Die eerste boek van Kronieke 26:1-32

  • Afdelings van poortwagters (1-19)

  • Toesighouers oor skatkamers; ander beamptes (20-32)

26  Hier volg ’n lys van die afdelings van die poortwagters.+ Van die Koragiete: Meselemʹja,+ die seun van Kore, van die seuns* van Asaf.  En Meselemʹja se seuns was: Sagariʹa, die eersgeborene, Jediʹael, die tweede, Sebadʹja, die derde, Jatʹniël, die vierde,  Elam, die vyfde, Johaʹnan, die sesde en Eljehoʹ-Enai, die sewende.  En Obed-Edom se seuns was: Semaʹja, die eersgeborene, Joʹsabad, die tweede, Joag, die derde, Sagar, die vierde, Netaʹnel, die vyfde,  Ammiʹël, die sesde, Isʹsaskar, die sewende, en Peülʹletai, die agtste, want God het Obed-Edom geseën.  Sy seun Semaʹja het seuns gehad wat hoofde van hulle vaderhuise was, want hulle was sterk, bekwame manne.  Semaʹja se seuns was: Otni, Reʹfael, Obed en Elsaʹbad. En sy broers Eliʹhu en Semagʹja was ook bekwame manne.  Hulle almal was nakomelinge van Obed-Edom. Hulle en hulle seuns en hulle broers was bekwame manne, en hulle was goed gekwalifiseerd vir die diens. Daar was 62 uit die familie van Obed-Edom.  En Meselemʹja+ het 18 seuns en broers gehad wat bekwame manne was. 10  En die seuns van Hosa, van die seuns van Meraʹri, was: Simri, die hoof (sy pa het hom as hoof aangestel, al was hy nie die eersgeborene nie), 11  Hilkiʹa, die tweede, Tebalʹja, die derde, en Sagariʹa, die vierde. Hosa het altesaam 13 seuns en broers gehad. 12  Net soos hulle broers het die hoofmanne van hierdie afdelings van die poortwagters pligte gehad. Hulle moes by die huis van Jehovah dien. 13  Toe het al die vaderhuise, klein sowel as groot, die lot gewerp+ om die poorte aan die verskillende vaderhuise toe te wys. 14  Die poort aan die oostekant is deur middel van die lot aan Selemʹja toegewys. Daarna is die lot gewerp vir sy seun Sagariʹa, ’n verstandige raadgewer. En die poort aan die noordekant is aan hom toegewys. 15  Die poort aan die suidekant is aan Obed-Edom toegewys, en die stoorkamers is aan sy seuns+ toegewys. 16  Die poort aan die westekant naby die Salleʹget-poort by die grootpad, is aan Suppim en Hosa+ toegewys. Die een groep wagte was langs die ander groep wagte. 17  Aan die oostekant was daar ses Leviete, en aan die noordekant en aan die suidekant was daar elke dag vier. En by die stoorkamers+ was daar twee groepe van twee. 18  Vir die pilaargang aan die weste, was daar vier by die grootpad+ en twee by die pilaargang. 19  Dit was die afdelings van die poortwagters van die Koragiete en die Merariete. 20  Ahiʹa was ook ’n Leviet, en hy het toesig gehou oor die skatkamers van die huis van die ware God en oor die skatkamers van die dinge wat geheilig* is.+ 21  Van die seuns van Ladan, dit wil sê van die Gersoniete wat aan Ladan behoort het, was Jehiëli+ een van die hoofde van die vaderhuise. 22  Jehiëli en sy seuns Setam en Joël was oor die skatkamers van die huis van Jehovah.+ 23  Van die Amramiete, die Jishariete, die Hebroniete en die Ussiëliete+ 24  was Seʹbuel, die seun van Gersom, die seun van Moses, ’n leier wat toesig gehou het oor die stoorkamers. 25  Seʹbuel se familielede wat van Eliëser+ afgestam het, was Rehabʹja,+ sy seun Jesaʹja, sy seun Joram, sy seun Sigri en sy seun Seloʹmot. 26  Hierdie Seloʹmot en sy broers het toesig gehou oor al die skatkamers waarin die dinge bewaar is wat geheilig is+ deur koning Dawid,+ die hoofde van die vaderhuise,+ die hoofde oor 1 000, die hoofde oor 100 en die hoofde van die leërmag. 27  Hulle het van die buit+ wat in oorloë geneem was,+ geheilig om die huis van Jehovah in stand te hou. 28  Seʹlomit* en sy broers het ook toesig gehou oor alles wat geheilig is, insluitende die dinge wat geheilig is deur die siener Samuel,+ Saul die seun van Kis, Abner,+ die seun van Ner, en Joab,+ die seun van Seruʹja.+ 29  Van die Jishariete+ is Kenanʹja en sy seuns aangestel om buite die huis van God te dien as beamptes en regters+ oor Israel. 30  Van die Hebroniete+ was Hasabʹja en sy broers verantwoordelik vir die administrasie van Israel in die streek wes van die Jordaanrivier. Hulle was altesaam 1 700 bekwame manne en het toesig gehou oor al die werk wat vir Jehovah en vir die koning gedoen moes word. 31  Volgens die geslagsregister was Jeriʹa+ die hoof van die Hebroniete. In die 40ste jaar van Dawid se koningskap+ het sy knegte na sterk, bekwame manne onder die Hebroniete gaan soek, en hulle het sulke manne in Jaser+ in Giʹlead gevind. 32  In Jeriʹa se familie was daar 2 700 bekwame manne wat hoofde van die vaderhuise was. Koning Dawid het hulle oor die Rubeniete, die Gadiete en die halwe stam van Manasʹse aangestel om na elke saak in verband met die ware God en die koning om te sien.

Voetnote

In Hebreeus kan die woord “seun” ook “kleinseun” of “nakomeling” beteken.
Of “toegewy”.
Ook Selomot genoem in vs. 25 en 26.