Esegiël 10:1-22

  • Vuur tussen wiele uitgehaal (1-8)

  • Beskrywing van gerubs en wiele (9-17)

  • God se heerlikheid verlaat tempel (18-22)

10  Terwyl ek gekyk het, het ek bo die uitgestrekte oppervlak wat oor die koppe van die gerubs was, iets soos ’n saffiersteen gesien wat bo hulle verskyn, en dit het soos ’n troon gelyk.+  Toe het hy vir die man wat die linneklere aangehad het,+ gesê: “Gaan in tussen die draaiende wiele,+ onder die gerubs, en maak jou hande vol brandende kole+ daar tussen die gerubs, en strooi dit oor die stad.”+ Toe het hy ingegaan terwyl ek gekyk het.  Die gerubs het regs van die tempel gestaan toe die man ingaan, en die wolk het die binneste voorhof gevul.  Die heerlikheid van Jehovah+ het van die gerubs af opgegaan na die drumpel van die deuropening van die tempel, en die tempel is geleidelik met die wolk gevul,+ en die voorhof was vol van die glans van die heerlikheid van Jehovah.  En die geluid van die vlerke van die gerubs kon in die buitenste voorhof gehoor word, soos die geluid van God die Almagtige wanneer hy praat.+  Toe het hy die man met die linneklere beveel: “Neem vuur tussen die draaiende wiele, tussen die gerubs uit.” Hy het ingegaan en langs die wiel gaan staan.  Toe het een van die gerubs sy hand uitgesteek na die vuur wat tussen die gerubs was.+ Hy het van die vuur geneem en dit in die hande gesit van die man wat die linneklere aangehad het.+ Die man het dit toe geneem en uitgegaan.  Die gerubs het iets onder hulle vlerke gehad wat die vorm van mensehande gehad het.+  Terwyl ek gekyk het, het ek vier wiele langs die gerubs gesien, een wiel langs elke gerub, en dit het gelyk asof die wiele soos chrisolietsteen gloei.+ 10  Al vier het dieselfde gelyk, en dit was asof daar ’n wiel binne-in ’n wiel is. 11  Wanneer hulle beweeg het, kon hulle in enige van die vier rigtings gaan sonder om te draai, want hulle het in die rigting gegaan waarheen die kop gekyk het sonder om te draai. 12  Hulle liggame, hulle rûe, hulle hande, hulle vlerke en die wiele, al vier se wiele, was heeltemal vol oë.+ 13  Ek het ’n stem gehoor wat uitgeroep het en vir die wiele gesê het: “Draaiende wiele!” 14  Elkeen* het vier gesigte gehad. Die eerste gesig was die gesig van die gerub, die tweede was die gesig van ’n mens, die derde was die gesig van ’n leeu, en die vierde was die gesig van ’n arend.+ 15  En die gerubs – dieselfde lewende wesens* wat ek by die Kebar-rivier gesien het+ – het opgestyg, 16  en wanneer die gerubs beweeg het, het die wiele langs hulle beweeg, en wanneer die gerubs hulle vlerke opgelig het om hoog bo die aarde te wees, het die wiele nie van rigting verander of van hulle af weggegaan nie.+ 17  Wanneer hulle stilgestaan het, het die wiele stilgestaan, en wanneer hulle opgestyg het, het die wiele saam met hulle opgestyg, want die gees wat die lewende wesens gelei het,* was ook in die wiele. 18  Toe het die heerlikheid van Jehovah+ van die drumpel van die deuropening van die tempel af weggegaan en bo die gerubs stilgestaan.+ 19  Die gerubs het toe hulle vlerke opgelig en voor my oë van die aarde af opgestyg. Die wiele was ook langs hulle toe hulle vertrek het. Hulle het by die ingang van die oostelike poort van die huis van Jehovah stilgehou, en die heerlikheid van die God van Israel was bo hulle.+ 20  Dit is die lewende wesens* wat ek onder die God van Israel by die Kebar-rivier gesien het,+ en so het ek uitgevind dat hulle gerubs is. 21  Al vier het vier gesigte en vier vlerke gehad, en onder hulle vlerke iets wat soos mensehande gelyk het.+ 22  En hulle gesigte het gelyk soos die gesigte wat ek by die Kebar-rivier gesien het.+ Hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan.+

Voetnote

D.w.s. elke gerub.
Lett. “wese”.
Lett. “die gees van die lewende wese”.
Lett. “wese”.