Die tweede boek van Kronieke 4:1-22

  • Die altaar, die See en die komme (1-6)

  • Lampstaanders, tafels en voorhowe (7-11a)

  • Werk by tempel voltooi (11b-22)

4  Toe het hy die koperaltaar+ gemaak. Dit was 20 el lank, 20 el breed en 10 el hoog.  Hy het die See*+ van gegote metaal gemaak. Dit was rond, 10 el van die een rand tot by die ander rand, 5 el hoog en 30 el in omtrek.*+  En daar was kalbasvormige versierings+ onder die rand, tien per el reg rondom die See. Daar was twee rye kalbasse, en hulle is saam met die See as een stuk gegiet.  Dit het op 12 bulle+ gestaan: 3 het noord gekyk, 3 het wes gekyk, 3 het suid gekyk en 3 het oos gekyk. Die See het op hulle gerus, en hulle agterkante was na die middel toe.  Die dikte daarvan was ’n handbreedte,* en die rand was soos die rand van ’n beker gemaak en het soos ’n lelie gelyk. Dit kon 3 000 bat* hou.  Hy het ook tien komme gemaak waarin hulle die dinge gewas het wat vir die brandoffer gebruik is.+ Hulle het vyf aan die regterkant van die huis gesit, en vyf aan die linkerkant.+ Maar die priesters het die water in die See gebruik om mee te was.+  Hy het toe tien goue lampstaanders+ volgens die instruksies gemaak+ en dit in die tempel gesit, vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant.+  Hy het ook tien tafels gemaak en dit in die tempel gesit, vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant.+ En hy het 100 goue bakke gemaak.  Toe het hy die voorhof+ van die priesters,+ die groot voorhof+ en die deure vir die groot voorhof gemaak. En hy het die deure met koper oorgetrek. 10  En hy het die See aan die regterkant gesit, aan die suidoostekant.+ 11  Hiram het ook die kanne, die grawe en die bakke gemaak.+ En Hiram het die werk voltooi wat hy vir koning Salomo aan die huis van die ware God gedoen het:+ 12  die twee pilare+ en die bakvormige kopstukke wat bo-op die twee pilare was; die twee netwerke+ wat die twee pilare se bakvormige kopstukke bedek het; 13  die 400 granate+ vir die twee netwerke (daar was twee rye granate vir elke netwerk wat die twee pilare se bakvormige kopstukke bedek het);+ 14  die tien waentjies* en die tien komme op die waentjies;+ 15  die See en die 12 bulle daaronder;+ 16  die kanne, die grawe, die vurke+ en al die ander voorwerpe wat Hiram-Abi*+ van blink gevryfde koper vir koning Salomo gemaak het vir die huis van Jehovah. 17  Die koning het dit in kleivorms gegiet in die Jordaandistrik, tussen Sukkot+ en Sereʹda. 18  Salomo het ’n groot hoeveelheid van al hierdie voorwerpe gemaak. Die gewig van die koper is nie bepaal nie.+ 19  Salomo het al die voorwerpe vir die huis van die ware God gemaak:+ die goue altaar,+ die tafels+ vir die offerbrode,+ 20  die lampstaanders en hulle lampe van suiwer goud+ (wat volgens die vereistes voor die binneste vertrek moes brand), 21  die bloeisels, die lampe en die snuiters* (van die suiwerste goud), 22  die blussers, die bakke, die bekers en die vuurbakke (van suiwer goud); en die ingang van die huis, die deure van die Allerheiligste+ en die deure van die huis van die tempel, wat met goud oorgetrek is.+

Voetnote

Of “waterbak”.
Of “’n maatlyn van 30 el was nodig om daarom te gaan”.
Omtrent 7,4 cm. Sien Aanh. B14.
’n Bat was gelyk aan 22 l. Sien Aanh. B14.
Of “waterwaentjies”.
Lett. “Hiram-Abiw”, ’n wisselvorm van die naam.
Of “tange”.