Die tweede boek van Kronieke 8:1-18

  • Salomo se ander bouprojekte (1-11)

  • Aanbidding by tempel word georganiseer (12-16)

  • Salomo se skepe (17, 18)

8  Salomo het die huis van Jehovah en sy eie paleis binne 20 jaar gebou.+  Daarna het Salomo die stede herbou wat Hiram+ aan hom gegee het en Israeliete daar laat woon.  Salomo het ook na Hamat-Soba gegaan en dit ingeneem.  Toe het hy Tadmor in die wildernis versterk,* sowel as al die voorraadstede+ wat hy in Hamat+ gebou het.  Hy het ook Bo-Bet-Horon+ en Onder-Bet-Horon+ opgebou, versterkte stede met mure, poorte en grendels,  sowel as Baʹälat,+ al Salomo se voorraadstede, al die stede vir die strydwaens,+ die stede vir die perderuiters. Salomo het al die bouwerk voltooi wat hy in Jerusalem, in die Liʹbanon en in die hele land waaroor hy regeer het, wou doen.  Wat al die mense betref wat oorgebly het van die Hetiete, die Amoriete, die Perissiete, die Hewiete en die Jebusiete,+ wat nie deel was van Israel nie+  – dit wil sê die nakomelinge van hierdie volke wat in die land oorgebly het en wat nie deur die Israeliete uitgeroei is nie+ – hulle is deur Salomo opgeroep om vir hom te werk, tot vandag toe.+  Maar Salomo het die Israeliete nie slawe gemaak nie,+ want hulle was sy vegters, die hoofde van sy offisiere en die hoofde van sy strydwadrywers en perderuiters.+ 10  Daar was 250 hoofde oor koning Salomo se beamptes. Hulle was die voormanne.+ 11  Salomo het Farao se dogter+ uit die Stad van Dawid laat trek na die huis wat hy vir haar gebou het,+ want hy het gesê: “Hoewel sy my vrou is, moet sy nie in die huis van koning Dawid van Israel woon nie, want die plekke waar die Ark van Jehovah gestaan het, is heilig.”+ 12  Toe het Salomo brandoffers+ aan Jehovah gebring op die altaar+ van Jehovah wat hy voor die portaal+ gebou het. 13  Hy het die daaglikse roetine gevolg, en hy het offerandes geoffer volgens wat Moses voorgeskryf het vir die Sabbatte,+ die nuwemane+ en die drie jaarlikse feeste+ – die Fees van die Ongesuurde Brode,+ die Fees van die Weke+ en die Huttefees.*+ 14  Hy het ook die dienste van die afdelings van die priesters+ aan hulle toegewys soos sy pa, Dawid, beveel het. Hy het die pligte van die Leviete aan hulle toegewys, om God te loof+ en om voor die priesters te dien, volgens die daaglikse roetine. En hy het die verskillende poorte aan die poortwagters in hulle afdelings toegewys,+ want dit was wat Dawid, die man van die ware God, beveel het. 15  En hulle het streng gebly by die koning se bevele aan die priesters en die Leviete en by die bevele in verband met die stoorkamers. 16  Salomo se werk was dus goed georganiseer,* van die dag dat die fondament van die huis van Jehovah gelê is+ totdat dit voltooi is. So is die huis van Jehovah voltooi.+ 17  Toe het Salomo na Eʹseon-Geʹber+ en na Elot+ aan die kus van die land Edom gegaan.+ 18  Hiram+ het deur middel van sy eie knegte vir hom skepe en ervare seemanne gestuur. Hulle het saam met Salomo se knegte na Ofir+ gegaan, en hulle het 450 talente* goud+ daar gaan haal en dit na koning Salomo toe gebring.+

Voetnote

Of “herbou”.
Of “Fees van Tydelike Skuilings”.
Of “goed beplan; volledig uitgevoer”.
’n Talent was gelyk aan 34,2 kg. Sien Aanh. B14.