Die eerste boek van Kronieke 24:1-31

  • Priesters deur Dawid in 24 afdelings ingedeel (1-19)

  • Ander Levitiese toewysings (20-31)

24  Die nakomelinge van Aäron was in afdelings ingedeel. Die seuns van Aäron was: Nadab, Abiʹhu,+ Eleaʹsar en Iʹtamar.+  Nadab en Abiʹhu het gesterf voordat hulle pa gesterf het,+ en hulle het geen seuns gehad nie, maar Eleaʹsar+ en Iʹtamar het aangehou om as priesters te dien.  Dawid, Sadok+ en Ahimeʹleg het hulle in afdelings ingedeel vir hulle dienstoewysings. Sadok was ’n nakomeling van Eleaʹsar, en Ahimeʹleg was ’n nakomeling van Iʹtamar.  Die seuns* van Eleaʹsar het meer hoofmanne as die seuns van Iʹtamar gehad, en daarom is hulle soos volg ingedeel: Die seuns van Eleaʹsar het 16 hoofde van hulle vaderhuise gehad, en die seuns van Iʹtamar het 8 hoofde van hulle vaderhuise gehad.  En hulle het die seuns van Eleaʹsar en die seuns van Iʹtamar deur middel van die lot+ ingedeel, want daar was hoofde van die heiligdom en hoofde van die ware God in al twee groepe.  Semaʹja, die seun van Netaʹnel, die sekretaris van die Leviete, het hulle name neergeskryf voor die koning, die leiers, die priester Sadok,+ Ahimeʹleg,+ die seun van Abjaʹtar,+ en die hoofde van die vaderhuise van die priesters en van die Leviete. Elke keer is daar deur middel van die lot een vaderhuis vir Eleaʹsar gekies en een vir Iʹtamar.  Die eerste lot was vir Jojaʹrib, die tweede vir Jedaʹja,  die derde vir Harim, die vierde vir Seoʹrim,  die vyfde vir Malkiʹa, die sesde vir Mijaʹmin, 10  die sewende vir Hakkos, die agtste vir Abiʹa,+ 11  die negende vir Jeʹsua, die tiende vir Seganʹja, 12  die 11de vir Eljaʹsib, die 12de vir Jakim, 13  die 13de vir Huppa, die 14de vir Jeseʹbeab, 14  die 15de vir Bilga, die 16de vir Immer, 15  die 17de vir Hesir, die 18de vir Happisʹses, 16  die 19de vir Petagʹja, die 20ste vir Jehesʹkel, 17  die 21ste vir Jagin, die 22ste vir Gamul, 18  die 23ste vir Delaʹja en die 24ste vir Maäsʹja. 19  Dit is hoe hulle vir hulle diens+ ingedeel is vir wanneer hulle in die huis van Jehovah sou ingaan volgens die prosedure wat hulle voorvader Aäron ingestel het, net soos Jehovah, die God van Israel, hom beveel het. 20  En van die res van die Leviete: Suʹbael+ van die seuns van Amram,+ Jegʹdeja van die seuns van Suʹbael, 21  Jissiʹa, die hoof, van die seuns van Rehabʹja;+ 22  Seloʹmot+ van die Jishariete, Jahat van die seuns van Seloʹmot; 23  en van die seuns van Heʹbron: Jeriʹa,+ die hoof, Amarʹja, die tweede, Jahaʹsiël, die derde, Jekaʹmeam, die vierde; 24  Miga van die seuns van Usʹsiël en Samir van die seuns van Miga. 25  Jissiʹa was die broer van Miga, en van die seuns van Jissiʹa was daar Sagariʹa. 26  Die seuns van Meraʹri+ was Magli en Musi, en van die seuns van Jaäsiʹa was daar Beno. 27  Die nakomelinge van Meraʹri deur Jaäsiʹa was: Beno, Soham, Sakkur en Ibri; 28  van Magli: Eleaʹsar, wat geen seuns gehad het nie;+ 29  van Kis: Jeragʹmeël; 30  en die seuns van Musi was Magli, Eder en Jeʹrimot. Dit was die seuns van Levi volgens hulle vaderhuise. 31  En net soos hulle broers, die seuns van Aäron, het hulle die lot gewerp+ in die teenwoordigheid van koning Dawid, Sadok, Ahimeʹleg en die hoofde van die vaderhuise van die priesters en van die Leviete. Die vaderhuis van die hoof is op dieselfde manier behandel as die vaderhuis van sy jonger broer.

Voetnote

In Hebreeus kan die woord “seun” ook “kleinseun” of “nakomeling” beteken.