Die eerste boek van Kronieke 25:1-31

  • Musikante en sangers vir God se huis (1-31)

25  Dawid en die hoofde van die groepe het party van die seuns van Asaf, Heman en Jeduʹtun+ gekies om te profeteer onder begeleiding van die harpe, die ander snaarinstrumente+ en die simbale.+ Hier volg die lys van die beamptes vir hierdie diens.  Van die seuns van Asaf: Sakkur, Josef, Netanʹja en Asareʹla. Hulle was onder die leiding van Asaf, wat onder die leiding van die koning geprofeteer het.  Van Jeduʹtun,+ die ses seuns van Jeduʹtun: Gedalʹja, Seri, Jesaʹja, Siʹmeï, Hasabʹja en Mattitʹja.+ Hulle was onder die leiding van hulle pa Jeduʹtun, wat op die harp gespeel en geprofeteer het en wat Jehovah gedank en geloof het.+  Van Heman,+ die seuns van Heman: Bukkiʹa, Mattanʹja, Usʹsiël, Seʹbuel, Jeʹrimot, Hananʹja, Hanaʹni, Eliaʹta, Giddalʹti, Romamʹti-Eʹser, Josbekaʹsa, Malloʹti, Hotir en Mahaʹsiot.  Hulle almal was die seuns van Heman. Hy was ’n siener van die koning wat sake in verband met die ware God bekend gemaak het tot sy eer, en daarom het die ware God vir Heman 14 seuns en 3 dogters gegee.  Hulle almal was onder die leiding van hulle pa, en hulle moes by die huis van Jehovah sing en musiek maak met simbale, harpe+ en ander snaarinstrumente vir die diens by die huis van die ware God. Asaf, Jeduʹtun en Heman was onder die leiding van die koning.  Hulle en hulle broers – altesaam 288 – was almal ervare sangers wat opgelei was om vir Jehovah te sing.  Die pligte van al die sangers, jonk sowel as oud, ervare sanger sowel as leerling, is deur middel van die lot+ toegewys.  Die eerste lot was vir Asaf se seun Josef,+ die tweede vir Gedalʹja+ saam met sy broers en sy seuns, altesaam 12; 10  die derde vir Sakkur+ saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 11  die vierde vir Jisri saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 12  die vyfde vir Netanʹja+ saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 13  die sesde vir Bukkiʹa saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 14  die sewende vir Jesareʹla saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 15  die agtste vir Jesaʹja saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 16  die negende vir Mattanʹja saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 17  die tiende vir Siʹmeï saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 18  die 11de vir Asaʹreël saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 19  die 12de vir Hasabʹja saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 20  die 13de vir Suʹbael+ saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 21  die 14de vir Mattitʹja saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 22  die 15de vir Jeʹremot saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 23  die 16de vir Hananʹja saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 24  die 17de vir Josbekaʹsa saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 25  die 18de vir Hanaʹni saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 26  die 19de vir Malloʹti saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 27  die 20ste vir Eliaʹta saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 28  die 21ste vir Hotir saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 29  die 22ste vir Giddalʹti+ saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12; 30  die 23ste vir Mahaʹsiot+ saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12 31  en die 24ste vir Romamʹti-Eʹser+ saam met sy seuns en sy broers, altesaam 12.

Voetnote