Die tweede brief aan die Tessalonisense 3:1-18

  • Hou aan bid (1-5)

  • Waarskuwing teen wanordelike gedrag (6-15)

  • Groete (16-18)

3  Laastens, broers, hou aan om vir ons te bid,+ dat die woord van Jehovah* sal aanhou om vinnig te versprei+ en verheerlik sal word, net soos dit by julle die geval is,  en dat ons van slegte en goddelose mense gered sal word,+ want geloof is nie iets wat alle mense besit nie.+  Maar die Here is getrou, en hy sal julle versterk en julle teen die Duiwel* beskerm.  Wat meer is, ons het vertroue in die Here dat julle ons instruksies uitvoer en sal aanhou om dit uit te voer.  Mag die Here aanhou om julle te help* om lief te wees vir God+ en om vir die Christus te volhard.+  Broers, ons gee dan nou in die naam van ons Here Jesus Christus instruksies aan julle om elke broer te vermy wat hom wanordelik gedra+ en nie lewe volgens die tradisies* wat julle* van ons ontvang het nie.+  Want julle weet self hoe julle ons behoort na te volg,+ want ons het ons nie wanordelik onder julle gedra nie,  en ons het ook niemand se kos geëet sonder om daarvoor te betaal nie.+ Nee, ons het dag en nag hard gewerk en ons ingespan sodat ons nie ’n duur las op enigeen van julle sou wees nie.+  Nie dat ons nie gesag het nie,+ maar ons wou vir julle ’n voorbeeld stel.+ 10  Om die waarheid te sê, toe ons by julle was, het ons altyd vir julle hierdie bevel gegee: “As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.”+ 11  Want ons hoor dat party hulle wanordelik onder julle gedra+ en glad nie werk nie, maar hulle meng in met dinge wat niks met hulle te doen het nie.+ 12  Ons beveel sulke mense en spoor hulle aan in die naam van die Here Jesus Christus om hulle aandag by hulle werk te bepaal en hulle kos self te verdien.+ 13  Broers, julle moenie ophou om te doen wat goed is nie. 14  Maar as iemand nie gehoorsaam is aan ons woorde in hierdie brief nie, moet julle hom merk* en ophou om met hom te assosieer,+ sodat hy skaam kan kry. 15  Moet hom nogtans nie as ’n vyand beskou nie, maar hou aan om hom raad te gee+ as ’n broer. 16  Mag die Here van vrede julle dan nou altyd in elke opsig vrede gee.+ Mag die Here met julle almal wees. 17  Hier is my groete, Paulus s’n, wat ek met my eie hand skryf.+ Dit is ’n teken in elke brief, en dit is hoe ek skryf. 18  Mag die onverdiende goedheid van ons Here Jesus Christus met julle almal wees.

Voetnote

Lett. “die Bose”.
Of “om julle harte suksesvol te rig”.
Of “instruksies”.
Of moontlik “hulle”.
Of “gemerk hou”.