Die tweede boek van Samuel 2:1-32

  • Dawid, koning oor Juda (1-7)

  • Is-Boset, koning oor Israel (8-11)

  • Oorlog tussen huis van Dawid en huis van Saul (12-32)

2  Daarna het Dawid Jehovah geraadpleeg+ en gevra: “Moet ek na een van die stede van Juda gaan?” Jehovah het vir hom gesê: “Gaan.” Dawid het toe gevra: “Waarheen moet ek gaan?” En hy het geantwoord: “Na Heʹbron.”+  Toe het Dawid daarheen gegaan saam met sy twee vrouens, Ahiʹnoam+ van Jisʹreël en Abiʹgail,+ die weduwee van Nabal, die Karmeliet.  Dawid het ook die manne wat by hom was+ en hulle gesinne saamgeneem, en hulle het in die stede rondom Heʹbron gaan woon.  Toe het die manne van Juda gekom, en hulle het Dawid daar as koning oor die huis van Juda gesalf.+ Hulle het vir Dawid gesê: “Die manne van Jaʹbes-Giʹlead het Saul begrawe.”  Toe het Dawid boodskappers na die manne van Jaʹbes-Giʹlead gestuur en vir hulle gesê: “Mag Jehovah julle seën, want julle het lojale liefde aan julle heer Saul betoon deur hom te begrawe.+  Mag Jehovah lojale liefde en getrouheid aan julle betoon. Ek sal ook goed wees vir julle omdat julle dit gedoen het.+  Wees dus sterk* en wees moedig, want julle heer Saul is dood, en die huis van Juda het my as koning oor hulle gesalf.”  Maar Abner,+ die seun van Ner, die hoof van Saul se leërmag, het Saul se seun Is-Boset+ geneem en hom na Mahanaʹim+ gebring  en hom koning gemaak oor Giʹlead,+ die Asuriete, Jisʹreël,+ Eʹfraim,+ Benjamin en oor die hele Israel. 10  Saul se seun Is-Boset was 40 jaar oud toe hy koning oor Israel geword het, en hy het twee jaar lank regeer. Maar die huis van Juda het Dawid ondersteun.+ 11  Dawid was sewe jaar en ses maande lank in Heʹbron koning oor die huis van Juda.+ 12  Ná verloop van tyd het Abner, die seun van Ner, en die knegte van Saul se seun Is-Boset van Mahanaʹim+ na Giʹbeon+ gegaan. 13  Joab,+ die seun van Seruʹja,+ en die knegte van Dawid het ook gegaan en hulle by die dam van Giʹbeon ontmoet. Die een groep het aan die een kant van die dam gesit, en die ander groep het aan die ander kant van die dam gesit. 14  Uiteindelik het Abner vir Joab gesê: “Laat die jong manne opstaan en voor ons teen mekaar veg.” Toe het Joab gesê: “Laat hulle dit doen.” 15  Toe het hulle opgestaan en na die ander kant gegaan: 12 Benjaminiete wat aan Saul se seun Is-Boset behoort het en 12 knegte van Dawid. 16  Hulle het mekaar aan die kop gegryp, en elkeen van hulle het sy swaard in die sy van sy teenstander gesteek, en hulle almal het saam dood neergeval. En daardie plek, wat in Giʹbeon is, is Helʹkat-Hasʹsurim genoem. 17  Die geveg wat daardie dag gevolg het, was baie intens, en Abner en die manne van Israel is uiteindelik deur die knegte van Dawid verslaan. 18  Die drie seuns van Seruʹja+ was daar – Joab,+ Abiʹsai+ en Aʹsahel.+ Aʹsahel was so vinnig op sy voete soos ’n wildsbok in die oop veld. 19  Aʹsahel het Abner agternagesit, en hy het nie links of regs agter hom weggedraai nie. 20  Toe het Abner agtertoe gekyk en gevra: “Is dit jy, Aʹsahel?” Hy het geantwoord: “Ja, dit is ek.” 21  Daarna het Abner vir hom gesê: “Hou op om my te agtervolg en vang een van die jong manne en neem vir jou wat jy by hom afvat.” Maar Aʹsahel wou nie ophou om hom te agtervolg nie. 22  En Abner het weer vir Aʹsahel gesê: “Hou op om my te agtervolg. Hoekom moet ek jou doodmaak? Hoe sal ek jou broer Joab in die oë kan kyk?” 23  Maar hy het geweier om op te hou, en daarom het Abner hom met die agterkant van die spies in die maag gesteek,+ en die spies het by sy rug uitgekom. Hy het geval en net daar gesterf. Almal wat by die plek gekom het waar Aʹsahel geval en gesterf het, het ’n rukkie daar stilgestaan. 24  Joab en Abiʹsai het Abner agternagesit. Terwyl die son ondergegaan het, het hulle by die heuwel Amma gekom, wat oorkant Giag op die pad na die wildernis van Giʹbeon is. 25  En die Benjaminiete het agter Abner bymekaargekom, en hulle het een groep gevorm en bo-op ’n sekere heuwel gaan staan. 26  Toe het Abner na Joab geroep en gesê: “Gaan die swaard nooit ophou verslind nie? Besef jy nie dat dit net tot bitterheid sal lei nie? Hoe lank gaan dit nog wees voordat jy vir die manne sê dat hulle moet ophou om hulle broers te agtervolg?” 27  Joab het geantwoord: “So waar as wat die ware God lewe, as jy nie gepraat het nie, sou die manne eers teen die oggend opgehou het om hulle broers te agtervolg.” 28  Joab het toe op die horing geblaas, en sy manne het opgehou om Israel te agtervolg, en die geveg het opgehou. 29  Abner en sy manne het toe daardie hele nag deur die Aʹraba+ getrek en die Jordaanrivier oorgesteek en deur die hele kloof* getrek en uiteindelik by Mahanaʹim+ gekom. 30  Nadat Joab opgehou het om Abner te agtervolg, het hy al die manne bymekaargebring. Aʹsahel en nog 19 van Dawid se knegte is vermis. 31  Maar die knegte van Dawid het die Benjaminiete en die manne van Abner verslaan, en 360 van hulle manne het gesterf. 32  Hulle het Aʹsahel+ geneem en hom begrawe in sy pa se graf, wat in Betlehem+ is. Toe het Joab en sy manne die hele nag verder getrek, en hulle het Heʹbron+ teen dagbreek bereik.

Voetnote

Lett. “Laat julle hande sterk wees”.
Of moontlik “deur die hele Bitron”.