Die eerste boek van Kronieke 5:1-26

  • Nakomelinge van Ruben (1-10)

  • Nakomelinge van Gad (11-17)

  • Hagriete verslaan (18-22)

  • Halwe stam van Manasse (23-26)

5  Hier volg die name van die seuns van Ruben,+ Israel se eersgeborene. Hy was die eersgeborene, maar omdat hy die bed van sy pa onteer het,+ is sy eersgeboortereg gegee aan die seuns van Josef,+ die seun van Israel. Daarom is hy nie in die geslagsregister opgeteken as die seun met die eersgeboortereg nie.  Juda+ was beter as sy broers, en die een wat die leier+ sou wees, was een van sy nakomelinge, maar die eersgeboortereg het aan Josef behoort.  Die seuns van Ruben, Israel se eersgeborene, was Hanog, Pallu, Hesron en Karmi.+  Die seuns* van Joël was Semaʹja, sy seun Gog, sy seun Siʹmeï,  sy seun Miga, sy seun Reaʹja, sy seun Baäl  en sy seun Beëra, wat koning Tilʹgat-Pilneʹser+ van Assiʹrië in ballingskap weggeneem het. Beëra was ’n hoofman van die Rubeniete.  Sy broers volgens hulle families in die geslagsregister, volgens hulle nakomelinge, was Jeïel, wat die hoof was, Sagariʹa  en Bela, die seun van Asas, die seun van Sema, die seun van Joël. Bela se familie het in die gebied gewoon van Aʹroër+ tot by Nebo en Baäl-Meon.+  Omdat hulle vee baie geword het in die land Giʹlead,+ het hulle na die ooste uitgesprei tot teen die wildernis by die Eufraatrivier.+ 10  In Saul se tyd het hulle teen die Hagriete oorlog gevoer. Hulle het die Hagriete verslaan en in hulle tente gaan woon in die hele gebied oos van Giʹlead. 11  Die nakomelinge van Gad het langs hulle in die land Basan gewoon tot by Salka.+ 12  Joël was die hoof, en Safam was tweede in bevel. Janai en Safat was ook leiers in Basan. 13  En hulle familielede wat aan hulle vaderhuise behoort het, was Miʹgael, Mesulʹlam, Seba, Jorai, Jakan, Sia en Eber, altesaam sewe. 14  Dit was die seuns van Abiʹhail, die seun van Huri, die seun van Jaroʹag, die seun van Giʹlead, die seun van Miʹgael, die seun van Jesiʹsai, die seun van Jagdo, die seun van Bus. 15  Ahi, die seun van Abʹdiël, die seun van Guni, was die hoof van hulle vaderhuis. 16  Hulle het gewoon in Giʹlead,+ in Basan+ en sy afhanklike* dorpe en in al die weivelde van Saron so ver as wat dit gestrek het. 17  Hulle name is in die geslagsregister opgeteken in die tyd van koning Jotam+ van Juda en in die tyd van koning Jeroʹbeam*+ van Israel. 18  Die Rubeniete, die Gadiete en die halwe stam van Manasʹse het 44 760 magtige vegters in hulle leërmag gehad wat met die skild, swaard en boog gewapen was, en hulle was opgelei om oorlog te voer. 19  Hulle het oorlog gevoer teen die Hagriete+ en die nakomelinge van Jetur, Nafis+ en Nodab. 20  Omdat hulle God vir hulp gevra het in die oorlog en op hom vertrou het, het hy hulle smeekgebed beantwoord. Hulle het hulp ontvang in die oorlog, en die Hagriete en almal wat by hulle was, is in hulle hand gegee.+ 21  Hulle het hulle vee afgevat – 50 000 kamele, 250 000 skape en 2 000 donkies. Hulle het ook 100 000 mense* gevange geneem. 22  Baie van hulle vyande is doodgemaak omdat die ware God die oorlog gevoer het.+ En hulle het in hulle gebied gewoon tot die tyd van die ballingskap.+ 23  Die nakomelinge van die halwe stam van Manasʹse+ het in die land gewoon van Basan af tot by Baäl-Hermon en Senir en die berg Hermon.+ Hulle was baie. 24  Dít was die hoofde van hulle vaderhuise: Efer, Jisʹeï, Eʹliël, Asʹriël, Jeremia, Hodawʹja en Jagdiʹël. Hulle was magtige vegters, beroemde manne en hoofde van hulle vaderhuise. 25  Maar hulle was ontrou aan die God van hulle voorvaders en het die gode aanbid* van die volke van die land,+ wat God voor hulle vernietig het. 26  Daarom het die God van Israel koning Pul van Assiʹrië+ (dit wil sê koning Tilʹgat-Pilneʹser+ van Assiʹrië) beweeg om die Rubeniete, die Gadiete en die halwe stam van Manasʹse in ballingskap weg te neem na Halag, Habor, Hara en die Gosanrivier,+ en hulle is vandag nog daar.

Voetnote

In Hebreeus kan die woord “seun” ook “kleinseun” of “nakomeling” beteken.
Of “omliggende”.
D.w.s. Jerobeam II.
Of “mensesiele”.
Of “prostitusie gepleeg met die gode”. Verwys na geestelike prostitusie.