Die tweede boek van Kronieke 10:1-19

  • Israel se opstand teen Rehabeam (1-19)

10  Rehaʹbeam het na Sigem+ gegaan, want die hele Israel het in Sigem bymekaargekom om hom koning te maak.+  Toe Jeroʹbeam,+ die seun van Nebat, daarvan hoor, het hy van Egipte af teruggekom. (Hy was nog in Egipte, want hy het vir koning Salomo gevlug.)+  Toe het hulle hom laat roep, en Jeroʹbeam en die hele Israel het na Rehaʹbeam gegaan en gesê:  “U pa het ons juk swaar gemaak.+ Maar as u die swaar werklas van u pa en die swaar* juk wat hy op ons geplaas het, ligter maak, sal ons u dien.”  Hy het toe vir hulle gesê: “Kom oor drie dae na my toe terug.” Toe het die volk van hom af weggegaan.+  Koning Rehaʹbeam het die ouer mans* wat sy pa, Salomo, gedurende sy leeftyd gedien het, geraadpleeg en vir hulle gevra: “Wat sal julle sê? Hoe moet ek hierdie volk antwoord?”  Hulle het hom geantwoord: “As u goed is vir hierdie volk en hulle tevrede stel en vir hulle die antwoord gee wat hulle wil hê, sal hulle altyd u knegte wees.”  Maar hy het die raad van die ouer mans* verwerp, en hy het die jong mans geraadpleeg wat saam met hom grootgeword het en wat nou sy dienaars was.+  Hy het vir hulle gevra: “Wat sal julle sê? Hoe moet ons hierdie volk antwoord wat vir my gesê het dat ek die juk wat my pa op hulle geplaas het, ligter moet maak?” 10  Die jong mans wat saam met hom grootgeword het, het vir hom gesê: “Vir die volk wat vir u gesê het: ‘U pa het ons juk swaar gemaak, maar u moet dit vir ons ligter maak,’ moet u die volgende sê: ‘My pinkie sal dikker as my pa se heupe wees. 11  My pa het ’n swaar juk op julle geplaas, maar ek sal julle juk nog swaarder maak. My pa het julle met die sweep gestraf, maar ek sal julle met die gésel* straf.’” 12  Jeroʹbeam en die hele volk het op die derde dag na Rehaʹbeam toe gegaan, want die koning het gesê: “Kom oor drie dae na my toe terug.”+ 13  Maar die koning het hulle ’n harde antwoord gegee. Koning Rehaʹbeam het die raad van die ouer mans* dus verwerp. 14  Hy het die raad van die jong mans gevolg en vir die volk gesê: “Ek sal julle juk swaarder maak, en ek sal dit nog erger maak. My pa het julle met die sweep gestraf, maar ek sal julle met die gésel* straf.” 15  Die koning het nie na die volk geluister nie, want die ware God het dinge so laat verloop.+ Dit was sodat die woorde vervul kon word wat Jehovah deur middel van Ahiʹa,+ die Siloniet, vir Jeroʹbeam, die seun van Nebat, gesê het. 16  Omdat die koning nie na die Israeliete geluister het nie, het hulle vir die koning gesê: “Wat het ons met Dawid te doen? Ons het geen erfdeel saam met die seun van Isai nie. Gaan na julle gode toe, o Israel! Sorg nou vir jou eie huis, o Dawid.”+ Toe het al die Israeliete na hulle huise* gegaan.+ 17  Maar Rehaʹbeam het nog steeds oor die Israeliete regeer wat in die stede van Juda gewoon het.+ 18  Koning Rehaʹbeam het Hadoʹram,+ wat oor die mense was wat opgeroep is om vir die koning te werk, toe na die Israeliete gestuur, maar hulle het hom met klippe doodgegooi. Koning Rehaʹbeam het net betyds op sy strydwa geklim om na Jerusalem te vlug.+ 19  En die Israeliete het met hulle opstand teen die huis van Dawid volgehou tot vandag toe.

Voetnote

Of “onderdrukkende”.
Of “die ouermanne”.
Of “die ouermanne”.
Of “die ouermanne”.
Lett. “tente”.