Die eerste boek van Kronieke 27:1-34

  • Offisiere wat koning gedien het (1-34)

27  Hier volg ’n lys van die vaderhuise van Israel, die hoofde oor 1 000, die hoofde oor 100+ asook die offisiere onder hulle wat die koning gedien het+ en omgesien het na elke saak in verband met die afdelings. Elke maand van die jaar was een afdeling van 24 000 mans aan diens.  Jasoʹbeam,+ die seun van Sabʹdiël, was oor die afdeling wat in die eerste maand aan diens was, en daar was 24 000 in sy afdeling.  Hy was ’n nakomeling van Peres+ en was die hoof van al die hoofde van die groepe wat aangestel is om in die eerste maand te dien.  Dodai,+ die Ahohiet,+ was oor die afdeling wat in die tweede maand aan diens was. Daar was 24 000 in sy afdeling, en Miklot was die leier.  Benaʹja,+ die seun van die hoofpriester Jojaʹda,+ was die hoof oor die afdeling wat in die derde maand aan diens was, en daar was 24 000 in sy afdeling.  Hierdie Benaʹja was ’n magtige vegter. Hy was een van die dertig en was die hoof van die dertig. Sy seun Ammiʹsabad was oor sy afdeling.  Aʹsahel,+ Joab se broer,+ was die hoof oor die afdeling wat in die vierde maand aan diens was. Daar was 24 000 in sy afdeling, en sy seun Sebadʹja was sy opvolger.  Samhut, die Jisragiet, was oor die afdeling wat in die vyfde maand aan diens was, en daar was 24 000 in sy afdeling.  Ira,+ die seun van Ikkes, die Tekoïet,+ was oor die afdeling wat in die sesde maand aan diens was, en daar was 24 000 in sy afdeling. 10  Heles,+ die Peloniet, van die stam van Eʹfraim, was oor die afdeling wat in die sewende maand aan diens was, en daar was 24 000 in sy afdeling. 11  Sibʹbegai,+ die Husatiet, van die Seragiete,+ was oor die afdeling wat in die agtste maand aan diens was, en daar was 24 000 in sy afdeling. 12  Abiëser,+ die Anatotiet,+ van die stam van Benjamin, was oor die afdeling wat in die negende maand aan diens was, en daar was 24 000 in sy afdeling. 13  Maʹharai,+ die Netofatiet, van die Seragiete,+ was oor die afdeling wat in die tiende maand aan diens was, en daar was 24 000 in sy afdeling. 14  Benaʹja,+ die Piratoniet, van die seuns van Eʹfraim, was oor die afdeling wat in die 11de maand aan diens was, en daar was 24 000 in sy afdeling. 15  Heldai, die Netofatiet, ’n nakomeling van Otʹniël, was oor die afdeling wat in die 12de maand aan diens was, en daar was 24 000 in sy afdeling. 16  Hier volg ’n lys van die leiers van die stamme van Israel. Van die Rubeniete: Eliëser, die seun van Sigri. Van die Simeoniete: Sefatʹja, die seun van Maʹäga. 17  Van Levi: Hasabʹja, die seun van Keʹmuel. Van Aäron: Sadok. 18  Van Juda: Eliʹhu,+ een van Dawid se broers. Van Isʹsaskar: Omri, die seun van Miʹgael. 19  Van Seʹbulon: Jismaʹja, die seun van Obadʹja. Van Nafʹtali: Jeʹrimot, die seun van Asʹriël. 20  Van Eʹfraim: Hoseʹa, die seun van Asasʹja. Van die halwe stam van Manasʹse: Joël, die seun van Pedaʹja. 21  Van die ander halwe stam van Manasʹse in Giʹlead: Iddo, die seun van Sagariʹa. Van Benjamin: Jaäsiël, die seun van Abner.+ 22  En van Dan: Asaʹreël, die seun van Jeroʹham. Dit was die leiers van die stamme van Israel. 23  Dawid het nie die mense getel wat 20 jaar en jonger was nie, want Jehovah het belowe om Israel so baie soos die sterre van die hemel te maak.+ 24  Joab, die seun van Seruʹja, het die volk begin tel, maar hy het nie klaargemaak nie. As gevolg van die sensus het God baie kwaad geword vir Israel,+ en die getal is nie neergeskryf in die boek met die geskiedkundige verslae van koning Dawid nie. 25  Asmaʹwet, die seun van Aʹdiël, was oor die skatkamers van die koning.+ Joʹnatan, die seun van Ussiʹa, was oor die stoorkamers* op die platteland, in die stede, in die dorpies en in die torings. 26  Esri, die seun van Kelub, was oor die werkers wat die grond bewerk het. 27  Siʹmeï, die Ramatiet, was oor die wingerde, en Sabdi, die Sifmiet, was verantwoordelik vir die vervaardiging van wyn. 28  Baäl-Hanan, die Gederiet, was oor die olyfboorde en die wildevyebome+ in die Sjefeʹla,+ en Joas was oor die olievoorrade. 29  Sitrai, die Saroniet, het toesig gehou oor die beeste wat in Saron+ gewei het, en Safat, die seun van Adlai, het toesig gehou oor die beeste in die valleivlaktes. 30  Obil, die Ismaeliet, het toesig gehou oor die kamele, en Jegʹdeja, die Meronotiet, het toesig gehou oor die donkies.* 31  En Jasis, die Hagriet, het toesig gehou oor die kleinvee. Dit was al die hoofde wat toesig gehou het oor koning Dawid se besittings. 32  Joʹnatan,+ Dawid se neef, was ’n verstandige man. Hy was ’n raadgewer en ’n sekretaris. En Jehiʹël, die seun van Hagmoʹni, het toesig gehou oor die koning se seuns.+ 33  Agitoʹfel+ was een van die koning se raadgewers, en Husai,+ die Arkiet, was die koning se vriend.* 34  Ná Agitoʹfel was Abjaʹtar+ en Jojaʹda, die seun van Benaʹja,+ die koning se raadgewers, en Joab+ was die hoof van die koning se leërmag.

Voetnote

Of “skatkamers”.
Lett. “donkiemerries”.
Of “vertroueling”.