Die tweede boek van Samuel 16:1-23

  • Siba belaster Mefiboset (1-4)

  • Simeï vervloek Dawid (5-14)

  • Husai gaan na Absalom (15-19)

  • Agitofel se raad (20-23)

16  Toe Dawid net oor die top van die berg+ was, het Siba,+ die dienaar van Mefiboʹset,+ hom ontmoet met ’n paar opgesaalde donkies. Daar was 200 brode, 100 rosynekoeke, 100 koeke van gedroogde somervrugte* en ’n groot kruik wyn op die donkies.+  Toe het die koning vir Siba gevra: “Hoekom het jy hierdie dinge gebring?” Siba het geantwoord: “Die donkies is vir die huisgesin van die koning om op te ry, die brood en die somervrugte is vir die jong manne om te eet en die wyn is vir dié wat in die wildernis uitgeput raak.”+  Die koning het toe gevra: “En waar is die seun* van jou meester?”+ Toe het Siba vir die koning gesê: “Hy het in Jerusalem gebly, want hy het gesê: ‘Vandag sal Israel* die koninklike heerskappy van my pa aan my teruggee.’”+  Die koning het toe vir Siba gesê: “Kyk! Alles wat aan Mefiboʹset behoort, is joune.”+ Siba het geantwoord: “Ek buig voor u neer. Mag ek altyd u goedkeuring hê, my heer die koning.”+  Toe koning Dawid Bahuʹrim bereik het, het ’n man van die familie van die huis van Saul uitgekom. Sy naam was Siʹmeï+ en hy was die seun van Gera. Hy het hulle vervloek terwyl hy na hulle toe gestap het.+  Hy het Dawid en al sy knegte sowel as al die mense en die sterk manne aan die koning se regterkant en linkerkant met klippe gegooi.  Siʹmeï het hom vervloek en gesê: “Gaan weg, gaan weg, jou bloedskuldige man! Jou slegte man!  Jehovah straf jou vir al jou bloedskuld in verband met die huis van Saul. Jy het in sy plek as koning regeer, maar Jehovah gee die koningskap aan jou seun Absalom. Nou het rampspoed oor jou gekom, want jy is ’n bloedskuldige man!”+  Toe het Abiʹsai, die seun van Seruʹja,+ vir die koning gesê: “Hoekom moet hierdie dooie hond+ my heer die koning vervloek?+ Laat my asseblief sy kop gaan afkap.”+ 10  Maar die koning het gesê: “Moenie inmeng nie, julle seuns van Seruʹja.+ Laat hom my vervloek,+ want Jehovah het vir hom gesê:+ ‘Vervloek Dawid!’ Hoe kan enigiemand dan vra: ‘Hoekom doen jy dit?’” 11  Dawid het toe vir Abiʹsai en al sy knegte gesê: “As my seun, my eie vlees en bloed, my lewe wil neem,+ wat kan ek dan van ’n Benjaminiet+ verwag? Los hom, laat hom my vervloek, want Jehovah het vir hom gesê om dit te doen! 12  Miskien sal Jehovah sien hoe ek swaarkry+ en sal Jehovah my seëninge gee in plaas van die vervloekinge wat ek vandag moes hoor.”+ 13  Daarna het Dawid en sy manne verder op die pad geloop, terwyl Siʹmeï al langs hom aan die kant van die berg geloop het. Die hele tyd het hy Dawid vervloek+ en hom en sy manne met klippe en baie grond gegooi. 14  Uiteindelik het die koning en al die mense by hom uitgeput by hulle bestemming aangekom, en daar het hulle gerus. 15  Intussen het Absalom en al die manne van Israel in Jerusalem aangekom, en Agitoʹfel+ was by hom. 16  Toe Husai,+ die Arkiet,+ Dawid se vriend,* by Absalom kom, het Husai vir Absalom gesê: “Lank lewe die koning!+ Lank lewe die koning!” 17  Toe het Absalom vir Husai gevra: “Is dít hoe jy lojale liefde aan jou vriend betoon? Hoekom het jy nie saam met jou vriend gegaan nie?” 18  Husai het toe vir Absalom gesê: “Nee, ek is aan die kant van die een wat deur Jehovah, hierdie volk en al die manne van Israel gekies is. By hom sal ek bly. 19  En buitendien, wie anders sou ek dien? Behoort ek nie my vriend se seun te dien nie? Net soos ek u pa gedien het, so sal ek u dien.”+ 20  Absalom het toe vir Agitoʹfel gesê: “Gee my raad.+ Wat moet ons doen?” 21  Toe het Agitoʹfel vir Absalom gesê: “Slaap by u pa se byvrouens+ wat hy agtergelaat het om die paleis* op te pas.+ Dan sal die hele Israel hoor dat u u pa erg beledig het, en dit sal u ondersteuners versterk.” 22  Hulle het toe vir Absalom ’n tent op die dak opgeslaan,+ en Absalom het voor die oë van die hele Israel+ seksuele omgang met sy pa se byvrouens+ gehad. 23  In daardie dae is Agitoʹfel+ se raad beskou as die woord van die ware God.* Dit is hoe Dawid sowel as Absalom Agitoʹfel se raad beskou het.

Voetnote

Veral vye en miskien ook dadels.
Of “kleinseun”.
Lett. “die huis van Israel”.
Of “vertroueling”.
Lett. “huis”.
Of “asof ’n mens die woord van die ware God geraadpleeg het”.