Die eerste boek van Kronieke 15:1-29

  • Leviete dra Ark na Jerusalem (1-29)

    • Migal verag Dawid (29)

15  En hy het aangehou om vir hom huise te bou in die Stad van Dawid, en hy het vir die Ark van die ware God ’n plek gereedgemaak en ’n tent daarvoor opgeslaan.+  Toe het Dawid gesê: “Niemand mag die Ark van die ware God dra nie, behalwe die Leviete, want Jehovah het hulle gekies om die Ark van Jehovah te dra en om hom altyd te dien.”+  Toe het Dawid die hele Israel in Jerusalem bymekaar laat kom om die Ark van Jehovah na die plek te bring wat hy daarvoor gereedgemaak het.+  Dawid het die nakomelinge van Aäron+ en die Leviete+ bymekaar laat kom.  Van die Kehatiete: Uʹriël, die hoof, en 120 van sy broers;  van die Merariete: Asaʹja,+ die hoof, en 220 van sy broers;  van die Gersomiete: Joël,+ die hoof, en 130 van sy broers;  van die nakomelinge van Eliʹsafan:+ Semaʹja, die hoof, en 200 van sy broers;  van die nakomelinge van Heʹbron: Eʹliël, die hoof, en 80 van sy broers; 10  en van die nakomelinge van Usʹsiël:+ Amminaʹdab, die hoof, en 112 van sy broers. 11  Dawid het ook die priesters Sadok+ en Abjaʹtar+ en die Leviete Uʹriël, Asaʹja, Joël, Semaʹja, Eʹliël en Amminaʹdab geroep. 12  En hy het vir hulle gesê: “Julle is die hoofde van die vaderhuise van die Leviete. Julle en julle broers moet julle heilig en die Ark van Jehovah, die God van Israel, na die plek bring wat ek daarvoor gereedgemaak het. 13  Omdat julle dit nie die eerste keer gedra het nie,+ het Jehovah ons God baie kwaad vir ons geword.+ Ons het nie seker gemaak wat die regte prosedure is nie.”+ 14  Die priesters en die Leviete het hulle dus geheilig sodat hulle die Ark van Jehovah, die God van Israel, kon dra. 15  Toe het die Leviete die pale op hulle skouers gesit en die Ark van die ware God gedra,+ net soos Jehovah deur middel van Moses beveel het. 16  Dawid het toe vir die hoofde van die Leviete gesê om hulle broers, die sangers, aan te stel om met vreugde te sing, onder begeleiding van musiekinstrumente: harpe,+ ander snaarinstrumente en simbale.+ 17  Toe het die Leviete Heman,+ die seun van Joël, aangestel, en van sy broers:+ Asaf, die seun van Beregʹja, en van hulle broers, die Merariete: Etan,+ die seun van Kusaʹja. 18  En saam met hulle was hulle broers van die tweede afdeling:+ Sagariʹa, Ben, Jaäsiël, Semiʹramot, Jehiʹël, Unni, Eliʹab, Benaʹja, Maäseʹja, Mattitʹja, Elifeʹle, Mikneʹja en die poortwagters Obed-Edom en Jeïel. 19  Die sangers Heman,+ Asaf+ en Etan moes die kopersimbale slaan.+ 20  En Sagariʹa, Aʹsiël, Semiʹramot, Jehiʹël, Unni, Eliʹab, Maäseʹja en Benaʹja het op snaarinstrumente gespeel wat op Alamot* ingestem was.+ 21  En Mattitʹja,+ Elifeʹle, Mikneʹja, Obed-Edom, Jeïel en Asasʹja het op harpe gespeel wat op Sjeminit* ingestem was,+ en hulle was die musiekleiers. 22  Kenanʹja,+ die hoof van die Leviete, het toesig gehou oor die vervoer van die Ark, want hy was baie goed daarmee. 23  En Beregʹja en Elkaʹna was wagte by die Ark. 24  Die priesters Sebanʹja, Joʹsafat, Netaʹnel, Amaʹsai, Sagariʹa, Benaʹja en Eliëser het voor die Ark van die ware God hard op die trompette geblaas,+ en Obed-Edom en Jehiʹa was ook wagte by die Ark. 25  Toe het Dawid en die ouermanne van Israel en die hoofde oor 1 000 die ark van die verbond van Jehovah met vreugde by die huis van Obed-Edom+ gaan haal.+ 26  Omdat die ware God die Leviete gehelp het wat die ark van die verbond van Jehovah gedra het, het hulle sewe jong bulle en sewe ramme geoffer.+ 27  Dawid het ’n moulose oorkleed van goeie materiaal aangehad. Al die Leviete wat die Ark gedra het, die sangers en Kenanʹja, die hoof van die draers en die sangers, het ook so ’n oorkleed gedra. Dawid het ook ’n linne-efod aangehad.+ 28  Al die Israeliete het die ark van die verbond van Jehovah met uitroepe van vreugde+ na die stad gebring, en hulle het op die horing en trompette geblaas,+ simbale geslaan en op harpe en ander snaarinstrumente gespeel.+ 29  Maar toe die ark van die verbond van Jehovah by die Stad van Dawid aankom,+ het Saul se dogter Migal+ deur die venster afgekyk en gesien hoe koning Dawid rondhuppel en feesvier. En sy het hom in haar hart begin verag.+

Voetnote