Die tweede brief aan die Korintiërs 3:1-18

  • Aanbevelingsbriewe (1-3)

  • Bedienaars van nuwe verbond (4-6)

  • Groter heerlikheid van nuwe verbond (7-18)

3  Begin ons om onsself weer aan te beveel? Of het ons, soos party mense, aanbevelingsbriewe nodig wat aan julle geskryf is of wat deur julle geskryf is?  Julle is ons brief,+ wat op ons harte geskryf is en wat deur die hele mensdom geken en gelees word.  Want dit is duidelik dat julle ’n brief van Christus is wat deur ons as bedienaars+ geskryf is. Dit is nie met ink geskryf nie, maar met die gees van ’n lewende God. Dit is nie op kliptablette+ geskryf nie, maar op harte.*+  Ons het hierdie soort vertroue teenoor God as gevolg van die Christus.  Nie dat ons vanself bekwaam is om hierdie werk te doen nie, maar God is die een wat ons bekwaam maak.+  Hy is die een wat ons bekwaam maak om bedienaars van ’n nuwe verbond te wees,+ nie van geskrewe wette nie,+ maar van gees, want die geskrewe Wet veroordeel tot die dood,+ maar die gees maak lewend.+  Die Wet wat tot die dood lei en wat met letters op klippe gegraveer is,+ is met soveel heerlikheid gegee dat die Israeliete nie na Moses se gesig kon bly kyk nie as gevolg van die glans van sy gesig,+ ’n glans wat weggeneem sou word.  As die Wet met heerlikheid gegee is, sal die gees+ dan nie met selfs meer heerlikheid gegee word nie?+  Want as die Wet wat tot veroordeling lei,+ heerlikheid gehad het,+ dan sal die werk wat tot regverdigheid lei, selfs nog meer heerlikheid hê!+ 10  Selfs dit wat voorheen verheerlik was, het daardie heerlikheid verloor as gevolg van die heerlikheid wat nog beter is.+ 11  Want as dit wat weggeneem sou word, met heerlikheid ingebring is,+ hoeveel groter sal die heerlikheid wees van dit wat bly!+ 12  Aangesien ons hierdie hoop het,+ praat ons met groot vrymoedigheid, 13  en ons doen nie wat Moses gedoen het toe hy ’n sluier oor sy gesig gesit het+ sodat die Israeliete nie kon kyk na wat sou gebeur met dit wat weggeneem sou word nie. 14  Maar hulle verstande was toe.+ Want tot vandag toe is dieselfde sluier nog steeds daar wanneer die ou verbond gelees word+ omdat dit net deur middel van Christus weggeneem word.+ 15  Om die waarheid te sê, tot vandag toe is daar ’n sluier oor hulle hart+ elke keer wanneer die geskrifte van Moses gelees word.+ 16  Maar wanneer iemand verander sodat hy Jehovah* kan aanbid, word die sluier weggeneem.+ 17  En Jehovah* is die Gees,+ en waar die gees van Jehovah* is, is daar vryheid.+ 18  Met onbedekte gesigte weerkaats ons die heerlikheid van Jehovah* soos spieëls. Ons word verander om sy beeld en sy heerlikheid meer en meer te weerkaats, net soos Jehovah,* die Gees,*+ dit wil hê.

Voetnote

Lett. “op vleeslike tablette, op harte”.
Of moontlik “die gees van Jehovah”.