Die tweede boek van Kronieke 5:1-14

  • Voorbereidings vir inwyding van tempel (1-14)

    • Ark word na tempel gebring (2-10)

5  Salomo het al die werk voltooi wat hy vir die huis van Jehovah moes doen.+ Daarna het Salomo die dinge ingebring wat sy pa, Dawid, geheilig het,+ en hy het die silwer, die goud en al die voorwerpe in die skatkamers van die huis van die ware God gesit.+  Salomo het in daardie tyd die ouermanne van Israel, al die stamhoofde en die hoofmanne van die vaderhuise van Israel bymekaargeroep. Hulle het na Jerusalem gegaan om die ark van die verbond van Jehovah uit die Stad van Dawid,+ dit wil sê Sion,+ te bring.  Al die manne van Israel het voor die koning bymekaargekom tydens die fees* wat in die sewende maand gehou word.+  Toe al die ouermanne van Israel daar was, het die Leviete die Ark opgetel.+  Hulle het die Ark gedra, sowel as die tent van samekoms+ en al die heilige voorwerpe wat in die tent was. Die priesters en die Leviete* het dit gedra.  Koning Salomo en almal van Israel wat beveel is om na hom toe te kom, was voor die Ark. Daar is soveel skape en beeste geoffer+ dat hulle nie getel kon word nie.  Toe het die priesters die ark van die verbond van Jehovah gebring na sy plek in die binneste vertrek van die huis, die Allerheiligste, en dit onder die vlerke van die gerubs gesit.+  Die vlerke van die gerubs was oor die plek van die Ark uitgesprei. Die Ark en sy pale+ was dus onder die vlerke van die gerubs.  Die pale was so lank dat die punte van die pale gesien kon word vanuit die Heilige, voor die binneste vertrek, maar hulle kon nie van buite af gesien word nie. En hulle is tot vandag toe daar. 10  Daar was niks in die Ark nie behalwe die twee kliptablette wat Moses by Horeb daarin gesit het+ toe Jehovah met die Israeliete ’n verbond gemaak het+ terwyl hulle uit Egipte getrek het.+ 11  Die priesters het toe uit die heiligdom uitgekom. (Al die priesters wat daar was, ongeag in watter afdeling hulle was,+ het hulleself geheilig).+ 12  Al die Levitiese sangers+ wat gelei is deur Asaf,+ Heman,+ Jeduʹtun+ en deur hulle seuns en broers, het klere aangehad wat van goeie materiaal gemaak was. Hulle het simbale, harpe en ander snaarinstrumente gehad, en hulle het oos van die altaar gestaan. En 120 priesters het by hulle gestaan en op trompette geblaas.+ 13  Die trompetblasers en die sangers het Jehovah in eenheid geloof en gedank. Hulle het met die trompette, simbale en ander musiekinstrumente musiek gemaak om Jehovah te loof, “want hy is goed. Sy lojale liefde duur vir ewig.”+ Op daardie oomblik het ’n wolk die huis van Jehovah gevul.+ 14  En as gevolg van die wolk kon die priesters nie hulle diens verrig nie, want die heerlikheid van Jehovah het die huis van die ware God gevul.+

Voetnote

D.w.s. die Huttefees.
Of “Die Levitiese priesters”.