Die tweede brief aan Timoteus 1:1-18
1 Van Paulus, ’n apostel van Christus Jesus deur God se wil volgens die belofte van die lewe wat deur Christus Jesus is.+
2 Aan Timoʹteus, ’n geliefde kind:+
Mag jy onverdiende goedheid, genade en vrede hê van God, die Vader, en van Christus Jesus, ons Here.
3 Ek is dankbaar teenoor God, vir wie ek met ’n skoon gewete heilige diens doen net soos my voorvaders. In my smeekgebede dink ek dag en nag aan jou.
4 Wanneer ek aan jou trane dink, verlang ek om jou te sien sodat ek met vreugde gevul kan word.
5 Want ek onthou jou opregte geloof,+ wat jou ouma Loʹïs en jou ma Eunice eers gehad het en wat jy ongetwyfeld nog steeds het.
6 Om hierdie rede herinner ek jou daaraan om die gawe van God wat jy ontvang het toe ek my hande op jou gelê het,+ soos ’n vuur aan die gang te hou.*
7 Want die gees wat God ons gegee het, maak ons nie lafhartig nie,+ maar gee ons krag,+ liefde en gesonde verstand.
8 Moet jou dus nie skaam vir die getuienis oor ons Here nie,+ en ook nie vir my, wat ’n gevangene ter wille van hom is nie. Maar wees bereid om vir die goeie nuus te ly+ en om op God se krag te vertrou.+
9 Hy het ons gered en ons geroep met ’n heilige roeping,+ nie as gevolg van ons werke nie, maar as gevolg van sy eie voorneme en onverdiende goedheid.+ Dit is lank gelede deur middel van Christus Jesus aan ons gegee,
10 maar nou is dit duidelik sigbaar gemaak deur die openbaring van ons Redder, Christus Jesus.+ Hy het ’n einde aan die dood gemaak+ en het deur die goeie nuus+ aan ons getoon hoe om die lewe te kry,+ sowel as ’n liggaam wat nie kan vergaan nie.+
11 Ek is as ’n prediker en ’n apostel en ’n onderrigter aangestel om hierdie goeie nuus bekend te maak.+
12 Daarom ly ek ook hierdie dinge,+ maar ek skaam my nie.+ Want ek ken die Een in wie ek geglo het, en ek is seker dat hy alles wat ek aan hom toevertrou het, tot daardie dag toe kan bewaar.+
13 Bly by die patroon* van gesonde* woorde+ wat jy by my gehoor het, met die geloof en liefde wat die gevolg is van eenheid met Christus Jesus.
14 Bewaar hierdie skat met behulp van die heilige gees, wat in ons woon.+
15 Jy weet dat al die manne in die provinsie Asië+ hulle rug op my gedraai het, insluitende Figeʹlus en Hermoʹgenes.
16 Mag die Here genade aan die huis van Onesiʹforus+ betoon, want hy het my dikwels aangemoedig en hom nie vir my gevangenisboeie geskaam nie.
17 Om die waarheid te sê, toe hy in Rome was, het hy ywerig na my gesoek en my gevind.
18 Ek bid dat die Here Jehovah* in dié dag genade aan hom sal betoon. En jy weet goed wat hy alles in Efeʹse vir my gedoen het.