Esegiël 19:1-14

  • Treurlied vir Israel se hoofmanne (1-14)

19  “Jy moet ’n treurlied oor die hoofmanne van Israel sing  en sê: ‘Wat was jou ma? ’n Leeuwyfie tussen leeus. Sy het tussen sterk jong leeus* gaan lê en haar welpies grootgemaak.   Sy het een van haar welpies grootgemaak, en hy het ’n sterk jong leeu geword.+ Hy het geleer hoe om prooi te verskeur. Hy het selfs mense verslind.   Nasies het van hom gehoor en hom in hulle put gevang,en hulle het hom met hake na Egipte gebring.+   Sy het gewag en uiteindelik gesien dat daar geen hoop is dat hy sal terugkom nie. Toe het sy nog een van haar welpies gevat en hom as ’n sterk jong leeu uitgestuur.   Hy het ook onder die leeus rondgeloop en ’n sterk jong leeu geword. Hy het geleer hoe om prooi te verskeur, en hy het selfs mense verslind.+   Hy het tussen hulle versterkte torings rondgesluip en hulle stede verwoes. Die verlate land is gevul met die geluid van sy gebrul.+   Nasies van die omliggende gebiede het hom begin aanval en ’n vangnet oor hom gegooi,en hy is in hulle put gevang.   Hulle het hom met hake in ’n hok gesit en hom na die koning van Babilon toe gebring. Hulle het hom opgesluit sodat sy stem nie meer op die berge van Israel gehoor sou word nie. 10  Jou ma was soos ’n wingerdstok+ in jou bloed,* geplant by waters. Sy het vrugte gedra en was vol takke weens die oorvloed water. 11  Sy het sterk takke gekry, geskik vir die septers van heersers. Sy het gegroei en bo die ander bome uitgetroon,en sy kon gesien word omdat sy so hoog was en soveel blare gehad het. 12  Maar sy is in woede uitgeruk+ en na die grond toe neergegooi,en ’n oostewind het haar vrugte laat uitdroog. Haar sterk takke is afgeruk en het uitgedroog,+ en vuur het dit verteer.+ 13  Nou is sy in die wildernis geplant,in ’n waterlose, droë land.+ 14  Die vuur het van haar takke versprei en haar takkies en vrugte verteer,en daar het nie ’n enkele sterk tak oorgebly nie, geen septer om mee te regeer nie.+ “‘Dit is ’n treurlied, en dit sal as ’n treurlied gebruik word.’”

Voetnote

Of “tussen jong maanhaarleeus”.
Of moontlik “in jou wingerd”.