Die eerste boek van Samuel 30:1-31

  • Amalekiete stroop en verbrand Siklag (1-6)

    • Dawid deur God versterk (6)

  • Dawid verslaan Amalekiete (7-31)

    • Dawid kry gevangenes terug (18, 19)

    • Dawid se wetsvoorskrif oor hoe buit verdeel moet word (23, 24)

30  Toe Dawid en sy manne op die derde dag in Siklag+ aankom, het hulle ontdek dat die Amalekiete+ die suide* en Siklag gestroop het en dat hulle Siklag aangeval en verbrand het.  Hulle het die vrouens+ en al die ander inwoners, jonk en oud, gevange geneem. Hulle het niemand doodgemaak nie, maar hulle het hulle saamgeneem toe hulle vertrek het.  Toe Dawid en sy manne by die stad aankom, het hulle gesien dat dit afgebrand is en dat hulle vrouens en hulle seuns en hulle dogters weggeneem is.  Dawid en sy manne het hard gehuil totdat hulle nie meer krag gehad het om te huil nie.  Dawid se twee vrouens is ook weggeneem, naamlik Ahiʹnoam van Jisʹreël en Abiʹgail, die weduwee van Nabal, die Karmeliet.+  Dawid was baie ontsteld, want die manne het gesê dat hulle hom met klippe wil doodgooi. Hulle was baie verbitterd oor die verlies van hulle seuns en dogters. Maar Dawid het by Jehovah sy God hulp gesoek, en so is hy versterk.+  Dawid het toe vir die priester Abjaʹtar,+ die seun van Ahimeʹleg, gesê: “Bring asseblief die efod hier.”+ En Abjaʹtar het die efod na Dawid toe gebring.  Dawid het Jehovah gevra:+ “Moet ek hierdie rowerbende agternasit? Sal ek hulle inhaal?” Toe het Hy vir hom gesê: “Sit hulle agterna, want jy sal hulle vir seker inhaal, en jy sal alles en almal terugkry.”+  Dawid het dadelik saam met sy 600 manne+ vertrek, en hulle het tot by die Besor-vallei* gegaan, waar party van die manne agtergebly het. 10  Dawid en 400 manne het die rowerbende agternagesit, maar 200 manne het agtergebly omdat hulle te moeg was om deur die Besor-vallei* te gaan.+ 11  Hulle het ’n Egiptiese man in die veld gevind en hom na Dawid toe geneem. Hulle het vir hom kos en water gegee, 12  sowel as ’n stuk van ’n saamgeperste vyekoek en twee rosynekoeke. Nadat hy geëet het, het hy sy krag weer teruggekry,* want hy het drie dae en drie nagte niks geëet of gedrink nie. 13  Dawid het toe vir hom gevra: “Aan wie behoort jy, en waar kom jy vandaan?” Hy het geantwoord: “Ek is ’n Egiptiese dienaar, ’n slaaf van ’n Amalekitiese man, maar my meester het my agtergelaat omdat ek drie dae gelede siek geword het. 14  Ons het die suide* van die gebied van die Keretiete+ en die gebied van Juda en die suide* van die gebied van Kaleb+ gestroop, en ons het Siklag verbrand.” 15  Dawid het toe vir hom gevra: “Sal jy my na hierdie rowerbende toe neem?” Hy het geantwoord: “Ek sal dit doen as u vir my by God sweer dat u my nie sal doodmaak nie en dat u my nie aan my meester sal oorlewer nie.” 16  Hy het hom dus geneem na die plek waar die Amalekiete was. Hulle was oor ’n groot gebied versprei, en hulle het geëet en gedrink en feesgevier omdat hulle so baie besittings en mense uit die land van die Filistyne en die land van Juda geneem het. 17  Toe het Dawid van vroeg die oggend, toe dit nog donker was, tot die volgende aand teen hulle geveg en hulle doodgemaak. Net 400 manne wat op kamele gevlug het, het weggekom.+ 18  Dawid het alles teruggekry wat die Amalekiete geneem het,+ en Dawid het sy twee vrouens gered. 19  Hulle het niks verloor nie. Hulle het hulle seuns en dogters en besittings teruggekry.+ Dawid het alles wat geneem is, teruggekry. 20  Dawid het al die kleinvee en die beeste van die Amalekiete geneem. Sy manne het hulle voor hulle eie vee laat loop en gesê: “Dit behoort aan Dawid.” 21  Dawid het toe by die 200 manne gekom wat te moeg was om saam met hom te gaan en wat by die Besor-vallei*+ agtergebly het. Hulle het uitgekom na Dawid en almal wat by hom was. Toe Dawid naby die manne kom, het hy hulle gevra hoe dit met hulle gaan. 22  Maar onder die manne wat saam met Dawid gegaan het, was daar ook slegte, nikswerd manne wat gesê het: “Hulle het nie saam met ons gegaan nie, en daarom sal ons hulle niks gee van alles wat ons teruggekry het nie. Hulle mag net hulle vrouens en kinders saamneem, en dan moet hulle gaan.” 23  Maar Dawid het gesê: “My broers, julle moenie so maak met wat Jehovah vir ons gegee het nie. Hy het ons beskerm en het die rowerbende wat teen ons gekom het, in ons hand gegee.+ 24  Niemand sal met julle saamstem hieroor nie. Die een wat gaan veg het, sal net soveel kry as die een wat by die bagasie gebly het.+ Almal sal ’n deel ontvang.”+ 25  Op daardie dag het Dawid dit as ’n reël vasgestel, en dit is tot vandag toe ’n wetsvoorskrif in Israel. 26  Toe Dawid na Siklag teruggekeer het, het hy van die besittings wat geneem is, na die ouermanne van Juda wat sy vriende was, gestuur en gesê: “Hier is vir julle ’n geskenk* uit die besittings wat by Jehovah se vyande geneem is.” 27  Hy het geskenke gestuur aan die ouermanne van Bet-El,+ van Ramot in die Negeb,* van Jattir,+ 28  van Aʹroër, van Sifmot, van Estemoʹa,+ 29  van Ragal, van die stede van die Jeragmeëliete,+ van die stede van die Keniete,+ 30  van Horma,+ van Bor-Asan, van Atag, 31  van Heʹbron+ en van al die plekke waar Dawid en sy manne gereeld gegaan het.

Voetnote

Of “Negeb”.
Of “wadi Besor”. Sien Woordelys.
Of “wadi Besor”. Sien Woordelys.
Lett. “het sy gees na hom teruggekeer”.
Of “Negeb”.
Of “Negeb”.
Of “wadi Besor”. Sien Woordelys.
Lett. “seën”.
Of “suide”.