Die tweede boek van Kronieke 7:1-22

  • Tempel gevul met Jehovah se heerlikheid (1-3)

  • Inwydingseremonies (4-10)

  • Jehovah verskyn aan Salomo (11-22)

7  Nadat Salomo gebid het,+ het vuur uit die hemel gekom+ en die brandoffer en die offerandes verteer, en Jehovah se heerlikheid het die huis gevul.+  Die priesters kon nie in die huis van Jehovah ingaan nie omdat Jehovah se heerlikheid die huis van Jehovah gevul het.+  En al die Israeliete het gesien hoe die vuur uit die hemel kom, en hulle het die heerlikheid van Jehovah bo die huis gesien. Hulle het op die vloer gekniel en neergebuig en Jehovah gedank, “want hy is goed. Sy lojale liefde duur vir ewig.”  Die koning en die hele volk het offerandes aan Jehovah gebring.+  Koning Salomo het 22 000 beeste en 120 000 skape geoffer. So het die koning en die hele volk die huis van die ware God ingewy.+  Die priesters en die Leviete het op hulle pos gestaan, en die Leviete het instrumente gehad waarmee hulle die sangers begelei het wat vir Jehovah gesing het.+ (Koning Dawid het hierdie instrumente gemaak om Jehovah mee te dank wanneer hy God saam met hulle* geloof het, “want sy lojale liefde duur vir ewig”.) En die priesters het oorkant hulle gestaan en hard op die trompette geblaas+ terwyl al die Israeliete gestaan het.  Salomo het toe die middel van die voorhof geheilig wat voor die huis van Jehovah was, omdat hy die brandoffers+ en die vetstukke van die vrede-offers* daar moes offer, want daar was te veel brandoffers, graanoffers+ en vetstukke+ vir die koperaltaar+ wat Salomo gemaak het.  Toe het Salomo saam met die hele Israel die fees sewe dae lank gehou+ – ’n baie groot skare het gekom uit die gebied wat gestrek het van Lebo-Hamat* af tot by die Vallei* van Egipte.+  Hulle het die toewyding* van die altaar sewe dae lank gehou, en die fees ook sewe dae lank, en op die agtste dag* het hulle ’n heilige vergadering gehou.+ 10  Op die 23ste dag van die sewende maand het hy die volk huis toe gestuur, en hulle was vreugdevol+ en vrolik van hart as gevolg van Jehovah se goedheid teenoor Dawid, Salomo en sy volk Israel.+ 11  So het Salomo die huis van Jehovah en die paleis van die koning voltooi.+ Salomo het alles gedoen wat hy beplan het om te doen vir die huis van Jehovah en vir sy eie paleis.+ 12  Jehovah het toe gedurende die nag aan Salomo verskyn+ en vir hom gesê: “Ek het jou gebed gehoor, en ek het hierdie plek vir my gekies as ’n huis van offerande.+ 13  As ek die hemel toesluit en daar geen reën is nie en as ek die sprinkane beveel om die land kaal te vreet en as ek my volk met ’n vreeslike siekte tref, 14  en my volk, oor wie my naam uitgeroep is,+ nederig berou toon+ en bid en my goedkeuring soek en ophou om slegte dinge te doen,+ dan sal ek vanuit die hemel hoor en hulle sonde vergewe, en ek sal hulle land genees.+ 15  Nou sal ek aandag skenk en luister* wanneer mense hier bid.+ 16  En nou het ek hierdie huis gekies en geheilig sodat my naam vir altyd daar gevestig kan wees,+ en my oë en my hart sal altyd daar wees.+ 17  “En as jy my dien, net soos jou pa, Dawid, my gedien het, deur alles te doen wat ek jou beveel het, en as jy my wetsvoorskrifte en my oordele gehoorsaam,+ 18  dan sal ek die troon van jou koningskap vestig,+ net soos ek in ’n verbond met jou pa, Dawid,+ gesê het: ‘Daar sal altyd ’n man van jou geslagslyn wees wat oor Israel regeer.’+ 19  Maar as julle ophou om my te volg en my wetsbepalings en my gebooie verwerp wat ek aan julle gegee het en as julle ander gode gaan dien en voor hulle neerbuig,+ 20  dan sal ek Israel uitruk uit my land wat ek hulle gegee het,+ en ek sal hierdie huis verwerp wat ek vir my naam geheilig het, en ek sal dit iets maak waarop al die volke neersien* en iets waarmee hulle spot.+ 21  En hierdie huis sal verwoes word. Elkeen wat daar verbygaan, sal verbaas wees+ en vra: ‘Hoekom het Jehovah dit aan hierdie land en hierdie huis gedoen?’+ 22  Dan sal hulle sê: ‘Dit is omdat hulle Jehovah verlaat het,+ die God van hulle voorvaders, wat hulle uit Egipte uitgelei het,+ en omdat hulle ander gode gekies en voor hulle neergebuig en hulle gedien het.+ Dit is hoekom hy al hierdie rampspoed oor hulle gebring het.’”+

Voetnote

Verwys moontlik na die Leviete.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “die ingang van Hamat”.
Of “Wadi”. Sien Woordelys.
Of “inwyding”.
Die dag ná die fees, d.w.s. die 15de dag.
Lett. “sal my oë oop wees en my ore aandag skenk”.
Lett. “’n spreekwoord onder die volke maak”.