Die tweede boek van Samuel 24:1-25

  • Dawid se sonde in verband met sensus (1-14)

  • Vreeslike siekte veroorsaak dood van 70 000 (15-17)

  • Dawid bou ’n altaar (18-25)

    • Geen offerandes sonder koste (24)

24  Jehovah se woede het weer teen Israel opgevlam+ toe iemand Dawid teen hulle aangehits het* met die woorde: “Gaan tel+ Israel en Juda.”+  Toe het die koning vir Joab,+ die hoof van die leërmag, wat by hom was, gesê: “Gaan asseblief deur al die stamme van Israel, van Dan tot Berseʹba,+ en registreer die volk sodat ek kan weet hoeveel mense* daar is.”  Maar Joab het vir die koning gesê: “Mag Jehovah u God die volk 100 keer groter maak en mag die oë van my heer die koning dit sien. Hoekom wil my heer die koning so iets doen?”  Maar die koning het geweier om na Joab te luister, en daarom het Joab en die hoofde van die leërmag van die koning af weggegaan om die Israeliete te registreer.+  Hulle het deur die Jordaanrivier getrek en kamp opgeslaan by Aʹroër,+ regs* van die stad wat in die middel van die vallei* is, en hulle het in die rigting van die gebied van die Gadiete en na Jaser+ gegaan.  Toe het hulle na Giʹlead+ en die land Tagtim-Hodsi gegaan, en daarna het hulle na Dan-Jaän en toe verder noord na Sidon+ gegaan.  Toe het hulle na die vestingstad Tirus+ en na al die stede van die Hewiete+ en die Kanaäniete gegaan, en uiteindelik het hulle die Negeb+ van Juda in Berseʹba+ bereik.  So het hulle deur die hele land gegaan en ná nege maande en 20 dae by Jerusalem gekom.  Joab het toe vir die koning die getal gegee van almal wat geregistreer is. In Israel was daar 800 000 vegters met swaarde, en in Juda was daar 500 000.+ 10  Maar Dawid se hart* het hom veroordeel+ nadat hy die volk getel het. Toe het Dawid vir Jehovah gesê: “Ek het ’n baie groot sonde gepleeg.+ Vergewe nou asseblief u kneg se oortreding,+ Jehovah, want ek het baie onverstandig opgetree.”+ 11  Toe Dawid die oggend opstaan, het Jehovah vir die profeet Gad,+ Dawid se siener, gesê: 12  “Gaan sê vir Dawid: ‘Dít is wat Jehovah sê: “Ek gee jou drie opsies. Kies die een wat ek oor jou moet bring.”’”+ 13  Toe het Gad na Dawid gegaan en vir hom gevra: “Moet sewe jaar van hongersnood oor jou land kom?+ Of moet jy drie maande lank voor jou vyande vlug terwyl hulle jou agternasit?+ Of moet daar drie dae lank ’n vreeslike siekte in jou land wees?+ Dink nou mooi na oor watter antwoord ek vir die Een moet gee wat my gestuur het.” 14  Toe het Dawid vir Gad gesê: “Ek weet nie watter kant toe nie. Laat ons asseblief in Jehovah se hande val,+ want hy is baie genadig,+ maar moenie dat ek in mense se hande val nie.”+ 15  Toe het Jehovah Israel van die oggend tot die vasgestelde tyd met ’n vreeslike siekte+ getref, en van Dan tot Berseʹba+ het 70 000 mense gesterf.+ 16  Toe die engel sy hand na Jerusalem uitsteek om dit te verwoes, het Jehovah jammer gevoel vir sy volk,*+ en hy het vir die engel wat verwoesting gebring het, gesê: “Dit is genoeg! Laat jou hand sak.” Jehovah se engel was naby die dorsvloer van Arauʹna,+ die Jebusiet.+ 17  Toe Dawid die engel sien wat die mense doodmaak, het hy vir Jehovah gesê: “Ek is die een wat gesondig het, en ek is die een wat verkeerd opgetree het. Maar wat het hierdie skape+ gedoen? Laat u hand asseblief teen my en die huis van my vader kom.”+ 18  Toe het Gad op daardie dag na Dawid toe gegaan en vir hom gesê: “Gaan na die dorsvloer van Arauʹna, die Jebusiet,+ en rig daar vir Jehovah ’n altaar op.” 19  Dawid het soontoe gegaan, net soos Jehovah hom deur middel van Gad beveel het. 20  Toe Arauʹna afkyk en die koning en sy knegte na hom toe sien kom, het Arauʹna dadelik uitgegaan en voor die koning neergebuig met sy gesig na die grond toe. 21  Arauʹna het gevra: “Hoekom het my heer die koning na sy kneg toe gekom?” Dawid het geantwoord: “Om die dorsvloer by jou te koop om vir Jehovah ’n altaar te bou, sodat die plaag onder die mense kan ophou.”+ 22  Maar Arauʹna het vir Dawid gesê: “My heer die koning kan dit neem en enige offerande daar offer wat hy wil.* Hier is die beeste vir die brandoffer en die dorsslee en die toerusting van die beeste wat u as hout kan gebruik. 23  Ek gee dit alles aan u, o koning.” Toe het Arauʹna vir die koning gesê: “Mag u die goedkeuring geniet van Jehovah u God.” 24  Maar die koning het vir Arauʹna gesê: “Nee, ek moet dit teen ’n prys van jou koop. Ek sal nie vir Jehovah my God brandoffers offer wat my niks kos nie.” Dawid het toe die dorsvloer en die beeste vir 50 sikkels* silwer gekoop.+ 25  En Dawid het daar vir Jehovah ’n altaar gebou+ en brandoffers en vrede-offers* geoffer. Jehovah het na die smeekgebede vir die land geluister,+ en die plaag teen Israel het opgehou.

Voetnote

Of “toe Dawid teen hulle aangehits is”.
Verwys blykbaar na manne wat oud genoeg was om in die leërmag te dien.
Of “suid”.
Of “wadi”. Sien Woordelys.
Of “gewete”.
Of “het Jehovah spyt gevoel oor die rampspoed”.
Lett. “wat goed is in sy oë”.
’n Sikkel was gelyk aan 11,4 g. Sien Aanh. B14.
Of “gemeenskapsoffers”.