Die tweede boek van Samuel 17:1-29

  • Husai laat Agitofel se raad misluk (1-14)

  • Dawid gewaarsku; hy vlug vir Absalom (15-29)

    • Barsillai en ander voorsien wat nodig is (27-29)

17  Agitoʹfel het toe vir Absalom gesê: “Laat my asseblief 12 000 manne kies en Dawid vannag nog agternasit.  Ek sal hom oorval terwyl hy moeg en swak* is,+ en hy sal paniekbevange wees. Almal wat by hom is, sal vlug, en dan sal ek net die koning doodmaak.+  Daarna sal ek al die mense na u toe terugbring. Of die mense terugkeer, sal afhang van wat met die man gebeur waarna u soek. Dan sal daar vrede vir al die mense wees.”  Die voorstel het vir Absalom en vir al die ouermanne van Israel goed geklink.  Maar Absalom het gesê: “Roep asseblief ook vir Husai,+ die Arkiet, en laat ons hoor wat hy te sê het.”  Husai het toe na Absalom gegaan. En Absalom het vir hom gesê: “Dít is die raad wat Agitoʹfel gegee het. Moet ons sy raad volg? Of het jy ’n ander voorstel.”  Husai het toe vir Absalom gesê: “Hierdie keer het Agitoʹfel nie goeie raad gegee nie!”+  Husai het verder gesê: “U weet goed dat u pa en sy manne sterk is,+ en hulle is desperaat, soos ’n beer in die veld wat haar kleintjies verloor het.+ En wat meer is, u pa is ’n vegter,+ en hy sal nie by die mense oornag nie.  Hy kruip nou weg in een van die grotte* of op ’n ander plek.+ As hy eerste aanval, sal dié wat daarvan hoor, sê: ‘Die manne wat Absalom volg, is verslaan!’ 10  Selfs die man wat so moedig soos ’n leeu is,*+ sal bang word, want die hele Israel weet dat u pa ’n sterk man is+ en dat die manne by hom dapper is. 11  Dít is my raad: Laat die hele Israel by u bymekaarkom, van Dan tot Berseʹba,+ so baie soos die sandkorrels wat by die see is.+ En u moet hulle in die geveg lei. 12  Ons sal hom vind en aanval, en ons sal op hom toesak net soos die dou op die grond val. En nie een van hulle sal oorleef nie, nie hy of enige van die manne by hom nie. 13  As hy in ’n stad gaan wegkruip, sal die hele Israel toue na die stad toe bring en ons sal dit tot in die vallei sleep. Daar sal nie eers ’n klip oorbly nie.” 14  Toe het Absalom en al die manne van Israel gesê: “Die raad van Husai, die Arkiet, is beter+ as die raad van Agitoʹfel!” Want Jehovah het besluit* dat Agitoʹfel+ se goeie raad moet misluk, sodat Jehovah rampspoed oor Absalom kan bring.+ 15  Later het Husai vir die priesters Sadok en Abjaʹtar+ gesê: “Dít is die raad wat Agitoʹfel aan Absalom en die ouermanne van Israel gegee het, en dít is die raad wat ek gegee het. 16  Stuur gou ’n boodskap aan Dawid en gee vir hom hierdie waarskuwing: ‘Moenie vannag by die driwwe* naby die wildernis bly nie. Trek dadelik deur die rivier, want anders sal die koning en al die mense by hom dalk doodgemaak* word.’”+ 17  Joʹnatan+ en Ahiʹmaäs+ het by En-Rogel+ gewag, want hulle kon dit nie waag om by die stad in te gaan nie, ingeval iemand hulle sou sien. ’n Diensmeisie het toe vir hulle die boodskap gaan gee, en hulle het dit aan koning Dawid oorgedra. 18  Maar ’n jong man het hulle gesien en vir Absalom gaan vertel. Daarom het Joʹnatan en Ahiʹmaäs gou van daar af na die huis van ’n man in Bahuʹrim+ gegaan wat ’n put in sy binnehof gehad het. Hulle het daarin afgeklim, 19  en die man se vrou het ’n doek oor die bokant van die put gegooi en gebreekte graan daaroor gestrooi. Niemand het daarvan geweet nie. 20  Die knegte van Absalom het by die vrou in haar huis aangekom en gevra: “Waar is Ahiʹmaäs en Joʹnatan?” Die vrou het geantwoord: “Hulle het hier verbygekom en in die rigting van die rivier gegaan.”+ Die manne het toe na hulle gesoek, maar hulle nie gekry nie. Hulle het dus na Jerusalem teruggekeer. 21  Nadat die manne weggegaan het, het hulle uit die put geklim en vir koning Dawid gaan sê: “Staan op en trek dadelik deur die rivier,” en hulle het hom vertel watter raad Agitoʹfel gegee het.+ 22  Dawid en al die mense by hom het onmiddellik opgestaan en deur die Jordaanrivier getrek. Teen dagbreek het almal reeds deur die Jordaanrivier getrek. 23  Toe Agitoʹfel sien dat sy raad nie gevolg is nie, het hy ’n donkie opgesaal en na sy huis in sy tuisdorp gegaan.+ Nadat hy instruksies aan sy huisgesin gegee het,+ het hy homself opgehang.*+ Hy het gesterf en is in die graf van sy voorvaders begrawe. 24  Dawid het intussen na Mahanaʹim+ gegaan, en Absalom het met al die manne van Israel deur die Jordaanrivier getrek. 25  Absalom het Amaʹsa+ in die plek van Joab+ oor die leërmag aangestel. Amaʹsa was die seun van Jitra, die Israeliet, wat seksuele omgang gehad het met Abiʹgail,+ die dogter van Nahas, die suster van Seruʹja, Joab se ma. 26  Israel en Absalom het in die land Giʹlead+ kamp opgeslaan. 27  Toe Dawid by Mahanaʹim kom, het Sobi, die seun van Nahas uit Rabba+ van die Ammoniete, Magir,+ die seun van Ammiʹël uit Lo-Debar, en Barsilʹlai,+ die Gileadiet uit Roʹgelim, na hom toe gekom. 28  Hulle het beddens, komme, kleipotte, koring, gars, meel, geroosterde graan, boerbone, lensies, gebraaide graan, 29  heuning, botter, skape en kaas* gebring. Hulle het dit alles vir Dawid en die mense by hom gebring om te eet,+ want hulle het gesê: “Die mense is honger en moeg en dors in die wildernis.”+

Voetnote

Of “slap van hande”.
Of “gate; klowe”.
Lett. “wie se hart soos die hart van ’n leeu is”.
Of “beveel”.
Lett. “ingesluk”.
Of moontlik “die woestynvlaktes”.
Of “verwurg”.
Lett. “dikmelkkaas van beeste”.