Die eerste brief aan die Tessalonisense 1:1-10

  • Groete (1)

  • Dankbaar vir Tessalonisense se geloof (2-10)

1  Van Paulus, Silvaʹnus*+ en Timoʹteus.+ Aan die gemeente van die Tessalonisense in eenheid met God, die Vader, en die Here Jesus Christus: Mag julle onverdiende goedheid en vrede hê.  Ons dank God altyd wanneer ons julle almal in ons gebede noem,+  want ons dink altyd aan julle getroue werk, julle liefdevolle arbeid en julle volharding as gevolg van julle hoop+ op ons Here Jesus Christus in die teenwoordigheid van ons God en Vader.  Broers, God is lief vir julle, en ons weet dat hy julle uitgekies het  omdat die goeie nuus wat ons verkondig, julle nie net met woorde bereik het nie, maar ook met krag en heilige gees en sterk oortuiging. Julle weet watter soort mense ons vir julle geword het toe ons by julle was.  Julle het navolgers van ons+ en van die Here geword,+ aangesien julle die woord in baie moeilike omstandighede+ met vreugde van die heilige gees aanvaar het.  So het julle ’n voorbeeld vir al die gelowiges in Masedoʹnië en Agaʹje geword.  Ja, as gevolg van julle is die woord van Jehovah* nie net in Masedoʹnië en Agaʹje gehoor nie, maar julle geloof in God het oral, op elke plek,+ bekend geword, sodat dit nie vir ons nodig is om enigiets te sê nie.  Want hulle bly praat oor ons eerste ontmoeting met julle en oor hoe julle julle afgode verlaat+ het om ’n lewende en ware God as slawe te dien 10  en om te wag vir sy Seun uit die hemel,+ wat hy uit die dood opgewek het, naamlik Jesus, wat ons red van die woede wat kom.+

Voetnote

D.w.s. Silas.