Die tweede boek van Samuel 21:1-22

  • Wraak op huis van Saul namens Gibeoniete (1-14)

  • Oorloë teen Filistyne (15-22)

21  In Dawid se tyd was daar drie jaar lank hongersnood.+ Dawid het Jehovah vir leiding gevra, en Jehovah het gesê: “Daar is bloedskuld op Saul en op sy huis omdat hy die Gibeoniete doodgemaak het.”+  Toe het die koning die Gibeoniete+ geroep en met hulle gepraat. (Terloops, die Gibeoniete was nie Israeliete nie. Hulle was ’n oorblyfsel van die Amoriete,+ en die Israeliete het gesweer dat hulle hulle nie sou doodmaak nie.+ Maar Saul het hulle probeer uitroei weens sy ywer vir die mense van Israel en Juda.)  Dawid het vir die Gibeoniete gevra: “Wat moet ek vir julle doen, en hoe kan ek versoening doen sodat julle die erfdeel van Jehovah sal seën?”  Die Gibeoniete het vir hom gesê: “Silwer en goud kan nie vergoed+ vir wat Saul en sy huis aan ons gedoen het nie, en ons het nie die reg om enigiemand in Israel dood te maak nie.” Toe het hy gesê: “Ek sal doen wat julle ook al sê.”  Hulle het vir die koning gesê: “Die man wat ons wou uitroei en wat planne beraam het sodat nie een van ons in die gebied van Israel moet oorbly nie+  laat sewe van sy seuns aan ons gegee word. Ons sal hulle dooie liggame*+ voor Jehovah ophang* in Giʹbea+ van Saul, die uitverkorene van Jehovah.”+ Toe het die koning gesê: “Ek sal hulle vir julle gee.”  Maar die koning het genade betoon aan Mefiboʹset,+ die seun van Joʹnatan, die seun van Saul, as gevolg van die eed wat Dawid en Joʹnatan,+ die seun van Saul, voor Jehovah afgelê het.  Daarom het die koning die twee seuns geneem wat Rispa,+ die dogter van Aja, by Saul gehad het, naamlik Armoʹni en Mefiboʹset, sowel as die vyf seuns wat Migal,*+ die dogter van Saul, by Aʹdriël,+ die seun van Barsilʹlai, die Meholatiet, gehad het.  Toe het hy hulle aan die Gibeoniete oorgelewer, wat hulle dooie liggame op die berg voor Jehovah opgehang het.+ Al sewe het saam gesterf. Hulle is in die eerste dae van die oes, aan die begin van die gars-oes, doodgemaak. 10  Rispa,+ die dogter van Aja, het toe saklinne geneem en dit op die rots uitgesprei van die begin van die oes af totdat daar reën op hulle liggame geval het. Sy het nie toegelaat dat die voëls van die hemel in die dag op hulle gaan sit nie en ook nie dat die wilde diere van die veld in die nag naby hulle kom nie. 11  Dawid het gehoor wat Saul se byvrou Rispa, die dogter van Aja, gedoen het. 12  Toe het Dawid al die beendere van Saul en van sy seun Joʹnatan gaan haal by die leiers* van Jaʹbes-Giʹlead,+ wat dit op die openbare plein van Bet-San gaan steel het, waar die Filistyne hulle opgehang het op die dag toe die Filistyne Saul op Gilboʹa doodgemaak het.+ 13  Hy het die beendere van Saul en van sy seun Joʹnatan van daar af gebring, en hulle het ook die beendere bymekaargemaak van die manne wat doodgemaak* is.+ 14  Toe het hulle die beendere van Saul en van sy seun Joʹnatan in die graf van Kis,+ Saul se pa, in Sela+ in die land van Benjamin begrawe. Nadat hulle alles gedoen het wat die koning beveel het, het God na hulle smekinge vir die land geluister.+ 15  Daar was weer eens oorlog tussen die Filistyne en Israel.+ Toe het Dawid en sy knegte teen die Filistyne gaan veg, maar Dawid het baie moeg geword. 16  ’n Nakomeling van die Refaïete+ met die naam Jisbi-Benob was van plan om Dawid dood te maak. Hy het ’n koperspies gehad wat 300 sikkels* geweeg het,+ en hy was gewapen met ’n nuwe swaard. 17  Abiʹsai,+ die seun van Seruʹja, het dadelik tot sy redding gekom+ en die Filistyn doodgemaak. Toe het die manne van Dawid by hom aangedring:* “U moenie meer saam met ons gaan veg nie!+ Die lamp van Israel mag nie uitgedoof word nie!”+ 18  Daarna het daar weer oorlog teen die Filistyne uitgebreek+ in Gob. Toe is Saf, ’n nakomeling van die Refaïete,+ deur Sibʹbegai,+ die Husatiet, doodgemaak. 19  En daar het weer oorlog teen die Filistyne uitgebreek+ in Gob, en Elhaʹnan, die seun van Jaʹäre-Oʹregim, die Betlehemiet, het Goʹliat, die Gittiet, doodgemaak. Die steel van Goʹliat se spies was so groot soos die balk van ’n weefraam.+ 20  Oorlog het weer uitgebreek in Gat, waar daar ’n man was wat buitengewoon groot was, met 6 vingers aan elke hand en 6 tone aan elke voet, altesaam 24. Hy was ook ’n nakomeling van die Refaïete.+ 21  Hy het Israel bly uittart,+ en Joʹnatan, die seun van Dawid se broer Siʹmeï,+ het hom doodgemaak. 22  Hierdie vier manne was nakomelinge van die Refaïete in Gat, en hulle is deur Dawid en sy knegte doodgemaak.+

Voetnote

Lett. “ontbloot”, d.w.s. ontbloot met gebreekte arms en bene.
Lett. “Ons sal hulle”.
Of moontlik “Merab”.
Of moontlik “grondeienaars”.
Lett. “ontbloot”.
Omtrent 3,42 kg. Sien Aanh. B14.
Lett. “gesweer”.