Die eerste brief aan Timoteus 2:1-15
2 In die eerste plek wil ek almal dan aanspoor om tot God te bid vir alle soorte mense. Smeek God vir sy hulp en dank hom.
2 Bid vir konings en almal wat ’n hoë posisie* het,+ sodat ons kan voortgaan om ’n kalm en stil lewe te lei met erns en uitsluitlike toegewydheid aan God.+
3 Dit is goed en aangenaam in die oë van God, ons Redder,+
4 wie se wil dit is dat alle soorte mense gered moet word+ en akkurate kennis van die waarheid moet kry.
5 Want daar is een God,+ en een middelaar+ tussen God en die mense:+ ’n mens, Christus Jesus,+
6 wat homself as ’n ooreenstemmende losprys vir almal* gegee het.+ Daar moet op die regte tyd hiervan getuig word.
7 Om hierdie getuienis te kan gee,+ is ek as ’n prediker en ’n apostel aangestel,+ ’n onderrigter van nasies+ om hulle te leer van geloof en waarheid. Ek praat die waarheid, ek lieg nie.
8 Daarom wil ek hê dat die mans op elke plek moet aanhou bid en lojaal hulle hande moet oplig,+ sonder om kwaad te word+ en te stry.+
9 Net so moet die vrouens gepaste* klere dra en hulle versier met beskeidenheid en gesonde verstand,* nie met hare wat kunstig gevleg is en goud of pêrels of baie duur klere nie,+
10 maar op ’n manier wat gepas is vir vrouens wat sê dat hulle aan God toegewyd is,+ naamlik deur goeie werke.
11 Laat ’n vrou in stilte* leer met volle onderdanigheid.+
12 Ek laat ’n vrou nie toe om te onderrig of om gesag oor ’n man te hê nie, maar sy moet stil wees.*+
13 Want Adam is eerste gevorm, en toe Eva.+
14 Ook is Adam nie bedrieg nie, maar die vrou is geheel en al bedrieg+ en het ’n oortreder geword.
15 Maar ’n vrou sal beskerm word deur kinders te kry,+ solank sy* in geloof en liefde en heiligheid en met gesonde verstand*+ volhard.
Voetnote
^ Of “gesagsposisie”.
^ Of “alle soorte mense”.
^ Of “ordentlike”.
^ Of “goeie oordeel; verstandigheid”.
^ Of “kalmte”.
^ Of “kalm wees”.
^ Lett. “hulle”.
^ Of “goeie oordeel; verstandigheid”.