Die tweede brief aan die Korintiërs 13:1-14

  • Laaste waarskuwings en aansporing (1-14)

    • “Hou aan om seker te maak dat julle in die geloof is” (5)

    • Hou aan om julle te laat reghelp en dieselfde denke te hê (11)

13  Dit is die derde keer dat ek na julle toe kom. “Elke saak moet deur* twee of drie getuies bevestig word.”+  Al is ek nie nou daar nie, is dit asof ek die tweede keer daar is. Ek waarsku dié wat voorheen gesondig het en die res vroegtydig: As ek ooit weer kom, sal ek hulle nie spaar nie,  aangesien julle ’n bewys soek dat Christus deur my praat. In werklikheid tree hy nie swak teenoor julle op nie, maar sterk.  Want hy is werklik aan die paal gehang as gevolg van swakheid, maar hy lewe deur God se krag.+ Ja, ons is saam met hom swak, maar ons sal saam met hom lewe+ deur God se krag teenoor julle.+  Hou aan om seker te maak dat julle in die geloof is. Hou aan om julleself te toets.+ Of verstaan julle nie dat Jesus Christus in eenheid met julle is nie? Dit sal nie die geval wees as julle afgekeur is nie.  Ek hoop waarlik dat julle sal verstaan dat ons nie afgekeur is nie.  Ons bid dan nou tot God dat julle niks verkeerds sal doen nie. Ons doen dit nie sodat ander sal dink dat ons goedgekeur is nie, maar sodat julle kan doen wat goed is, selfs al sou dit lyk asof ons afgekeur is.  Want ons kan niks teen die waarheid doen nie, maar net vir die waarheid.  Ons is beslis bly wanneer julle sterk is, al is ons swak. En ons bid dat julle die nodige veranderinge sal maak. 10  Daarom skryf ek hierdie dinge terwyl ek nie daar is nie, sodat ek nie tydens my besoek streng hoef op te tree volgens die gesag wat die Here my gegee het nie.+ Hy het my die gesag gegee om op te bou, nie om af te breek nie. 11  Laastens, broers, hou aan om vreugdevol te wees, om julle te laat reghelp, om julle te laat vertroos,+ om dieselfde denke te hê+ en om in vrede te lewe.+ Dan sal die God van liefde en vrede+ met julle wees. 12  Groet mekaar met ’n heilige soen. 13  Al die heiliges stuur vir julle groete. 14  Mag die onverdiende goedheid van die Here Jesus Christus en die liefde van God met julle almal wees, en mag julle almal in die heilige gees deel.

Voetnote

Of “uit die mond van”.