Die tweede boek van Samuel 19:1-43

  • Dawid treur oor Absalom (1-4)

  • Joab wys Dawid tereg (5-8a)

  • Dawid gaan terug na Jerusalem (8b-15)

  • Simeï vra om vergifnis (16-23)

  • Mefiboset is onskuldig (24-30)

  • Barsillai geëer (31-40)

  • Argument tussen manne van Israel en manne van Juda (41-43)

19  Daar is vir Joab gesê: “Die koning huil en treur oor Absalom.”+  So het die blydskap oor die oorwinning* op daardie dag vir al die mense in hartseer verander omdat hulle gehoor het dat die koning oor sy seun treur.  Op daardie dag het die mense stilletjies na die stad+ teruggekeer soos mense wat skaam is omdat hulle in die geveg gevlug het.  Die koning het sy gesig bedek en met ’n harde stem bly uitroep: “My seun Absalom! Absalom my seun, my seun!”+  Toe het Joab na die koning toe gegaan by sy huis en gesê: “Vandag het u al u knegte verneder wat u lewe en die lewens van u seuns,+ u dogters,+ u vrouens en u byvrouens+ gered het.  U is lief vir dié wat u haat en haat dié wat vir u lief is, want u het vandag duidelik getoon dat u hoofde en knegte niks vir u beteken nie. Ek is seker dat u tevrede sou gewees het solank Absalom vandag gelewe het, al was die res van ons dood.  Staan nou op, gaan uit en stel u knegte gerus,* want ek sweer by Jehovah dat geen man vannag by u sal bly as u nie uitgaan nie. Dit sal vir u erger wees as al die slegte dinge wat van u jong dae af tot nou toe oor u gekom het.”  Toe het die koning opgestaan en in die stadspoort gaan sit, en daar is vir al die mense gesê: “Die koning sit nou in die poort.” En al die mense het na die koning toe gegaan. Maar die res van die Israeliete* het na hulle huise toe gevlug.+  Al die mense van al die stamme van Israel het onder mekaar gestry en gesê: “Die koning het ons van ons vyande gered,+ en hy het ons van die Filistyne gered, maar nou het hy uit die land gevlug weens Absalom.+ 10  En Absalom, wat ons oor ons gesalf het,+ het in die geveg gesterf.+ Hoekom doen julle dan niks om die koning terug te bring nie?” 11  Koning Dawid het hierdie boodskap aan die priesters Sadok+ en Abjaʹtar+ gestuur: “Sê vir die ouermanne van Juda:+ ‘Die koning het in sy huis die woorde van die hele Israel gehoor. Hoekom is julle die laastes om die koning na sy paleis terug te bring? 12  Julle is my broers, my eie vlees en bloed. Hoekom is julle die laastes om die koning terug te bring?’ 13  En julle moet vir Amaʹsa+ sê: ‘Is jy nie my eie vlees en bloed nie? Mag God my swaar straf* as jy nie van nou af die hoof van my leërmag word in die plek van Joab nie.’”+ 14  Hy het die harte van al die manne van Juda gewen,* en hulle het vir die koning ’n boodskap gestuur en gesê: “Kom terug, u en al u knegte.” 15  En die koning het teruggegaan en by die Jordaanrivier gekom. Die mense van Juda het na Gilgal+ toe gegaan om die koning te ontmoet en om saam met hom oor die Jordaanrivier te gaan. 16  Toe het Siʹmeï,+ die seun van Gera, ’n Benjaminiet uit Bahuʹrim, haastig saam met die manne van Juda afgegaan om koning Dawid te ontmoet, 17  en daar was 1 000 manne van Benjamin by hom. Siba,+ die dienaar van die huis van Saul, en sy 15 seuns en 20 knegte het haastig na die Jordaanrivier gegaan sodat hulle voor die koning daar kon aankom. 18  Hy* het deur die drif gegaan om die koning se huisgesin oor te help en om te doen wat die koning ook al wou hê. Toe die koning op die punt gestaan het om deur die Jordaanrivier te trek, het Siʹmeï, die seun van Gera, voor hom neergeval. 19  Hy het vir die koning gesê: “Vergewe my vir wat ek gedoen het, my heer, en moenie dink aan wat u kneg verkeerd gedoen het+ op die dag dat my heer die koning uit Jerusalem vertrek het nie. Die koning moet dit asseblief nie teen my hou nie, 20  want u kneg weet goed dat ek gesondig het. Daarom is ek vandag die eerste een van die hele huis van Josef wat gekom het om my heer die koning te ontmoet.” 21  Abiʹsai,+ die seun van Seruʹja,+ het dadelik gesê: “Moet Siʹmeï nie doodgemaak word omdat hy die gesalfde van Jehovah vervloek het nie?”+ 22  Maar Dawid het gesê: “Wat het dit met julle te doen, seuns van Seruʹja?+ Hoekom wil julle my vandag teëstaan? Moet enigiemand vandag in Israel doodgemaak word? Het ek nie vandag weer koning oor Israel geword nie?” 23  Toe het die koning vir Siʹmeï gesê: “Jy sal nie sterf nie.” En die koning het dit met ’n eed bevestig.+ 24  Mefiboʹset,+ die kleinseun van Saul, het ook gekom om die koning te ontmoet. Hy het nie sy voete versorg of sy snor geknip of sy klere gewas van die dag af dat die koning weggegaan het tot die dag dat hy in vrede teruggekom het nie. 25  Toe hy by* Jerusalem kom om die koning te ontmoet, het die koning vir hom gevra: “Hoekom het jy nie saam met my gegaan nie, Mefiboʹset?” 26  Toe het hy geantwoord: “My heer die koning, my kneg+ het my bedrieg. Want ek het gesê: ‘Ek sal vir my ’n donkie laat opsaal sodat ek daarop kan ry en saam met die koning kan gaan,’ want u kneg is gebreklik.+ 27  Maar hy het my valslik beskuldig by my heer die koning.+ My heer die koning is egter soos ’n engel van die ware God. Doen dus met my wat u goedvind. 28  My heer die koning kon die hele huisgesin van my vader laat doodmaak het, en tog het u aan u kneg ’n plek gegee by dié wat aan u tafel eet.+ Watter reg het ek dan om nog iets van die koning te vra?” 29  Maar die koning het vir hom gesê: “Hoekom praat jy nog hieroor? Ek het besluit dat jy en Siba die grond moet deel.”+ 30  Mefiboʹset het toe vir die koning gesê: “Hy kan maar alles kry, want my heer die koning het in vrede na sy huis toe gekom.” 31  Barsilʹlai,+ die Gileadiet, het uit Roʹgelim gekom sodat hy saam met die koning na die Jordaanrivier kon gaan. 32  Barsilʹlai was baie oud, 80 jaar oud. En hy het die koning in Mahanaʹim van kos voorsien terwyl die koning daar gebly het,+ want hy was ’n baie ryk man. 33  Toe het die koning vir Barsilʹlai gesê: “Trek saam met my oor, en ek sal jou in Jerusalem van kos voorsien.”+ 34  Maar Barsilʹlai het vir die koning gesê: “Hoeveel langer sal ek nog lewe dat ek saam met die koning na Jerusalem sou opgaan? 35  Ek is vandag 80 jaar oud.+ Kan ek onderskei tussen wat goed en wat sleg is? Kan ek, u kneg, proe wat ek eet en drink? Kan ek nog na die stem van sangers en sangeresse luister?+ Hoekom moet u kneg dan ’n las vir my heer die koning word? 36  Dit is vir my genoeg dat u kneg die koning na die Jordaanrivier kon bring. Hoekom wil die koning my nog hierdie beloning gee? 37  Laat u kneg asseblief terugkeer, en laat my in my stad sterf naby die graf van my pa en my ma.+ Maar hier is u kneg Kimham.+ Laat hy saam met my heer die koning oortrek, en u kan met hom doen wat u goedvind.” 38  Toe het die koning gesê: “Kimham sal saam met my oortrek, en ek sal vir hom doen wat jy wil hê. Ek sal vir jou doen wat jy ook al vra.” 39  Al die mense het toe deur die Jordaanrivier begin trek, en voordat die koning deurgetrek het, het die koning Barsilʹlai+ gesoen en hom geseën. Daarna het Barsilʹlai huis toe gegaan. 40  Toe die koning na Gilgal+ oortrek, het Kimham saam met hom gegaan. Al die mense van Juda en die helfte van die mense van Israel het saam met die koning oorgegaan.+ 41  Toe het al die manne van Israel na die koning toe gekom en vir hom gevra: “Hoekom het ons broers, die manne van Juda, u en u huisgesin en al die manne van Dawid+ in die geheim oor die Jordaanrivier gebring?” 42  Al die manne van Juda het die manne van Israel geantwoord: “Omdat die koning aan ons verwant is.+ Hoekom is julle kwaad hieroor? Het ons enigsins van die koning se kos geëet, of het ons ’n geskenk gekry?” 43  Maar die manne van Israel het die manne van Juda geantwoord en gesê: “Ons is tien stamme, en daarom het ons meer reg op Dawid as julle. Hoekom het julle ons beledig? Moes ons nie die eerstes gewees het om die koning terug te bring nie?” Maar die manne van Juda het die argument teen die manne van Israel gewen.*

Voetnote

Of “redding”.
Lett. “spreek tot die hart van u knegte”.
D.w.s. diegene wat Absalom ondersteun het.
Lett. “so aan my doen en daarby voeg”.
Lett. “gebuig”.
Of moontlik “Hulle”.
Of moontlik “van”.
Of “die woord van die manne van Juda was harder as dié van die manne van Israel”.