Die tweede boek van Konings 2:1-25

  • Elia in windstorm opgeneem (1-18)

    • Elisa kry Elia se ampskleed (13, 14)

  • Elisa maak Jerigo se water gesond (19-22)

  • Bere maak seuns van Bet-El dood (23-25)

2  Kort voordat Jehovah Eliʹa+ in ’n windstorm na die hemel*+ sou opneem, het Eliʹa en Eliʹsa+ uit Gilgal+ vertrek.  Eliʹa het vir Eliʹsa gesê: “Bly asseblief hier, want Jehovah het my na Bet-El gestuur.” Maar Eliʹsa het gesê: “So waar as wat Jehovah lewe en so waar as wat u lewe, ek sal u nie verlaat nie.” Hulle het toe na Bet-El+ gegaan.  Toe het die seuns van die profete* wat in Bet-El was, na Eliʹsa toe gegaan en vir hom gevra: “Weet jy dat Jehovah vandag jou meester as hoof oor jou gaan wegneem?”+ Hy het geantwoord: “Ja, ek weet. Bly stil.”  Eliʹa het toe vir hom gesê: “Eliʹsa, bly asseblief hier, want Jehovah het my na Jeʹrigo+ gestuur.” Maar hy het gesê: “So waar as wat Jehovah lewe en so waar as wat u lewe, ek sal u nie verlaat nie.” Daarna het hulle in Jeʹrigo aangekom.  Toe het die seuns van die profete wat in Jeʹrigo was, na Eliʹsa toe gegaan en vir hom gevra: “Weet jy dat Jehovah vandag jou meester as hoof oor jou gaan wegneem?” Hy het geantwoord: “Ja, ek weet. Bly stil.”  Eliʹa het toe vir hom gesê: “Bly asseblief hier, want Jehovah het my na die Jordaanrivier gestuur.” Maar hy het gesê: “So waar as wat Jehovah lewe en so waar as wat u lewe, ek sal u nie verlaat nie.” Daarna het hulle al twee verder gegaan.  En 50 van die seuns van die profete het ook gegaan en op ’n afstand gestaan en kyk terwyl hulle twee by die Jordaanrivier gestaan het.  Toe het Eliʹa sy ampskleed+ geneem en dit opgerol en die water daarmee geslaan. Die water het na links en na regs verdeel, en hulle twee het op droë grond deur die rivier gegaan.+  Toe hulle aan die oorkant kom, het Eliʹa vir Eliʹsa gesê: “Sê vir my wat ek vir jou moet doen voordat ek van jou af weggeneem word.” Eliʹsa het gevra: “Kan ek asseblief ’n dubbele porsie*+ van u gees+ kry?” 10  Hy het geantwoord: “Dit is ’n moeilike ding wat jy gevra het. As jy my sien wanneer ek van jou af weggeneem word, sal dit met jou gebeur, maar as jy my nie sien nie, sal dit nie gebeur nie.” 11  Terwyl hulle geloop en praat het, het ’n strydwa van vuur en perde van vuur+ skielik verskyn en hulle van mekaar geskei, en Eliʹa het in die windstorm na die hemel* opgevaar.+ 12  Toe Eliʹsa dit sien, het hy uitgeroep: “My vader, my vader! Die strydwa van Israel en sy perderuiters!”+ Toe hy hom nie meer kon sien nie, het hy sy klere geskeur.+ 13  Daarna het hy Eliʹa se ampskleed+ opgetel wat van hom afgeval het en teruggegaan en op die oewer van die Jordaanrivier gaan staan. 14  Toe het hy Eliʹa se ampskleed geneem wat van hom afgeval het en die water daarmee geslaan en gesê: “Waar is Jehovah, die God van Eliʹa?” Toe hy die water slaan, is dit na links en na regs verdeel, en Eliʹsa het deurgegaan.+ 15  Toe die seuns van die profete wat in Jeʹrigo was, hom van ver af sien, het hulle gesê: “Die gees van Eliʹa rus op Eliʹsa.”+ Daarom het hulle na hom toe gegaan en voor hom na die grond toe neergebuig. 16  Hulle het vir hom gesê: “Hier is 50 bekwame manne by u knegte. Laat hulle asseblief u meester gaan soek. Miskien het die gees* van Jehovah hom opgelig en hom toe op een van die berge of in een van die valleie neergesit.”+ Maar hy het gesê: “Moet hulle nie stuur nie.” 17  Hulle het so aangehou dat hy ongemaklik begin voel het en gesê het: “Stuur hulle.” Hulle het die 50 manne dus gestuur, en hulle het drie dae lank gesoek, maar hulle het hom nie gevind nie. 18  Hulle het na hom toe teruggekeer in Jeʹrigo,+ waar hy gebly het, en hy het vir hulle gevra: “Het ek nie vir julle gesê dat julle nie moet gaan nie?” 19  Ná verloop van tyd het die manne van die stad vir Eliʹsa gesê: “Soos my meester kan sien, is die stad op ’n goeie plek geleë,+ maar die water is sleg, en die grond is onvrugbaar.”* 20  Daarna het hy gesê: “Gaan haal vir my ’n nuwe bakkie en sit sout daarin.” Toe het hulle dit vir hom gebring. 21  Daarna het hy na die bron van die water gegaan en sout daarin gegooi+ en gesê: “Dít is wat Jehovah sê: ‘Ek het hierdie water gesond gemaak. Dit sal nie meer die dood of onvrugbaarheid* veroorsaak nie.’” 22  En die water is tot vandag toe nog drinkbaar, net soos Eliʹsa gesê het. 23  Hy het van daar af na Bet-El gegaan. Op pad het jong seuns uit die stad gekom en hom begin spot+ en die hele tyd vir hom gesê: “Gaan op, jou kaalkop! Gaan op, jou kaalkop!” 24  Uiteindelik het hy omgedraai en na hulle gekyk en hulle in die naam van Jehovah vervloek. Toe het twee bere*+ uit die woud gekom en 42 van die kinders verskeur.+ 25  Van daar af het hy na die berg Karmel+ gegaan en toe na Samariʹa teruggekeer.

Voetnote

Of “in die lug”.
“Die seuns van die profete” verwys blykbaar na ’n skool vir profete of na ’n vereniging van profete.
Of “twee dele”.
Of “in die lug”.
Of “wind”.
Of moontlik “veroorsaak miskrame”.
Of moontlik “miskrame”.
Lett. “berinne”.