Die eerste boek van Samuel 29:1-11

  • Filistyne vertrou Dawid nie (1-11)

29  Die Filistyne+ het al hulle soldate by Afek bymekaargebring, terwyl die kamp van die Israeliete by die fontein in Jisʹreël+ was.  En die leiers van die Filistyne het met hulle groepe van 100 en van 1 000 verbygetrek, en Dawid en sy manne was heel agter saam met Agis.+  Maar die Filistynse bevelvoerders het gevra: “Wat maak hierdie Hebreërs hier?” Agis het geantwoord: “Dit is Dawid, die kneg van koning Saul van Israel, wat al ’n jaar of selfs langer by my is.+ Van die dag af dat hy na my toe oorgeloop het, het ek geen fout by hom gevind nie.”  Maar die Filistynse bevelvoerders het vir hom kwaad geword en vir hom gesê: “Stuur die man terug.+ Laat hom teruggaan na die plek wat jy vir hom gegee het. Moet hom nie saam met ons na die geveg laat gaan nie, sodat hy nie in die geveg teen ons draai nie.+ As hy met die koppe van ons manne na sy heer toe gaan, sal dit mos die beste manier wees om weer sy heer se goedkeuring te kry.  Dit is mos die Dawid van wie hulle gesing het terwyl hulle gedans het. Hulle het mos gesing: ‘Saul het sy duisende verslaan,en Dawid sy tienduisende.’”+  Agis+ het Dawid dus laat roep en vir hom gesê: “So waar as wat Jehovah lewe, jy is ’n goeie man, en ek wil graag hê dat jy saam met my leërmag na die geveg moet gaan,+ want van die dag af dat jy na my toe gekom het, het ek geen fout by jou gevind nie.+ Maar die leiers vertrou jou nie.+  Gaan dus in vrede terug, en moet niks doen wat die leiers van die Filistyne sal omkrap nie.”  Maar Dawid het vir Agis gevra: “Hoekom? Wat het ek gedoen? Watter fout het u by u kneg gevind van die dag af dat ek na u toe gekom het? Hoekom kan ek nie saam met u kom en teen die vyande van my heer die koning veg nie?”  Agis het geantwoord: “In my oë is jy so goed soos ’n engel van God.+ Maar die Filistynse bevelvoerders het gesê: ‘Moet hom nie saam met ons na die geveg laat gaan nie.’ 10  Staan dan nou môreoggend vroeg op saam met die manne wat saam met jou gekom het, en vertrek sodra dit lig word.” 11  Dawid en sy manne het toe vroeg die oggend opgestaan om na die land van die Filistyne terug te keer, en die Filistyne het na Jisʹreël+ gegaan.

Voetnote