Die tweede boek van Kronieke 25:1-28

  • Amasia, koning van Juda (1-4)

  • Oorlog teen Edom (5-13)

  • Amasia se afgodediens (14-16)

  • Oorlog teen koning Joas van Israel (17-24)

  • Amasia sterf (25-28)

25  Amaʹsia was 25 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het 29 jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Joʹaddan van Jerusalem.+  Hy het bly doen wat reg is in Jehovah se oë, maar nie met sy hele hart nie.  Toe hy ten volle in beheer was van die koninkryk, het hy sy knegte doodgemaak wat sy pa, die koning, vermoor het.+  Maar hy het nie hulle kinders doodgemaak nie, want hy het gebly by wat in die Wet, in die boek van Moses, geskryf staan, waar Jehovah beveel het: “Vaders mag nie vir die sonde van hulle kinders doodgemaak word nie, en kinders mag nie vir die sonde van hulle vaders doodgemaak word nie. Elkeen moet vir sy eie sonde doodgemaak word.”+  En Amaʹsia het Juda bymekaargeroep en hulle volgens hulle vaderhuise ingedeel, volgens die hoofde oor 1 000 en die hoofde oor 100. Hy het dit gedoen vir die hele Juda en Benjamin.+ Hy het almal geregistreer wat 20 jaar en ouer was,+ en daar was altesaam 300 000 opgeleide* vegters wat in die leërmag kon dien en wat die spies en die groot skild kon gebruik.  Hy het ook 100 000 magtige vegters van Israel vir 100 talente* silwer gehuur.  Maar ’n man van die ware God het na hom toe gegaan en gesê: “O koning, moenie die leërmag van Israel saam met u laat gaan nie, want Jehovah is nie met Israel nie.+ Hy is nie met Eʹfraim nie.  U moet alleen gaan veg, en wees moedig. As u hulle saamneem, kan die ware God u die geveg laat verloor, want God het die mag om julle te laat wen+ of te laat verloor.”  Toe het Amaʹsia vir die man van die ware God gevra: “Maar wat van die 100 talente wat ek vir die soldate van Israel gegee het?” Die man van die ware God het geantwoord: “Jehovah kan vir u baie meer as dit gee.”+ 10  Toe het Amaʹsia die soldate wat van Eʹfraim na hom toe gekom het, terug huis toe gestuur. Maar hulle was baie kwaad vir Juda en het woedend huis toe gegaan. 11  Amaʹsia het sy eie soldate toe moedig na die Soutvallei+ gelei, en hy het 10 000 manne van Seïr doodgemaak.+ 12  En die manne van Juda het 10 000 gevange geneem. Hulle het hulle na die top van die krans geneem en van die krans afgegooi, en hulle almal het hulle te pletter geval. 13  Maar die soldate wat Amaʹsia teruggestuur het,+ het die stede van Juda, van Samariʹa+ af tot by Bet-Horon,+ aangeval en 3 000 mense doodgemaak en baie van hulle besittings as buit geneem. 14  Nadat Amaʹsia die Edomiete verslaan het, het hy teruggegaan en die gode van die manne van Seïr saamgeneem. Hy het hulle vir hom as gode opgestel,+ voor hulle begin neerbuig en vir hulle offerrook laat opgaan. 15  Jehovah het baie kwaad geword vir Amaʹsia, en hy het ’n profeet na hom toe gestuur wat gesê het: “Hoekom aanbid jy gode wat nie hulle eie volk uit jou hand kon red nie?”+ 16  Terwyl hy met hom gepraat het, het die koning vir hom gesê: “Bly stil!+ Het ek jou raad gevra?+ Ek sal jou laat doodmaak as jy aanhou praat.” Toe het die profeet stilgebly, maar voordat hy gegaan het, het hy gesê: “Ek weet dat God besluit het om u te vernietig omdat u dit gedoen het en nie na my raad geluister het nie.”+ 17  Nadat koning Amaʹsia van Juda met sy raadgewers gepraat het, het hy ’n boodskap gestuur aan koning Joas van Israel, die seun van Joʹahas, die seun van Jehu, en gesê: “Kom, laat ons teen mekaar veg.”+ 18  Koning Joas van Israel het hierdie boodskap aan koning Amaʹsia van Juda gestuur: “Die doringrige onkruid in die Liʹbanon-berge het ’n boodskap aan die sederboom in die Liʹbanon-berge gestuur en gesê: ‘Gee jou dogter aan my seun as vrou.’ Maar ’n wilde dier van die Liʹbanon het verbygeloop en die doringrige onkruid vertrap. 19  Jy het gesê: ‘Kyk, ek* het Edom verslaan.’+ En nou het jy hoogmoedig geword, en jy wil geëer word. Bly in jou eie paleis. Hoekom moet jy moeilikheid soek en Juda saam met jou laat val?” 20  Maar Amaʹsia het nie geluister nie,+ want die ware God wou hulle in die hand van hulle vyande gee+ omdat hulle die gode van Edom aanbid het.+ 21  Toe het koning Joas van Israel teen koning Amaʹsia van Juda opgetrek, en hulle het teen mekaar geveg by Bet-Semes+ in Juda. 22  Juda is deur Israel verslaan, en elkeen het na sy huis* gevlug. 23  Koning Joas van Israel het koning Amaʹsia van Juda, die seun van Joas, die seun van Joʹahas,* by Bet-Semes gevange geneem. Daarna het hy hom na Jerusalem geneem, en hy het 400 el* van die muur van Jerusalem afgebreek, van die Eʹfraim-poort+ af tot by die Hoekpoort.+ 24  Hy het al die goud en silwer en al die voorwerpe geneem wat in die huis van die ware God by* Obed-Edom was en wat in die skatkamers van die koning se paleis was.+ Hy het ook gyselaars geneem, en toe het hy na Samariʹa teruggekeer. 25  Amaʹsia,+ die seun van koning Joas van Juda, het nog 15 jaar gelewe ná die dood van Joas,+ die seun van koning Joʹahas van Israel.+ 26  Die res van die geskiedenis van Amaʹsia is van begin tot einde opgeteken in die Boek van die konings van Juda en van Israel. 27  Van die tyd af dat Amaʹsia opgehou het om Jehovah te volg, het hulle in Jerusalem teen hom saamgesweer.+ Hy het na Lagis gevlug, maar hulle het manne agter hom aan gestuur en hom in Lagis doodgemaak. 28  Toe het hulle hom op perde teruggeneem en hom by sy voorvaders in die stad van Juda begrawe.

Voetnote

Lett. “uitgesoekte”.
’n Talent was gelyk aan 34,2 kg. Sien Aanh. B14.
Lett. “jy”.
Lett. “tent”.
Omtrent 178 m. Sien Aanh. B14.
Ook Ahasia genoem.
Of “onder die toesig van”.