Die tweede boek van Samuel 9:1-13

  • Dawid se lojale liefde vir Mefiboset (1-13)

9  Dawid het toe gevra: “Is daar iemand oor van die huis van Saul aan wie ek lojale liefde kan betoon ter wille van Joʹnatan?”+  Toe is ’n kneg van die huis van Saul met die naam Siba+ gevra om na Dawid toe te gaan, en die koning het vir hom gevra: “Is jy Siba?” Hy het geantwoord: “Ja, ek is u kneg.”  En die koning het gesê: “Is daar iemand oor van die huis van Saul aan wie ek die lojale liefde van God kan betoon?” Siba het vir die koning gesê: “Daar is nog ’n seun van Joʹnatan. Albei sy voete is gebreklik.”+  Die koning het vir hom gevra: “Waar is hy?” Siba het geantwoord: “Hy is in die huis van Magir,+ die seun van Ammiʹël, in Lo-Debar.”  Koning Dawid het hom onmiddellik by die huis van Magir, die seun van Ammiʹël, in Lo-Debar laat haal.  Toe Mefiboʹset, die seun van Joʹnatan, die seun van Saul, by Dawid kom, het hy dadelik op sy knieë geval en met sy gesig na die grond toe neergebuig. Toe het Dawid gesê: “Mefiboʹset!” Hy het geantwoord: “Hier is u kneg.”  Dawid het vir hom gesê: “Moenie bang wees nie, want ek sal vir seker lojale liefde+ aan jou betoon ter wille van jou pa, Joʹnatan, en ek sal al die grond van jou oupa, Saul, aan jou teruggee, en jy sal altyd aan my tafel eet.”*+  Hy het toe neergebuig en gesê: “Wat is u kneg dat u aandag skenk aan ’n dooie hond+ soos ek?”  Die koning het Siba, Saul se dienaar, laat roep en vir hom gesê: “Alles wat aan Saul en aan sy hele huis behoort het, gee ek aan die kleinseun van jou meester.+ 10  Jy moet die grond vir hom bewerk, jy en jou seuns en jou knegte, en jy moet die opbrengs insamel om kos te voorsien aan almal wat aan die kleinseun van jou meester behoort. Maar Mefiboʹset, die kleinseun van jou meester, sal altyd aan my tafel eet.”+ En Siba het 15 seuns en 20 knegte gehad.+ 11  Toe het Siba vir die koning gesê: “U kneg sal alles doen wat my heer die koning beveel.” Mefiboʹset het toe aan Dawid se* tafel geëet soos een van die koning se seuns. 12  Mefiboʹset het ook ’n jong seun gehad met die naam Miga.+ En almal wat in die huis van Siba gewoon het, het knegte van Mefiboʹset geword. 13  En Mefiboʹset het in Jerusalem gewoon omdat hy altyd aan die tafel van die koning geëet het.+ Albei sy voete was gebreklik.+

Voetnote

Lett. “aan my tafel brood eet”.
Of moontlik “aan my”.