Die tweede boek van Konings 11:1-21

  • Atalia maak haarself koningin (1-3)

  • Joas in geheim koning gemaak (4-12)

  • Atalia doodgemaak (13-16)

  • Jojada bevorder ware aanbidding (17-21)

11  Toe Ataʹlia,+ Ahaʹsia se ma, sien dat haar seun dood is,+ het sy besluit om die hele koninklike geslagslyn* uit te roei.+  Maar Joseʹba, die dogter van koning Joram, die suster van Ahaʹsia, het Joas,+ Ahaʹsia se seun, weggevat tussen die seuns van die koning wat doodgemaak sou word, en sy het hom en sy oppasser in ’n binneste slaapkamer gehou. Hulle het dit reggekry om hom vir Ataʹlia weg te steek, en daarom is hy nie doodgemaak nie.  Hy is ses jaar lank by haar in die huis van Jehovah weggesteek, terwyl Ataʹlia oor die land regeer het.  In die sewende jaar het Jojaʹda die hoofde oor 100 van die Kariese lyfwag en van die paleiswagte*+ laat roep om na hom toe te kom by die huis van Jehovah. Hy het ’n verbond met hulle gemaak en hulle in die huis van Jehovah laat sweer dat hulle daarby sal bly, en daarna het hy vir hulle die koning se seun gewys.+  Hy het vir hulle gesê: “Dít is wat julle moet doen: ’n Derde van julle moet op die Sabbat aan diens wees en moet wag hou oor die koning se paleis,+  ’n derde moet by die Fondamentpoort staan en ’n derde moet by die poort agter die paleiswagte staan. Julle moet beurte neem om oor die huis wag te hou.  Die twee afdelings wat veronderstel is om op die Sabbat van diens af te wees, moet wag hou oor die huis van Jehovah om die koning te beskerm.  Julle moet die koning omring, elkeen met sy wapens in sy hand. Enigiemand wat deur die rye soldate probeer kom, moet doodgemaak word. Bly by die koning waar hy ook al gaan.”*  Die hoofde oor 100+ het presies gedoen wat die priester Jojaʹda beveel het. Elkeen het sy manne bymekaargeroep – dié wat op die Sabbat aan diens was, sowel as dié wat nie op die Sabbat aan diens was nie – en hulle het na die priester Jojaʹda+ gegaan. 10  Die priester het toe vir die hoofde oor 100 die spiese en die ronde skilde gegee wat aan koning Dawid behoort het en wat in die huis van Jehovah was. 11  En die paleiswagte+ het hulle plekke reg rondom die koning, naby die altaar+ en die huis, ingeneem. Hulle het met hulle wapens in hulle hande gestaan, van die regterkant van die huis af tot by die linkerkant van die huis. 12  Toe het Jojaʹda die koning se seun+ uitgebring en die kroon en die Getuienis*+ op hom gesit, en hulle het hom koning gemaak en hom gesalf. Hulle het begin hande klap en gesê: “Lank lewe die koning!”+ 13  Toe Ataʹlia die mense hoor hardloop, het sy dadelik na die mense toe gegaan by die huis van Jehovah.+ 14  Sy het die koning by die pilaar sien staan, soos dit die gebruik was.+ En die hoofde en die trompetblasers+ was by die koning, en al die mense van die land was vreugdevol en het op die trompette geblaas. Ataʹlia het toe haar klere geskeur en uitgeroep: “’n Sameswering! ’n Sameswering!” 15  Maar die priester Jojaʹda het vir die hoofde oor 100,+ dié wat oor die leërmag aangestel was, gesê: “Neem haar tussen die rye soldate uit, en maak enigeen wat haar volg, met die swaard dood! Moet haar nie in die huis van Jehovah doodmaak nie.” 16  Hulle het haar gegryp, en toe hulle by die plek kom waar die perde by die koning se paleis+ ingaan, het hulle haar daar doodgemaak. 17  Toe het Jojaʹda ’n verbond gemaak tussen Jehovah en die koning en die volk.+ Hulle het belowe dat hulle sal voortgaan om die volk van Jehovah te wees. Hy het ook ’n verbond gemaak tussen die koning en die volk.+ 18  Daarna het die hele volk* na die tempel van Baäl gegaan en sy altare afgebreek,+ sy beelde heeltemal stukkend geslaan+ en Mattan, die priester van Baäl, voor die altare doodgemaak.+ Toe het die priester opsieners oor die huis van Jehovah aangestel.+ 19  Hy het ook die hoofde oor 100,+ die Kariese lyfwag, die paleiswagte+ en die hele volk gekry om die koning van die huis van Jehovah af deur die poort van die paleiswagte na die koning se paleis te neem. Hy het toe op die troon van die konings gaan sit.+ 20  Al die mense van die land was bly en daar was vrede in die stad, want hulle het Ataʹlia by die koning se paleis met die swaard doodgemaak. 21  Joas+ was sewe jaar oud toe hy koning geword het.+

Voetnote

Lett. “al die saad van die koninkryk”.
Lett. “die hardlopers”.
Lett. “wanneer hy uitgaan en wanneer hy inkom”.
Moontlik ’n boekrol wat die Wet van God bevat het.
Lett. “volk van die land”.