Die tweede boek van Kronieke 13:1-22

  • Abia, koning van Juda (1-22)

    • Abia verslaan Jerobeam (3-20)

13  In die 18de jaar van koning Jeroʹbeam het Abiʹa koning oor Juda geword.+  Hy het drie jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Migaʹja,+ die dogter van Uʹriël, uit Giʹbea.+ En daar was oorlog tussen Abiʹa en Jeroʹbeam.+  Abiʹa het gaan oorlog voer met ’n leërmag van 400 000 opgeleide,* magtige soldate.+ En Jeroʹbeam het met 800 000 opgeleide,* magtige soldate in gevegsformasie teen hom opgetrek.  Abiʹa het toe op die berg Semaraʹim gaan staan, wat in die bergstreek van Eʹfraim is, en gesê: “Luister na my, o Jeroʹbeam en die hele Israel.  Weet julle nie dat Jehovah, die God van Israel, deur middel van ’n soutverbond*+ vir Dawid belowe het dat hy en sy seuns+ vir ewig oor Israel sal regeer nie?+  Maar Jeroʹbeam,+ die seun van Nebat, die kneg van Dawid se seun Salomo, het teen sy heer in opstand gekom.+  Slegte manne het by hom aangesluit. Jeroʹbeam en sy manne het teen Rehaʹbeam, die seun van Salomo, in opstand gekom toe hy nog jonk en onervare was, en hy kon nie sy man staan teen hulle nie.  “En nou sien julle kans om te kom veg teen die koninkryk van Jehovah wat in die hande van die seuns van Dawid is omdat daar so baie van julle is en omdat julle die goue kalwers het wat Jeroʹbeam vir julle as gode gemaak het.+  Julle het Jehovah se priesters, die nakomelinge van Aäron, en die Leviete weggejaag,+ en julle het julle eie priesters aangestel net soos die volke van die lande.+ Enigiemand wat daar aangekom het met* ’n jong bul en sewe ramme, kon ’n priester word van julle sogenaamde gode. 10  Maar ons God is Jehovah,+ en ons het hom nie verlaat nie. Ons priesters, die nakomelinge van Aäron, dien Jehovah, en die Leviete help met die werk. 11  En hulle bring elke oggend en elke aand brandoffers+ en geurige reukwerk+ vir Jehovah, hulle sit die stapelbrode*+ op die tafel van suiwer goud en hulle steek elke aand+ die lampe van die goue lampstaander+ aan omdat ons ons verantwoordelikheid teenoor Jehovah ons God nakom, maar julle het hom verlaat. 12  En kyk! die ware God is met ons en hy lei ons. Sy priesters is by ons om op die trompette te blaas wat vir ons die teken sal wees om julle aan te val. O manne van Israel, moenie teen Jehovah, die God van julle voorvaders, veg nie, want julle sal nie suksesvol wees nie.”+ 13  Maar Jeroʹbeam het soldate laat wegkruip om hulle van agter af aan te val. Die grootste deel van sy leërmag was dus voor Juda, en die soldate wat weggekruip het, was agter hulle. 14  Toe die manne van Juda omdraai, het hulle gesien dat hulle van voor en van agter aangeval word. Daarom het hulle tot Jehovah begin roep,+ terwyl die priesters hard op die trompette geblaas het. 15  Die manne van Juda het ’n oorlogskreet uitgeroep, en toe hulle die oorlogskreet uitroep, het die ware God vir Abiʹa en Juda die oorwinning oor Jeroʹbeam en die hele Israel gegee. 16  Die Israeliete het vir Juda gevlug, en God het hulle in hulle hand gegee. 17  Abiʹa en sy manne het baie van hulle doodgemaak, en 500 000 van die opgeleide* manne van Israel het gesterf. 18  So is die manne van Israel op daardie tyd verneder, maar die manne van Juda het die oorhand gekry omdat hulle op Jehovah, die God van hulle voorvaders, vertrou* het.+ 19  Abiʹa het Jeroʹbeam agternagesit en van sy stede ingeneem, naamlik Bet-El+ en sy afhanklike* dorpe, Jesaʹna en sy afhanklike dorpe en Eʹfrain+ en sy afhanklike dorpe. 20  En Jeroʹbeam het in Abiʹa se tyd nooit weer sy mag herwin nie. Jehovah het hom uiteindelik getref, en hy het gesterf.+ 21  Maar Abiʹa het al hoe magtiger geword. Met verloop van tyd het hy 14 vrouens geneem,+ en hy het 22 seuns en 16 dogters gehad. 22  En die res van Abiʹa se geskiedenis, sy dade en sy woorde, is opgeteken in die geskrifte* van die profeet Iddo.+

Voetnote

Lett. “uitgesoekte”.
Lett. “uitgesoekte”.
D.w.s. ’n permanente en onveranderlike verbond.
Lett. “gekom het om sy hand te vul met”.
D.w.s. die offerbrode.
Lett. “uitgesoekte”.
Lett. “gesteun”.
Of “omliggende”.
Of “uiteensetting; kommentaar”.