Die tweede boek van Samuel 8:1-18

  • Dawid se oorwinnings (1-14)

  • Dawid se administrasie (15-18)

8  Later het Dawid die Filistyne+ verslaan en hulle onderwerp,+ en Dawid het Meteg-Amma by die Filistyne afgevat.  Hy het die Moabiete+ verslaan en hulle in ’n ry op die grond laat lê. Hy het die ry met ’n tou gemeet om twee-derdes van hulle dood te maak en ’n derde van hulle te laat lewe.+ En die Moabiete het Dawid se knegte geword en het skatting* betaal.+  Dawid het Hadadeʹser, die seun van Rehob, die koning van Soba,+ verslaan toe Hadadeʹser op pad was om sy beheer oor die gebied by die Eufraatrivier+ te herstel.  Dawid het 1 700 van sy perderuiters en 20 000 van sy voetsoldate gevange geneem. Toe het Dawid die hakskeensenings van al die strydwaperde+ afgesny, maar hy het 100 van die perde laat oorbly.  Die Siriërs van Damaskus+ het koning Hadadeʹser van Soba kom help, en Dawid het 22 000 van die Siriërs doodgemaak.+  Dawid het toe groepe soldate in Sirië van Damaskus gestasioneer, en die Siriërs het Dawid se knegte geword en het skatting* betaal. Waar Dawid ook al gegaan het, het Jehovah hom die oorwinning* gegee.+  Dawid het ook die ronde skilde van goud van die knegte van Hadadeʹser na Jerusalem gebring.+  Koning Dawid het baie koper geneem uit Betag en Berotaiʹ, stede van Hadadeʹser.  Koning Toï van Hamat+ het gehoor dat Dawid die hele leërmag van Hadadeʹser verslaan het.+ 10  Daarom het Toï sy seun Joram na koning Dawid toe gestuur om sy groete oor te dra en hom geluk te wens omdat hy Hadadeʹser verslaan het (want Hadadeʹser het dikwels teen Toï geveg). Hy het voorwerpe van silwer, goud en koper saamgebring. 11  Koning Dawid het dit vir Jehovah geheilig, net soos hy gedoen het met die silwer en die goud wat hy geneem het van al die nasies wat hy onderwerp het:+ 12  van Sirië en Moab,+ van die Ammoniete, die Filistyne,+ die Amalekiete+ en van Hadadeʹser,+ die seun van Rehob, die koning van Soba. 13  Dawid het ook ’n groot naam vir homself gemaak nadat hy 18 000 Edomiete in die Soutvallei doodgemaak het.+ 14  Hy het groepe soldate in Edom gestasioneer. In die hele Edom het hy groepe soldate gestasioneer, en al die Edomiete het Dawid se knegte geword.+ Waar Dawid ook al gegaan het, het Jehovah hom die oorwinning* gegee.+ 15  Dawid het oor die hele Israel bly regeer,+ en hy was ’n regverdige regter+ vir sy hele volk.+ 16  Joab,+ die seun van Seruʹja, was oor die leërmag, en Joʹsafat,+ die seun van Ahiʹlud, was die geskiedskrywer. 17  Sadok,+ die seun van Ahiʹtub, en Ahimeʹleg, die seun van Abjaʹtar, was priesters, en Seraʹja was die sekretaris. 18  Benaʹja,+ die seun van Jojaʹda, was oor die Keretiete en die Peletiete.+ En Dawid se seuns het hoofamptenare* geword.

Voetnote

Of “redding”.
Of “redding”.
Lett. “priesters”.