daarom het hulle daardie plek Baäl-Peʹrasim* genoem. 12  Die Filistyne het hulle gode daar agtergelaat, en op Dawid se bevel is die gode met vuur verbrand.+ 13  Later het die Filistyne die inwoners van die vallei weer aangeval.+ 14  Dawid het God weer vir leiding gevra, maar die ware God het vir hom gesê: “Moet hulle nie van voor af aanval nie. Gaan eerder om hulle en val hulle by die baka-bosse van agter af aan.+ 15  En wanneer jy ’n geluid hoor wat klink soos voetstappe in die toppe van die baka-bosse, moet jy aanval, want dan het die ware God voor jou uit gegaan om die leërmag van die Filistyne te verslaan.”+ 16  Toe het Dawid gedoen net soos die ware God hom beveel het,+ en hulle het die Filistynse leërmag verslaan van Giʹbeon af tot by Geser.+ 17  En Dawid se roem het na al die lande versprei, en Jehovah het veroorsaak dat al die nasies hom vrees.+

Voetnote

Of “mense wat mure bou”.
Beteken “Heer van deurbrake”.