Esegiël 20:1-49

  • Geskiedenis van Israel se opstand (1-32)

  • Herstel van Israel belowe (33-44)

  • Profesie teen suide (45-49)

20  En in die sewende jaar, in die vyfde maand, op die tiende dag van die maand, het party van die ouermanne van Israel gekom en voor my gaan sit om Jehovah vir raad te vra.  Toe het Jehovah met my gepraat en gesê:  “Mensekind, praat met die ouermanne van Israel en sê vir hulle: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Kom julle om my vir raad te vra? ‘So waar as wat ek lewe, ek sal nie op julle vrae reageer nie,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.”’  “Is jy gereed om hulle te oordeel?* Is jy gereed om hulle te oordeel, mensekind? Vertel hulle van die afskuwelike dinge wat hulle voorvaders gedoen het.+  Sê vir hulle: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Die dag toe ek Israel gekies het,+ het ek ook vir die nageslag* van die huis van Jakob gesweer* en my in Egipte aan hulle bekend gemaak.+ Ja, ek het vir hulle gesweer en gesê: ‘Ek is Jehovah julle God.’  Op daardie dag het ek gesweer dat ek hulle uit Egipte sou uitlei na ’n land wat ek vir hulle uitgekies* het, ’n land wat oorloop van melk en heuning.+ Dit was die mooiste* van al die lande.  Toe het ek vir hulle gesê: ‘Elkeen van julle moet die afskuwelike dinge wat voor julle oë is, weggooi. Moenie julleself onrein maak met die walglike afgode* van Egipte nie.+ Ek is Jehovah julle God.’+  “‘“Maar hulle het teen my in opstand gekom en wou nie na my luister nie. Hulle het nie die afskuwelike dinge weggegooi wat voor hulle was nie, en hulle wou nie die walglike afgode van Egipte verlaat nie.+ Ek het dus belowe om my woede in Egipte oor hulle uit te stort en dit heeltemal teen hulle los te laat.  Maar ek het ter wille van my naam opgetree, sodat dit nie ontheilig sou word voor die nasies onder wie hulle* gelewe het nie.+ Ek het my voor hierdie nasies aan hulle* bekend gemaak toe ek hulle uit Egipte uitgelei het.+ 10  Ek het hulle dus uit Egipte uitgelei en hulle na die wildernis geneem.+ 11  “‘“Toe het ek my wetsbepalings aan hulle gegee en my regterlike bevele aan hulle bekend gemaak,+ sodat die mens wat dit gehoorsaam, as gevolg daarvan kan bly lewe.+ 12  Ek het ook my sabbatte aan hulle gegee+ as ’n teken tussen my en hulle,+ sodat hulle sou weet dat ek, Jehovah, die een is wat hulle heilig. 13  “‘“Maar die huis van Israel het in die wildernis teen my in opstand gekom.+ Hulle was nie gehoorsaam aan my wetsbepalings nie, en hulle het my regterlike bevele verwerp, wat lewe beteken vir die een wat dit gehoorsaam. Hulle het my sabbatte heeltemal ontheilig. Daarom het ek belowe om my woede in die wildernis oor hulle uit te stort en hulle uit te roei.+ 14  Ek het ter wille van my naam opgetree sodat dit nie ontheilig sou word voor die nasies wat gesien het hoe ek hulle* uitgelei het nie.+ 15  Ek het ook in die wildernis vir hulle gesweer dat ek hulle nie na die land sou bring wat ek aan hulle gegee het nie+ – ’n land wat oorloop van melk en heuning,+ die mooiste* van al die lande – 16  omdat hulle my regterlike bevele verwerp het, my wetsbepalings nie gehoorsaam het nie en my sabbatte ontheilig het, want hulle harte het agter hulle walglike afgode aan gegaan.+ 17  “‘“Maar ek* het vir hulle jammer gevoel, en ek het hulle nie vernietig nie. Ek het hulle nie in die wildernis uitgeroei nie. 18  Ek het vir hulle kinders in die wildernis gesê:+ ‘Moenie volgens die wetsvoorskrifte van julle voorvaders+ lewe nie, en moenie hulle regterlike bevele onderhou nie, en moenie julle met hulle walglike afgode onrein maak nie. 19  Ek is Jehovah julle God. Gehoorsaam my wetsbepalings, en onderhou my regterlike bevele en voer dit uit.+ 20  En heilig my sabbatte,+ en dit sal as ’n teken tussen my en julle dien, sodat julle kan weet dat ek Jehovah julle God is.’+ 21  “‘“Maar die kinders het teen my in opstand begin kom.+ Hulle het nie my wetsbepalings gehoorsaam nie, en hulle het nie my regterlike bevele onderhou en uitgevoer, wat lewe beteken vir die een wat dit gehoorsaam nie. Hulle het my sabbatte ontheilig. Toe het ek belowe om my woede in die wildernis oor hulle uit te stort en dit heeltemal teen hulle los te laat.+ 22  Maar ek het dit nie gedoen nie+ en het ter wille van my naam opgetree,+ sodat dit nie ontheilig sou word voor die nasies wat gesien het hoe ek hulle* uitgelei het nie. 23  Ek het ook in die wildernis vir hulle gesweer dat ek hulle onder die nasies sou verstrooi en hulle in die lande sou versprei,+ 24  omdat hulle nie my regterlike bevele uitgevoer het nie en my wetsbepalings verwerp het+ en my sabbatte ontheilig het en hulle* agter die walglike afgode van hulle voorvaders aan gegaan het.+ 25  Ek het hulle ook toegelaat om wetsvoorskrifte te hê wat nie goed was nie en regterlike bevele waardeur hulle nie kon bly lewe nie.+ 26  Ek het hulle onrein laat word deur hulle eie offerandes – wanneer hulle elke eersgeborene as ’n offerande in die vuur verbrand* het+ – sodat hulle verlate gemaak sou word, sodat hulle sou weet dat ek Jehovah is.”’ 27  “Praat dus met die huis van Israel, o mensekind, en sê vir hulle: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Julle voorvaders het ook op hierdie manier teen my gelaster deur ontrou aan my te wees. 28  Ek het hulle na die land gebring wat ek gesweer het om aan hulle te gee.+ Toe hulle al die hoë heuwels en blaarryke bome sien,+ het hulle begin om hulle offerandes te bring en hulle aanstootlike offers te gee. Daar het hulle die aangename* geure van hulle offerandes aangebied en hulle drankoffers uitgegooi. 29  Toe het ek vir hulle gevra: ‘Wat beteken hierdie offerhoogte waarheen julle gaan? (Dit word tot vandag toe Offerhoogte genoem.)’”’+ 30  “Sê nou vir die huis van Israel: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah vra: “Maak julle julle op dieselfde manier onrein as julle voorvaders? Is julle nie ontrou aan my* deur agter hulle walglike afgode aan te gaan nie?+ 31  En maak julle julle tot vandag toe nog steeds onrein deur offerandes te bring aan al julle walglike afgode, deur julle kinders as offerandes in die vuur te verbrand?*+ Moet ek dan reageer op julle vrae, o huis van Israel?”’+ “‘So waar as wat ek lewe,’ sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘ek sal nie op julle vrae reageer nie.+ 32  En wat julle in gedagte het* wanneer julle sê: “Laat ons soos die nasies word, soos die families van die ander lande, wat hout en klip aanbid,”*+ sal nooit gebeur nie.’” 33  “‘So waar as wat ek lewe,’ sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘ek sal as koning oor julle regeer met ’n sterk hand, met ’n uitgestrekte arm en met woede wat uitgestort is.+ 34  Ek sal julle onder die volke uitlei en julle bymekaarmaak uit die lande waarheen julle verstrooi is met ’n sterk hand, met ’n uitgestrekte arm en met woede wat uitgestort is.+ 35  Ek sal julle na die wildernis van die volke bring en julle daar persoonlik* oordeel.+ 36  “‘Soos ek julle voorvaders in die wildernis van Egipte geoordeel het, so sal ek julle oordeel,’ sê die Soewereine Heer Jehovah. 37  ‘Ek sal julle onder die herderstaf laat deurgaan+ en julle onder verpligting plaas om die verbond te hou.* 38  Maar ek sal dié wat teen my in opstand kom en teen my sondig, onder julle verwyder.+ Ek sal hulle uit die land uitlei waar hulle as uitlanders gewoon het, maar hulle sal nie die land van Israel binnegaan nie,+ en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.’ 39  “En julle, o huis van Israel, dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Gaan dien elkeen sy walglike afgode.+ Maar as julle daarna nie na my luister nie, sal julle my heilige naam nie meer deur julle offerandes en julle walglike afgode kan ontheilig nie.’+ 40  “‘Want op my heilige berg, op ’n hoë berg van Israel,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘sal die hele huis van Israel, hulle almal, my in die land dien.+ Daar sal hulle my goedkeuring hê, en ek sal verwag dat julle julle bydraes en julle beste offers,* al julle heilige dinge, moet gee.+ 41  Weens die aangename* geur sal julle my goedkeuring hê wanneer ek julle onder die volke uitlei en julle bymekaarmaak uit die lande waarheen julle verstrooi is.+ En ek sal onder julle geheilig word voor die oë van die nasies.’+ 42  “‘En julle sal moet weet dat ek Jehovah is+ wanneer ek julle na die land van Israel bring,+ na die land wat ek gesweer het om aan julle voorvaders te gee. 43  Daar sal julle dink aan julle gedrag en al julle dade waardeur julle julleself onrein gemaak het,+ en julle* sal skaam kry oor al die slegte dinge wat julle gedoen het.+ 44  Dan sal julle moet weet dat ek Jehovah is wanneer ek teen julle optree ter wille van my naam,+ nie volgens julle slegte gedrag of volgens die goddelose dinge wat julle gedoen het nie, o huis van Israel,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.” 45  Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 46  “Mensekind, kyk nou in die rigting van die suidelike deel en getuig teen die suide, en profeteer teen die woud van die suidelike land. 47  Sê vir die woud van die suide: ‘Hoor die woord van Jehovah. Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Ek steek ’n vuur aan teen jou,+ en dit sal elke groen boom en elke droë boom in jou verteer. Die brandende vlam sal nie geblus word nie,+ en elke gesig sal daardeur geskroei word, van suid tot noord. 48  En alle mense* sal sien dat ek, Jehovah, dit aan die brand gesteek het, en dit sal nie geblus word nie.”’”+ 49  En ek het gesê: “Ag, Soewereine Heer Jehovah! Hulle sê van my: ‘Hy praat altyd net in raaisels!’”*

Voetnote

Of “om oordeel oor hulle uit te spreek”.
Lett. “saad”.
Lett. “my hand opgelig”.
Of “verken”.
Of “die sieraad”.
Die Hebreeuse uitdrukking vir “walglike afgode” is moontlik verwant aan ’n woord vir “ontlasting” en word gebruik om veragting aan te dui.
D.w.s. Israel.
D.w.s. Israel.
D.w.s. Israel.
Of “die sieraad”.
Lett. “my oog”.
D.w.s. Israel.
Lett. “hulle oë”.
Of “deur die vuur laat gaan”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “Pleeg julle nie geestelike prostitusie”.
Of “deur die vuur te laat gaan”.
Lett. “in julle gees opkom”.
Of “dien”.
Lett. “van aangesig tot aangesig”.
Lett. “in die band van die verbond bring”.
Of “die eerstelinge van julle offers”. Sien Woordelys.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Lett. “julle aangesig”.
Lett. “vlees”.
Of “spreekwoorde”.