Die tweede boek van Kronieke 27:1-9

  • Jotam, koning van Juda (1-9)

27  Jotam+ was 25 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het 16 jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Jeruʹsa, die dogter van Sadok.+  Hy het bly doen wat reg is in Jehovah se oë, net soos sy pa, Ussiʹa, gedoen het,+ maar in teenstelling met sy pa het hy nie in die tempel van Jehovah ingegaan nie.+ Die volk het nietemin aangehou om goddeloos op te tree.  Hy het die boonste poort van Jehovah se huis gebou,+ en hy het baie bouwerk aan die muur van Ofel+ gedoen.  Hy het ook stede+ in die bergstreek van Juda+ gebou, en hy het vestings+ en torings+ in die bosagtige gebiede gebou.  Hy het oorlog gevoer teen die koning van die Ammoniete+ en het uiteindelik die oorhand oor hulle gekry, en daarom moes die Ammoniete daardie jaar vir hom 100 talente* silwer, 10 000 kor* koring en 10 000 kor gars gee. Die Ammoniete het dit ook die volgende jaar en die jaar daarna aan hom betaal.+  En Jotam het al hoe magtiger geword, want hy was vasbeslote om die weë van Jehovah sy God te volg.  Die res van die geskiedenis van Jotam, al sy oorloë en sy dade, is opgeteken in die Boek van die konings van Israel en van Juda.+  Hy was 25 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het 16 jaar lank in Jerusalem regeer.+  Jotam het gesterf,* en hulle het hom in die Stad van Dawid+ begrawe. En sy seun Agas het in sy plek koning geword.+

Voetnote

’n Talent was gelyk aan 34,2 kg. Sien Aanh. B14.
’n Kor was gelyk aan 220 l. Sien Aanh. B14.
Lett. “is by sy vaders neergelê”.