Die eerste boek van Kronieke 7:1-40

  • Nakomelinge van Issaskar (1-5), van Benjamin (6-12), van Naftali (13), van Manasse (14-19), van Efraim (20-29) en van Aser (30-40)

7  Die seuns van Isʹsaskar was Tola, Pua, Jasub en Simron+ – altesaam vier.  Die seuns van Tola was Ussi, Refaʹja, Jeʹriël, Jagmai, Jibsam en Seʹmuel. Hulle was die hoofde van hulle vaderhuise. In Dawid se tyd was daar 22 600 magtige vegters wat van Tola afgestam het.  Die nakomelinge* van Ussi was Jisragʹja, en die seuns van Jisragʹja was: Miʹgael, Obadʹja, Joël en Jissiʹa – al vyf was hoofmanne.*  Volgens die geslagsregister van die hoofde van hierdie vaderhuise was daar onder hulle nakomelinge 36 000 soldate in hulle leërmag wat kon veg, want hulle het baie vrouens en kinders gehad.  Hulle broers van al die families van Isʹsaskar was magtige vegters. Daar was 87 000 volgens die geslagsregister.+  Die seuns van Benjamin+ was Bela,+ Beger+ en Jediʹael+ – altesaam drie.  Die seuns van Bela was Esbon, Ussi, Usʹsiël, Jeʹrimot en Iri – altesaam vyf. Hulle was hoofde van hulle vaderhuise en magtige vegters. En daar was 22 034 in hulle geslagsregister.+  Die seuns van Beger was Semiʹra, Joas, Eliëser, Eljoënai, Omri, Jeʹremot, Abiʹa, Aʹnatot en Aleʹmet – hulle almal was die seuns van Beger.  In die geslagsregister van hulle nakomelinge was daar 20 200 magtige vegters, wat ingedeel is volgens die hoofde van hulle vaderhuise. 10  Die seuns* van Jediʹael+ was Bilhan en die seuns van Bilhan: Jeüs, Benjamin, Ehud, Kenaʹäna, Setan, Tarsis en Ahisaʹhar. 11  Hulle almal was die seuns van Jediʹael en was die hoofde van hulle vaderhuise. En onder hulle nakomelinge was daar 17 200 magtige vegters wat gereed was om oorlog te voer. 12  Die families van Suppim en Huppim was die seuns van Ir.+ Die families van Husim was die seuns van Aher. 13  Die seuns van Nafʹtali+ was Jagʹsiël, Guni, Jeser en Sallum. Hulle was nakomelinge* van Bilha.+ 14  Die seuns van Manasʹse+ was: Asʹriël, wat hy by sy Siriese byvrou gehad het. (Sy het aan Magir+ die vader* van Giʹlead geboorte gegee. 15  Magir het vrouens vir Huppim en Suppim geneem, en sy suster se naam was Maʹäga.) Die naam van die tweede was Selofʹhad,+ maar Selofʹhad het dogters gehad.+ 16  Maʹäga, die vrou van Magir, het aan ’n seun geboorte gegee en hom Peres genoem. Sy broer se naam was Seres. Sy seuns was Ulam en Rekem. 17  Die seun* van Ulam was Bedan. Dit was die seuns van Giʹlead die seun van Magir, die seun van Manasʹse. 18  En sy suster was Hammoleʹket. Sy het aan Ishod, Abiëser en Magla geboorte gegee. 19  Die seuns van Semiʹda was Agjan, Sigem, Likhi en Aniʹam. 20  Die seuns van Eʹfraim+ was Suteʹlag,+ sy seun Bered, sy seun Tahat, sy seun Eleaʹda, sy seun Tahat, 21  sy seun Sabad, sy seun Suteʹlag. Eser en Eʹlead was ook seuns van Eʹfraim. Die manne van Gat+ wat in die land gebore is, het hulle doodgemaak omdat hulle hulle vee wou neem. 22  Eʹfraim, hulle pa, het baie lank getreur, en sy broers het hom heeltyd kom vertroos. 23  Later het hy seksuele omgang met sy vrou gehad, en sy het swanger geword en aan ’n seun geboorte gegee. Maar hy het hom Beriʹa* genoem omdat sy geboorte gegee het in ’n tyd toe daar rampspoed in sy huis was. 24  Sy dogter was Seʹëra, wat Onder-Bet-Horon+ en Bo-Bet-Horon+ en Usʹsen-Seʹëra gebou het. 25  En daar was sy seuns Refag en Resef. Resef se seun was Telag, sy seun Tahan, 26  sy seun Ladan, sy seun Ammiʹhud, sy seun Elisaʹma, 27  sy seun Nun en sy seun Joʹsua.*+ 28  Die woonplekke van die nakomelinge van Eʹfraim was Bet-El+ en sy afhanklike* dorpe, Naʹäran in die ooste, Geser en sy afhanklike dorpe in die weste en Sigem en sy afhanklike dorpe tot by Aja* en sy afhanklike dorpe, 29  en langs die gebied van die nakomelinge van Manasʹse: Bet-Sean+ en sy afhanklike dorpe, Taʹänag+ en sy afhanklike dorpe, Megidʹdo+ en sy afhanklike dorpe en Dor+ en sy afhanklike dorpe. Dit is waar die seuns van Josef, die seun van Israel, gewoon het. 30  Die seuns van Aser was Jimna, Jiswa, Jiswi en Beriʹa,+ en hulle suster was Sera.+ 31  Die seuns van Beriʹa was Heber en Malʹkiël, wat die vader van Birsaʹjit was. 32  Heber het die vader geword van Jaflet, Somer, Hotam en hulle suster Sua. 33  Die seuns van Jaflet was Pasag, Bimhal en Aswat. Dit was die seuns van Jaflet. 34  Die seuns van Semer* was Ahi, Roga, Jehubʹba en Aram. 35  Die seuns van sy broer Helem* was Sofag, Jimna, Seles en Amal. 36  Die seuns van Sofag was Suag, Harneʹfer, Sual, Beri, Jimra, 37  Beser, Hod, Samma, Silsa, Jitran en Beëra. 38  Die seuns van Jeter was Jefunʹne, Pispa en Ara. 39  Die seuns van Ulla was Arag, Hanʹniël en Risja. 40  Hulle almal was die seuns van Aser en hoofde van hulle vaderhuise. Hulle was uitstekende, magtige vegters en hoofde van die hoofmanne. En in hulle geslagsregister+ was daar 26 000 manne+ wat in die leërmag was en wat gereed was om oorlog te voer.

Voetnote

Lett. “hoofde”.
Lett. “seuns”.
In Hebreeus kan die woord “seun” ook “kleinseun” of “nakomeling” beteken.
Lett. “seuns”.
Sommige name in hierdie hoofstuk kan na plekke verwys eerder as na mense. In sulke gevalle beteken “vader” moontlik “stigter”.
Lett. “seuns”.
Beteken “met rampspoed”.
Of “Jehosua”, wat beteken “Jehovah is redding”.
Of moontlik “Gasa”. Verwys nie na die Gasa in Filistea nie.
Of “omliggende”.
Ook Somer genoem in vs. 32.
Waarskynlik dieselfde as “Hotam” in vs. 32.