Die tweede brief van Johannes 1:1-13
1 Ek, die ouer man,* skryf aan die dame wat uitgekies is en aan haar kinders. Ek het julle werklik lief – nie net ek nie, maar ook almal wat die waarheid leer ken het –
2 as gevolg van die waarheid wat in ons bly en vir ewig by ons sal wees.
3 Onverdiende goedheid, genade en vrede wat kom van God, die Vader, en van Jesus Christus, die Seun van die Vader, sal met ons wees, met waarheid en liefde.
4 Ek is baie bly omdat ek van jou kinders gevind het wat die weg van die waarheid volg,+ net soos die Vader ons beveel het.
5 Daarom vra ek jou nou, dame, dat ons mekaar moet liefhê. (Ek skryf nie aan jou ’n nuwe gebod nie, maar een wat ons van die begin af gehad het.)+
6 En dit is wat die liefde beteken, dat ons aanhou om volgens sy gebooie te lewe.+ Dit is die gebod, net soos julle van die begin af gehoor het, dat julle moet aanhou om daarvolgens te lewe.
7 Want baie bedrieërs het in die wêreld verskyn,+ dié wat nie erken dat Jesus Christus as ’n mens in die vlees gekom het nie.+ Dit is die bedrieër en die antichris.+
8 Pasop dat julle nie die dinge verloor waarvoor ons gewerk het nie, sodat julle ’n volle beloning kan verkry.+
9 Elkeen wat verder gaan as die leringe van die Christus en nie daarby bly nie, is nie in eenheid met God nie.+ Maar die een wat by hierdie leringe bly, is die een wat in eenheid met die Vader sowel as die Seun is.+
10 As iemand na julle toe kom en nie hierdie leringe bring nie, moet julle hom nie in julle huise ontvang+ of hom groet nie.
11 Want wie hom groet, het ’n deel aan sy goddelose werke.
12 Al het ek baie om aan julle te skryf, wil ek dit nie met papier en ink doen nie. Ek hoop om na julle toe te kom en persoonlik met julle te praat, sodat julle kan oorloop van vreugde.
13 Die kinders van jou suster, die een wat uitgekies is, stuur vir jou groete.