Die tweede boek van Kronieke 1:1-17

  • Salomo vra vir wysheid (1-12)

  • Salomo se rykdom (13-17)

1  Salomo, die seun van Dawid, het ’n stewige houvas op sy koningskap gekry, en Jehovah sy God was met hom en het hom baie magtig laat word.+  Salomo het die hele Israel laat roep: die hoofde oor 1 000, die hoofde oor 100, die regters en al die hoofmanne van die hele Israel, die hoofde van die vaderhuise.  Toe het Salomo en die hele gemeente na die offerhoogte in Giʹbeon+ gegaan, want dit is waar die tent van samekoms van die ware God was, die tent wat Moses, die kneg van Jehovah, in die wildernis gemaak het.  Maar Dawid het die Ark van die ware God in Kirʹjat-Jeaʹrim gaan haal+ en dit na die plek gebring wat hy daarvoor gereedgemaak het. Hy het ’n tent daarvoor in Jerusalem opgeslaan.+  En die koperaltaar+ wat Besaʹleël,+ die seun van Uri, die seun van Hur, gemaak het, is voor die tabernakel van Jehovah gesit. En Salomo en die gemeente het gereeld voor die altaar gebid.*  Salomo het toe offerandes voor Jehovah geoffer. Hy het 1 000 brandoffers op die koperaltaar+ van die tent van samekoms geoffer.  Daardie nag het God aan Salomo verskyn en vir hom gevra: “Wat wil jy hê moet ek vir jou gee?”+  Toe het Salomo vir God gesê: “U het groot lojale liefde betoon aan my pa, Dawid,+ en u het my in sy plek koning gemaak.+  O Jehovah God, hou u belofte aan my pa, Dawid,+ want u het my koning gemaak oor ’n volk wat so baie is soos die stof van die aarde.+ 10  Gee my nou wysheid en kennis+ sodat ek hierdie volk kan lei,* want wie kan as regter optree vir u groot volk?”+ 11  Toe het God vir Salomo gesê: “Omdat jy nie vir rykdom en eer of die dood van die mense wat jou haat gevra het nie en ook nie vir ’n lang lewe gevra het nie, maar dit eerder jou hartsbegeerte is om wysheid en kennis te hê sodat jy my volk kan rig waaroor ek jou koning gemaak het,+ 12  sal wysheid en kennis aan jou gegee word. Maar ek sal jou ook rykdom en eer gee soos geen koning voor jou gehad het nie en soos nie een ná jou sal hê nie.”+ 13  Toe het Salomo van die offerhoogte in Giʹbeon,+ van die tent van samekoms, na Jerusalem gekom, en hy het oor Israel regeer. 14  Salomo het al hoe meer strydwaens en perde* vir hom gekry. Hy het 1 400 strydwaens en 12 000 perde* gehad,+ en hy het hulle in die strydwastede+ en naby die koning in Jerusalem gehou.+ 15  Die koning het die silwer en die goud in Jerusalem so volop soos die klippe gemaak,+ en sederhout so volop soos die wildevyebome in die Sjefeʹla.+ 16  Salomo se perde is uit Egipte ingevoer,+ en die koning se groep koopmanne het troppe perde gekoop* teen ’n vasgestelde prys.+ 17  Elke strydwa wat uit Egipte ingevoer is, het 600 silwerstukke gekos, en ’n perd het 150 gekos. En hulle het die strydwaens en die perde uitgevoer na al die konings van die Hetiete en die konings van Sirië.

Voetnote

Of “het Hom gereeld daar vir leiding gevra”.
Lett. “sodat ek voor hierdie volk kan uitgaan en kan inkom”.
Of “perderuiters”.
Of “perderuiters”.
Of moontlik “uit Egipte en uit Kewé ingevoer; die koning se koopmanne het hulle in Kewé gekoop”, wat moontlik na Silisië verwys.