Die eerste boek van Kronieke 8:1-40

  • Nakomelinge van Benjamin (1-40)

    • Saul se geslagslyn (33-40)

8  Benjamin+ het die vader geword van Bela,+ sy eersgeborene. Sy tweede seun was Asbel,+ die derde Agrag,  die vierde Noha en die vyfde Rafa.  Bela se seuns was: Addar, Gera,+ Abiʹhud,  Abisuʹa, Naäman, Ahoʹag,  Gera, Sefuʹfan en Huram.  Dít is die seuns van Ehud, die hoofde van die vaderhuise van die inwoners van Geba,+ wat in ballingskap weggeneem is na Manaʹhat:  Naäman, Ahiʹa en Gera. Gera is die een wat hulle gelei het toe hulle in ballingskap gegaan het, en hy het die vader geword van Ussa en Ahiʹhud.  Saharaʹim het kinders gehad in die gebied* van Moab, nadat hy hulle weggestuur het. Husim en Baʹära was sy vrouens.*  En by sy vrou Hodes het hy Jobab gehad, sowel as Siʹbja, Mesa, Malkam, 10  Jehus, Sagiʹa en Mirma. Dit was sy seuns, die hoofde van die vaderhuise. 11  By Husim het hy Abiʹtub en Elpaʹäl gehad. 12  En die seuns van Elpaʹäl was Eber, Misam, Semed (wat Ono+ en Lod+ en sy afhanklike* dorpe gebou het), 13  Beriʹa en Sema. Hulle was hoofde van die vaderhuise van die inwoners van Aʹjalon.+ Hulle het die inwoners van Gat uitgedryf. 14  Agjo, Sasak, Jeʹremot, 15  Sebadʹja, Arad, Eder, 16  Miʹgael, Jispa en Joha was die seuns van Beriʹa. 17  Sebadʹja, Mesulʹlam, Hiski, Heber, 18  Jisʹmerai, Jisliʹa en Jobab was die seuns van Elpaʹäl. 19  Jakim, Sigri, Sabdi, 20  Eliënai, Silʹletai, Eʹliël, 21  Adaʹja, Beraʹja en Simrat was die seuns van Siʹmeï. 22  Jispan, Eber, Eʹliël, 23  Abdon, Sigri, Hanan, 24  Hananʹja, Elam, Antotiʹja, 25  Jifdeʹja en Pnuel was die seuns van Sasak. 26  Samʹserai, Seharʹja, Ataʹlia, 27  Jaäresʹja, Eliʹa en Sigri was die seuns van Jeroʹham. 28  Hulle was hoofde van die vaderhuise, soos opgeteken in die geslagsregisters. Hierdie hoofde het in Jerusalem gewoon. 29  Jeïel, die vader* van Giʹbeon,+ het in Giʹbeon gewoon. Sy vrou se naam was Maʹäga.+ 30  Sy seuns se name was Abdon, die eersgeborene, en Sur, Kis, Baäl, Nadab, 31  Gedor, Agjo en Seger. 32  Miklot het die vader geword van Simea. En hulle, sowel as hulle ander broers, het almal naby hulle broers in Jerusalem gewoon. 33  Ner+ het die vader geword van Kis. Kis het die vader geword van Saul.+ Saul het die vader geword van Joʹnatan,+ Malkisua,+ Abinaʹdab+ en Esʹbaäl.*+ 34  Die seun van Joʹnatan was Merib-Baäl.*+ Merib-Baäl het die vader geword van Miga.+ 35  Die seuns van Miga was Piton, Meleg, Tareʹa en Agas. 36  Agas het die vader geword van Jehoʹadda. Jehoʹadda het die vader geword van Aleʹmet, Asmaʹwet en Simri. Simri het die vader geword van Mosa. 37  Mosa het die vader geword van Biʹnea. Biʹnea se seun was Refa. Refa se seun was Eleaʹsa. Eleaʹsa se seun was Asel. 38  Asel het ses seuns gehad, en hulle name was: Asriʹkam, Bogru, Isʹmael, Searʹja, Obadʹja en Hanan. Hulle almal was die seuns van Asel. 39  En die seuns van sy broer Esek was Ulam, sy eersgeborene, Jeüs, die tweede, en Elifeʹlet, die derde. 40  En die seuns van Ulam was magtige vegters en boogskutters, en hulle het baie seuns en kleinseuns gehad, altesaam 150. Hulle almal was nakomelinge van Benjamin.

Voetnote

Lett. “veld”.
Of moontlik “nadat hy sy vrouens Husim en Baära weggestuur het”.
Of “omliggende”.
Sommige name in hierdie hoofstuk kan na plekke verwys eerder as na mense. In sulke gevalle beteken “vader” moontlik “stigter”.
Ook Is-Boset genoem.
Ook Mefiboset genoem.