Die tweede boek van Samuel 3:1-39

  • Huis van Dawid word sterker (1)

  • Dawid se seuns (2-5)

  • Abner begin Dawid ondersteun (6-21)

  • Joab maak Abner dood (22-30)

  • Dawid treur oor Abner (31-39)

3  Die oorlog tussen die huis van Saul en die huis van Dawid het lank aangehou. Dawid het al hoe sterker geword,+ en die huis van Saul het geleidelik swakker geword.+  Intussen is daar vir Dawid seuns in Heʹbron gebore.+ Sy eersgeborene was Amnon+ by Ahiʹnoam+ van Jisʹreël.  Sy tweede was Kiʹleab by Abiʹgail,+ die weduwee van Nabal, die Karmeliet. Die derde was Absalom,+ die seun van Maʹäga, die dogter van koning Talmai+ van Gesur.  Die vierde was Adoʹnia,+ die seun van Haggit, en die vyfde was Sefatʹja, die seun van Abiʹtal.  Die sesde was Jitʹream by Dawid se vrou Egla. Hierdie seuns van Dawid is in Heʹbron gebore.  Terwyl die oorlog tussen die huis van Saul en die huis van Dawid voortgeduur het, het Abner+ sy posisie in die huis van Saul bly versterk.  En Saul het ’n byvrou gehad met die naam Rispa,+ die dogter van Aja. Later het Is-Boset+ vir Abner gesê: “Hoekom het jy by my pa se byvrou geslaap?”+  Abner het baie kwaad geword oor die woorde van Is-Boset en het gesê: “Is ek ’n hond* uit Juda? Ek het tot vandag toe lojale liefde aan die huis van jou pa, Saul, en aan sy broers en sy vriende betoon, en ek het jou nie in Dawid se hande laat val nie. Maar vandag kom soek jy ’n verduideliking by my oor ’n oortreding met ’n vrou.  Mag God my swaar straf* as ek nie vir Dawid doen net soos Jehovah vir hom gesweer het nie,+ 10  naamlik om die koninkryk van die huis van Saul weg te neem en om die troon van Dawid te vestig oor Israel en oor Juda, van Dan tot Berseʹba.”+ 11  Is-Boset het nie gewaag om enigiets verder te sê nie, want hy was bang vir Abner.+ 12  Abner het onmiddellik boodskappers na Dawid toe gestuur en gesê: “Aan wie behoort die land?” Hy het bygevoeg: “Maak ’n verbond met my, en ek sal alles doen wat ek kan* om die hele Israel aan u kant te kry.”+ 13  Hy het geantwoord: “Goed. Ek sal ’n verbond met jou maak. Al wat ek vra, is dat jy nie na my toe moet kom tensy jy Migal,+ Saul se dogter, saambring nie.” 14  Toe het Dawid boodskappers na Is-Boset,+ Saul se seun, gestuur en gesê: “Gee my vrou Migal terug, aan wie ek verloof geraak het vir 100 voorhuide van die Filistyne.”+ 15  Toe het Is-Boset haar laat wegneem van haar man Palʹtiël,+ die seun van Lajis. 16  Maar haar man het saam met haar bly loop en gehuil terwyl hy agter haar aan geloop het tot by Bahuʹrim.+ Toe het Abner vir hom gesê: “Gaan terug!” En hy het teruggegaan. 17  Intussen het Abner ’n boodskap aan die ouermanne van Israel gestuur en gesê: “Julle wil Dawid al lankal as koning oor julle hê. 18  Tree dan nou op, want Jehovah het vir Dawid gesê: ‘Deur die hand van my kneg Dawid+ sal ek my volk Israel van die Filistyne en van al hulle vyande red.’” 19  Toe het Abner met die Benjaminiete+ gepraat. Abner het ook privaat met Dawid in Heʹbron gaan praat om vir hom te sê wat Israel en die hele huis van Benjamin besluit het. 20  Toe Abner en 20 manne by Dawid in Heʹbron kom, het Dawid ’n feesmaal gehou vir Abner en die manne by hom. 21  Abner het toe vir Dawid gesê: “Laat ek gaan en die hele Israel by my heer die koning bymekaarbring, sodat hulle ’n verbond met u kan maak, en u sal koning word oor alles wat u begeer.” Daarna het Dawid Abner weggestuur, en hy het in vrede weggegaan. 22  Kort daarna het Dawid se knegte en Joab van ’n strooptog af teruggekom, en hulle het baie goed saamgebring wat hulle by hulle vyande gevat het. Abner was nie meer by Dawid in Heʹbron nie, want hy het hom in vrede weggestuur. 23  Toe Joab+ en die hele leërmag wat by hom was, daar aankom, is daar vir Joab gesê: “Abner,+ die seun van Ner,+ het na die koning toe gekom, en hy het hom weggestuur, en hy het in vrede weggegaan.” 24  Toe het Joab na die koning toe gegaan en gesê: “Wat het u gedoen? Abner het na u toe gekom. Hoekom het u hom laat wegkom? 25  U ken Abner, die seun van Ner! Hy het gekom om u te mislei en om uit te vind waarmee u besig is en wat u alles doen.” 26  Joab het toe van Dawid af weggegaan en boodskappers agter Abner aan gestuur, en hulle het hom toe van die reënput van Sira af teruggebring. Maar Dawid het niks daarvan geweet nie. 27  Toe Abner na Heʹbron+ terugkeer, het Joab hom binne die poort eenkant toe geneem asof hy alleen met hom wou praat. Maar daar het hy hom in die maag gesteek, en hy het gesterf.+ Joab het dit gedoen omdat Abner sy broer Aʹsahel doodgemaak het.*+ 28  Toe Dawid later daarvan hoor, het hy gesê: “Ek en my koninkryk is vir ewig onskuldig voor Jehovah oor die bloed+ van Abner, die seun van Ner. 29  Mag Joab en die hele huis van sy vader gestraf word.*+ Mag daar in Joab se huis altyd ’n man wees wat ’n afskeiding+ het of melaats+ is of wat by ’n spinwiel werk* of deur die swaard val of nie genoeg kos het nie!”+ 30  Joab en sy broer Abiʹsai+ het Abner+ doodgemaak omdat hy hulle broer Aʹsahel in die geveg+ by Giʹbeon doodgemaak het. 31  Toe het Dawid vir Joab en al die manne by hom gesê: “Skeur julle klere en bind saklinne om julle en huil oor Abner.” Koning Dawid het self agter die draagbaar geloop waarop die lyk gedra is. 32  Hulle het Abner in Heʹbron begrawe. En die koning het hard gehuil by Abner se graf, en almal het begin huil. 33  Die koning het die volgende treurlied oor Abner gesing: “Moes Abner soos ’n verstandelose sterf? 34  Jou hande was nie gebind nie,en jou voete was nie in boeie* nie. Jy het gesterf soos iemand wat deur misdadigers* doodgemaak is.”+ Toe het almal weer oor hom gehuil. 35  Later, terwyl dit nog dag was, het al Dawid se manne gekom om hom te probeer oorreed om iets te eet,* maar Dawid het gesweer: “Mag God my swaar straf* as ek my mond aan brood of enigiets anders sit voordat die son ondergaan!”+ 36  Almal het dit gesien, en dit was goed in hulle oë. Soos alles wat die koning gedoen het, was dit goed in hulle oë. 37  En al Dawid se manne en die hele Israel het op daardie dag geweet dat die koning nie verantwoordelik was vir die dood van Abner, die seun van Ner, nie.+ 38  Toe het die koning vir sy knegte gesê: “Weet julle nie dat ’n leier en ’n magtige man vandag in Israel dood is nie?+ 39  Vandag is ek swak, al is ek as koning gesalf,+ en hierdie manne, die seuns van Seruʹja,+ is te wreed vir my.+ Mag Jehovah die een wat doen wat sleg is, die straf gee wat hy verdien.”+

Voetnote

Lett. “hondekop”.
Lett. “so aan my doen en daarby voeg”.
Lett. “en kyk! my hand is met u”.
Lett. “vir die bloed van sy broer Asahel”.
Of “Mag dit op die kop van . . . terugkom”.
Verwys moontlik na ’n kreupel man wat die werk van ’n vrou moet doen.
Lett. “koper”.
Lett. “die seuns van onregverdigheid”.
Of “om Dawid brood vir vertroosting te gee”.
Lett. “so aan my doen en daarby voeg”.