Die tweede boek van Samuel 10:1-19

  • Oorwinnings oor Ammon en Sirië (1-19)

10  Later het die koning van die Ammoniete gesterf,+ en sy seun Hanun het in sy plek koning geword.+  Toe het Dawid gesê: “Ek sal lojale liefde aan Hanun, die seun van Nahas, betoon, net soos sy pa lojale liefde aan my betoon het.” Daarom het Dawid sy knegte gestuur om Hanun ná sy pa se dood te vertroos. Maar toe Dawid se knegte in die land van die Ammoniete kom,  het die leiers van die Ammoniete vir hulle heer Hanun gevra: “Dink u dat Dawid vertroosters na u toe stuur om u pa te eer? Is dit nie om die stad te deursoek en om dit te verken en om dit te verwoes dat Dawid sy knegte na u toe gestuur het nie?”  Hanun het Dawid se knegte toe geneem en die helfte van hulle baarde afgeskeer+ en hulle klere by die heupe afgesny en hulle weggestuur.  Toe Dawid hiervan hoor, het hy dadelik manne na hulle toe gestuur om hulle te gaan ontmoet omdat die manne baie verneder gevoel het. En die koning het vir hulle gesê: “Bly in Jeʹrigo+ totdat julle baarde teruggroei, en dan moet julle terugkom.”  Met verloop van tyd het die Ammoniete besef dat Dawid hulle begin haat het, en daarom het die Ammoniete manne gestuur om 20 000 Siriese voetsoldate van Bet-Rehob+ en Soba te huur.+ Hulle het ook die koning van Maʹäga+ met 1 000 manne en 12 000 manne van Istob* gehuur.+  Toe Dawid hiervan hoor, het hy Joab en die hele leërmag, insluitende sy magtigste vegters, gestuur.+  En die Ammoniete het in gevegsformasie by die ingang van die stadspoort gaan staan, terwyl die Siriërs van Soba en van Rehob, sowel as Istob* en Maʹäga eenkant in die oop veld was.  Toe Joab sien dat hy van voor en van agter aangeval word, het hy van die beste soldate in Israel gekies en hulle in gevegsformasie laat staan om teen die Siriërs te veg.+ 10  Hy het die res van die manne onder die bevel* van sy broer Abiʹsai+ geplaas sodat hulle in gevegsformasie teen die Ammoniete kon gaan veg.+ 11  Toe het hy gesê: “As die Siriërs vir my te sterk word, dan moet jy my kom red, maar as die Ammoniete vir jou te sterk word, sal ek jou kom red. 12  Ons moet sterk en moedig+ wees ter wille van ons volk en die stede van ons God, en Jehovah sal doen wat goed is in sy oë.”+ 13  Joab en sy manne het teen die Siriërs gaan veg, en hulle het voor hom gevlug.+ 14  Toe die Ammoniete sien dat die Siriërs gevlug het, het hulle van Abiʹsai af gevlug en in die stad ingegaan. Nadat Joab teen die Ammoniete geveg het, het hy na Jerusalem teruggegaan. 15  Toe die Siriërs sien dat Israel hulle verslaan het, het hulle weer bymekaargekom.+ 16  En Hadadeʹser+ het die Siriërs laat roep wat in die streek van die Rivier*+ was, en hulle het toe na Helam gegaan. Sobag, die hoof van Hadadeʹser se leërmag, het hulle gelei. 17  Toe Dawid hiervan hoor, het hy onmiddellik die hele Israel bymekaar laat kom en deur die Jordaanrivier getrek en ook na Helam gegaan. Die Siriërs het toe in gevegsformasie gaan staan en teen Dawid geveg.+ 18  Maar die Siriërs het voor Israel gevlug. Dawid het 700 van die Siriërs se strydwadrywers en 40 000 van hulle perderuiters doodgemaak, en hy het Sobag, die hoof van hulle leërmag, daar doodgemaak.+ 19  Toe al die konings, die knegte van Hadadeʹser, sien dat Israel hulle verslaan het, het hulle dadelik met Israel vrede gemaak en hulle onderdane geword.+ En van toe af was die Siriërs bang om die Ammoniete te help.

Voetnote

Of “die manne van Tob”.
Of “die manne van Tob”.
Lett. “in die hand”.
Die Eufraatrivier.