Die eerste boek van Kronieke 2:1-55

  • Israel se 12 seuns (1, 2)

  • Nakomelinge van Juda (3-55)

2  Dít was die seuns van Israel:+ Ruben,+ Siʹmeon,+ Levi,+ Juda,+ Isʹsaskar,+ Seʹbulon,+  Dan,+ Josef,+ Benjamin,+ Nafʹtali,+ Gad+ en Aser.+  Die seuns van Juda was Er, Onan en Sela. Hy het hierdie drie seuns by Sua se dogter, die Kanaänitiese vrou, gehad.+ Maar Er, die eersgeborene van Juda, was sleg in die oë van Jehovah, en daarom het Hy hom doodgemaak.+  Juda het Peres+ en Serag by sy skoondogter Tamar+ gehad. Juda het altesaam vyf seuns gehad.  Die seuns van Peres was Hesron en Hamul.+  Die seuns van Serag was Simri, Etan, Heman, Kalkol en Dara. Hulle was vyf in totaal.  Die seun* van Karmi was Agar,* wat rampspoed* oor Israel gebring het.+ Hy was ontrou omdat hy nie gebly het by die gebod oor die dinge wat vernietig moes word nie.+  Die seun* van Etan was Asarʹja.  Die seuns van Hesron was Jeragʹmeël,+ Ram+ en Keluʹbai.* 10  Ram het die vader geword van Amminaʹdab.+ Amminaʹdab het die vader geword van Nagson,+ die hoofman van die nakomelinge van Juda. 11  Nagson het die vader geword van Salma.+ Salma het die vader geword van Boas.+ 12  Boas het die vader geword van Obed. Obed het die vader geword van Isai.+ 13  Isai het die vader geword van Eliʹab, sy eersgeborene. Sy tweede seun was Abinaʹdab,+ die derde Siʹmea,+ 14  die vierde Netaʹnel, die vyfde Raddai, 15  die sesde Osem en die sewende Dawid.+ 16  Hulle susters was Seruʹja en Abiʹgail.+ Die seuns van Seruʹja was Abiʹsai,+ Joab+ en Aʹsahel,+ altesaam drie. 17  Abiʹgail het aan Amaʹsa+ geboorte gegee, en die vader van Amaʹsa was Jeter, die Ismaeliet. 18  Kaleb,* die seun van Hesron, het seuns gehad by sy vrou Asuʹba en by Jeriʹot. Dít was haar seuns: Jeser, Sobab en Ardon. 19  Toe Asuʹba gesterf het, het Kaleb met Efrat+ getrou, en hy het Hur+ by haar gehad. 20  Hur het die vader geword van Uri. Uri het die vader geword van Besaʹleël.+ 21  Later het Hesron seksuele omgang gehad met die dogter van Magir,+ die vader* van Giʹlead.+ Hy was 60 jaar oud toe hy met haar getrou het, en sy het aan Segub geboorte gegee. 22  Segub het die vader geword van Jaïr,+ wat 23 stede in die land Giʹlead gehad het.+ 23  Gesur+ en Sirië+ het later Hawwot-Jaïr,+ asook Kenat+ en sy afhanklike* dorpe, van hulle afgeneem, altesaam 60 stede. Hulle was almal nakomelinge van Magir, die vader van Giʹlead. 24  Ná Hesron+ se dood in Kaʹleb-Eʹfrata het sy vrou Abiʹa geboorte gegee aan Asgur,+ die vader van Tekoʹa.+ 25  Die seuns van Jeragʹmeël, die eersgeborene van Hesron, was Ram, die eersgeborene, Buna, Oren, Osem en Ahiʹa. 26  Jeragʹmeël het nog ’n vrou gehad, met die naam Ataʹra. Sy was die ma van Onam. 27  Die seuns van Ram, die eersgeborene van Jeragʹmeël, was Maäs, Jamin en Eker. 28  Die seuns van Onam was Sammai en Jada. Die seuns van Sammai was Nadab en Abiʹsur. 29  Die naam van Abiʹsur se vrou was Abiʹhail, by wie hy Agban en Molid gehad het. 30  Die seuns van Nadab was Seled en Appaʹim. Maar Seled het gesterf sonder dat hy kinders gehad het. 31  Die seun* van Appaʹim was Jisʹeï. En die seun* van Jisʹeï was Sesan, en die seun* van Sesan was Aglai. 32  Die seuns van Jada, die broer van Sammai, was Jeter en Joʹnatan. Maar Jeter het gesterf sonder dat hy kinders gehad het. 33  Die seuns van Joʹnatan was Pelet en Sasa. Dit was die nakomelinge van Jeragʹmeël. 34  Sesan het geen seuns gehad nie, net dogters. En Sesan het ’n Egiptiese kneg gehad met die naam Jarha. 35  Sesan het sy dogter as vrou aan sy kneg Jarha gegee, en hy het Attai by haar gehad. 36  Attai het die vader geword van Natan. Natan het die vader geword van Sabad. 37  Sabad het die vader geword van Eflal. Eflal het die vader geword van Obed. 38  Obed het die vader geword van Jehu. Jehu het die vader geword van Asarʹja. 39  Asarʹja het die vader geword van Heles. Heles het die vader geword van Eleaʹsa. 40  Eleaʹsa het die vader geword van Sismai. Sismai het die vader geword van Sallum. 41  Sallum het die vader geword van Jekamʹja. Jekamʹja het die vader geword van Elisaʹma. 42  Die seuns van Kaleb,*+ die broer van Jeragʹmeël, was Mesa, sy eersgeborene, wat die vader van Sif was, en daar was die seuns van Mareʹsa, die vader van Heʹbron. 43  Die seuns van Heʹbron was Korag, Tappuʹag, Rekem en Sema. 44  Sema het die vader geword van Raham, die vader van Jorʹkeam. Rekem het die vader geword van Sammai. 45  Die seun van Sammai was Maon. Maon was die vader van Bet-Sur.+ 46  Kaleb se byvrou Efa het geboorte gegee aan Haran, Mosa en Gases. Haran het die vader geword van Gases. 47  Die seuns van Jadai was Regem, Jotam, Gesan, Pelet, Efa en Saäf. 48  Kaleb se byvrou Maʹäga het aan Seber en Tirʹhana geboorte gegee. 49  Ná verloop van tyd het sy geboorte gegee aan Saäf, die vader van Madmanʹna,+ en aan Sewa, die vader van Magbeʹna en Giʹbea.+ Kaleb+ se dogter was Agsa.+ 50  Dit was die nakomelinge van Kaleb. Die seuns van Hur,+ die eersgeborene van Eʹfrata,+ was Sobal, die vader van Kirʹjat-Jeaʹrim,+ 51  Salma, die vader van Betlehem,+ en Haref, die vader van Bet-Gader. 52  Sobal, die vader van Kirʹjat-Jeaʹrim, het seuns gehad: Haʹroë en die helfte van die Menuʹhotiete. 53  Die families van Kirʹjat-Jeaʹrim was die Jitriete,+ die Putiete, die Sumatiete en die Misraïete. Die Soratiete+ en die Estaoliete+ het van hulle afgestam. 54  Die nakomelinge van Salma was die inwoners van Betlehem,+ Netoʹfa, Atrot-Bet-Joab, die Soriete en die helfte van die Manahatiete. 55  Die families van die skrywers wat in Jabes gewoon het, was die Tiratiete, die Simeatiete en die Sugatiete. Dit was die Keniete,+ die nakomelinge van Hammat, die vader van die huis van Regab.+

Voetnote

Of “moeilikheid; verwerping”.
Beteken “bringer van rampspoed; bringer van verwerping”. Word ook Agan genoem in Jos 7:1.
Lett. “seuns”.
Lett. “seuns”.
Ook Kaleb genoem in vs. 18, 19, 42.
Ook Kelubai genoem in vs. 9.
Sommige name in hierdie hoofstuk kan na plekke verwys eerder as na mense. In sulke gevalle beteken “vader” moontlik “stigter”.
Of “omliggende”.
Lett. “seuns”.
Lett. “seuns”.
Lett. “seuns”.
Ook Kelubai genoem in vs. 9.