Die tweede brief aan Timoteus 3:1-17

  • Swaar tye in die laaste dae (1-7)

  • Volg Paulus se voorbeeld noukeurig (8-13)

  • “Bly by die dinge wat jy geleer het” (14-17)

    • Die hele Skrif deur God geïnspireer (16)

3  Maar weet dat daar in die laaste dae+ swaar tye sal wees wat moeilik is om deur te kom.  Want mense sal selfsugtig wees, geldgierig, trots en hoogmoedig. Hulle sal beledigende dinge sê. Hulle sal ongehoorsaam wees aan hulle ouers. Hulle sal ondankbaar en dislojaal wees.  Hulle sal geen natuurlike liefde hê nie en nie bereid wees om tot enigiets in te stem nie. Hulle sal slegte dinge van mense sê en geen selfbeheersing hê nie. Hulle sal wreed wees en sonder liefde vir wat goed is.  Hulle sal verraaiers wees, hardkoppig,* opgeblase van trots en lief vir plesier eerder as vir God.  Dit sal lyk asof hulle God dien, maar hulle sal nie lewe soos mense wat God dien nie.*+ Bly weg van hierdie mense af.  Want onder hulle is daar manne wat op ’n slinkse manier huise binnedring en swak vrouens in hulle mag kry. Hierdie vrouens is met sondes oorlaai en word deur allerhande begeertes gelei.  Hulle leer heeltyd, en tog kan hulle nooit akkurate kennis van die waarheid verkry nie.  En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so gaan hulle ook voort om die waarheid teë te staan. Sulke mense se denke is heeltemal sleg, en hulle het nie God se goedkeuring nie omdat hulle nie volgens die geloof lewe nie.  Tog sal hulle nie ver kom nie, want almal sal kan sien hoe dwaas hulle is, soos in die geval van daardie twee manne.+ 10  Maar jy het my getrou gevolg in my onderrigting, my lewenswyse,+ my doel, my geloof, my geduld, my liefde en my volharding. 11  Jy weet ook hoe ek vervolg is en gely het in Antioʹgië,+ in Ikoʹnium+ en in Listra.+ Ek het hierdie vervolginge verduur, en die Here het my uit hulle almal gered.+ 12  Om die waarheid te sê, almal wat met toegewydheid aan God as ’n volgeling van Christus Jesus wil lewe, sal ook vervolg word.+ 13  Maar goddelose mense en bedrieërs sal al hoe slegter word, terwyl hulle ander mislei en self mislei word.+ 14  Maar jy moet bly by die dinge wat jy geleer het en wat jy oortuig is om te glo,+ want jy weet by wie jy dit geleer het 15  en dat jy van jongs af+ die heilige geskrifte geken het,+ wat jou wys kan maak vir redding deur geloof in Christus Jesus.+ 16  Die hele Skrif is deur God geïnspireer+ en is nuttig om te onderrig,+ om tereg te wys, om dinge reg te stel, om in regverdigheid te dissiplineer,+ 17  sodat die mens van God heeltemal bekwaam kan wees, ten volle toegerus vir elke goeie werk.

Voetnote

Of “roekeloos”.
Of “maar hulle sal die krag van toegewydheid aan God verloën”.